Katbevolking ontplof - May 10, 2021

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek sê hul inname van katte het ontplof. Volgens Sylvia Breitenstein het die DBV gewoonlik 50 katte per maand ingekry, maar nou ontvang hulle meer as 200 katte per maand. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel dat kat-eienaars onverwantwoordelik is deur nie hulle katte te steriliseer nie en dit ‘n bevolkingsonploffing […]

Read More

Mianmar-leier moet in persoon in hof verskyn - May 10, 2021

‘n Regter het in Mianmar gelas dat Aung San Suu Kyi, die land se afgesette leier, op 24 Mei in persoon in die hof moet verskyn, berig internasionale media. Sy is nog nie weer in die openbaar gesien sedert sy op 1 Februarie in hegtenis geneem is nie.

Read More

Nóg tugstappe teen Ace - May 10, 2021

Nóg interne tugstappe kan volg teen Ace Magashule as die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie, Ronald Lamola, sy sin kry, lui berigte in die buurland. Magashule weier steeds om sy skorsing te aanvaar, al is hy die naweek by die NUK-vergadering weggewys.

Read More

Namibiese Paralimpiese span moet oefenkamp bywoon - May 10, 2021

Span Namibië wil hul kanse verbeter om medaljes by die 2021 Paralimpiese Spele in Japan te wen. Die Namibië Paralimpiese Komitee se Sekretaris-Generaal, Michael Hamukwaya, sê die atlete sal vroeër ‘n oefenkamp moet bywoon. Hamukwaya, wat ook ‘n afrigter is, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, hoe vinniger atlete aan ‘n oefenkamp deelneem, hoe beter, […]

Read More

Smokkelgoedere in Wes-Kaap gekonfiskeer - May 10, 2021

Groter samewerking tussen beamptes van die Wes-Kaapse regering se wetstoepassings-bevorderingsplan en die polisie het daartoe gelei dat beslag gelê is op smokkelgoedere en meer as 3 800 mense is deursoek. ‘n Woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Wade Seale, sê die LUR vind dit verblydend dat die band tussen die polisie en beamptes versterk word. […]

Read More

All Black rand glo vrou in kroeg aan - May 10, 2021

Shannon Frizell, losvoorspeler van die All Blacks en Highlanders, word daarvan beskuldig dat hy Sondag ‘n vrou in ‘n kroeg in Dunedin aangerand het. Die polisie ondersoek ‘n klag van aanranding, maar niemand is al in hegtenis geneem nie, berig internasionale media.

Read More

Buitelander, broer bou skole - May 10, 2021

David Akinin, die Stigter van Atenu, is van Venezuela en het na Namibië getrek om bekostigbare behuising te ontwikkel. Hy het intussen besef dat daar nóg ‘n groter behoefte is, naamlik skole, is. Akinin en sy broer het hul aanslag in hul ontwikkelingsmaatskappy verander en nie net skole gebou nie, maar ook klaskamers bygevoeg waar […]

Read More

IPPR nie hoopvol vir Namibiese ekonomie - May 10, 2021

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het die eerste kwartaal van 2021 se ekonomiese ontwikkeling tussen Januarie en Maart saamgestel, asook spesiale fokus op die 2021-2022 nasionale begroting. Direkteur van IPPR, Graham Hopwood, sê die impak van die pandemie is duidelik in die ekonomiese hersiening, maar daar is nie juis veel hoop op medium termyn vir […]

Read More

Regsverteenwoordiger dronk in hof - May 10, 2021

Die Hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, het beveel dat ‘n verhoor oor begin nadat ‘n beskuldigde se regsverteenwoordiger erken het dat sy dronk in die hof was. Die prokureur, slegs bekend as Me Maloko, het haar kliënt in Desember tydens ‘n bedrogsaak in die Landdroshof verteenwoordig. Sy het ook erken dat sy slegs ‘n aktebesorger is […]

Read More

Redes vir rand se goeie lopie - May 10, 2021

Die rand se goeie lopie teen die dollar word toegeskryf aan finansiële onbestendigheid in Amerika, soos laer as verwagte werkskepping en ‘n hoër as verwagte werkloosheidskoers. Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het vanoggend op ‘n stadium tot onder 14-rand teen die dollar versterk wat die beste is sedert 2019. Sowat ‘n jaar gelede het die rand gesukkel […]

Read More