Duisende Namibiese produkte kan tariefvry na VSA uitgevoer word - May 10, 2021
Die Amerikaanse Ambassadeur in Namibië, Lisa Johnson, en die Namibiese Minister van Nywerheidsontwikkeling en Handel, Lucia Iipumbu, het Namibië se deelname volgens die Amerikaanse wet en strategie oor groei en geleenthede vir Afrika van stapel gestuur. Dit sal Namibië toelaat om 6 400 produkte tariefvry na Amerika uit te voer. Die Hoofwoordvoerder van die Amerikaanse […]
Caster in die sop oor spoed - May 10, 2021
Die Suid-Afrikaanse middelafstand-atleet Caster Semenya sal na verwagting gemeenskapsdiens moet doen nadat sy verlede week in Pretoria weens spoed in hegtenis geneem is. Die 800 meter Olimpiese en wêreldkampioen is op die N14-snelweg vasgetrek omdat sy na bewering roekeloos of nalatig bestuur het. Sy is op borgtog van N$500 vrygelaat. Volgens berigte het personeel van […]
Outoriksja-eienaar bied gratis ambulansdiens - May 10, 2021
‘n Outoriksja-eienaar in die Indiese stad Bhopal was so geraak toe hy sien mense abba korona-pasiënte hospitaal toe, dat hy besluit het om ‘n plan te maak. Volgens internasionale berigte het Mohammad Kahn sy vrou se juweliersware verkoop en sy driewiel-riksja in ‘n gratis klein ambulans verander. Hy het dit met ‘n suurstofsilinder en ‘n […]
Nog ‘n regsfirma onttrek dienste aan Zuma - May 10, 2021
Nóg ‘n regsfirma het sy dienste aan die voormalige Suid-Afrikaanse President Jacob Zuma gestaak, berig Suid-Afrikaasne media. Kgoroeadira Mudau Beperk, sal nie meer vir Zuma verteenwoordig in ‘n saak waarin Zuma hom tot die Grondwetlike Hof gewend het om teen ‘n bestraffende kostebevel te appelleer nie.
Korrektiewe Dienste begin met inentings - May 10, 2021
Personeel by Korrektiewe Dienste is vandag ingeënt. Gevangenes sal ook die spuit ontvang. Die Kommissaris-Generaal van die diens, Raphael Hanumyela het met die media gepraat.
Permitte verpligtend vir wilde diere in aanhouding - May 10, 2021
Die Namibiese Ministerie van die Omgewing, Bosbou en Toerisme het gemaan dat mense wat wilde diere onwettig op plase, grond of geriewe sonder die nodige permitte aanhou, vervolg sal word. ‘n Nasionale Taakspan is aangestel om ondersoek in dié verband in te stel. Woordvoerder van die Ministerie, Romeo Muyunda, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Vleismark in Wes-Afrika met gemengde gevoelens ontvang - May 10, 2021
En hy verduidelik ook waarom Wes-Afrika ‘n uitstekende mark en gulde geleentheid is.
Vleismark in Wes-Afrika met gemengde gevoelens ontvang - May 10, 2021
Terwyl Meatco besig is om ‘n vleismark in Wes-Afrika vir kommunale beesboere noord van die Rooilyn te vestig, is dit met gemengde gevoelens ontvang. Sommige boere is opgewonde oor die vooruitsig, maar ander wonder waarom slegs vir kommunale boere in die Noorde en waarom Wes-Afrika. Hulle vra of hulle en Wes-Afrika van laer waarde is? […]
“Dracula” bied Pfizer-entstof aan - May 10, 2021
Vampiere gaan nie dalk jou bloed suig nie, maar toeriste wat die Bran-kasteel in Transsilvanië besoek, sal Pfizer se entof aangebied word. Dié kasteel is glo die inspirasie vir die legende van Graaf Dracula. Volgens internasionale media hoop die Roemeense regering dit sal besoekers lok.
Nederburg kry nuwe keldermeester - May 10, 2021
Die nuwe keldermeester vir die internasionaal bekende wynplaas in die Paarl, Nederburg, is Samuel Viljoen wat sedert 2007 deel van die wynkelder-span is. Hy het in 2007 as assistent-wynmaker begin en is in 2014 aangestel as Nederburg se volwaardige rooiwyn-wynmaker. In sy nuwe rol sal Viljoen toesig hou oor die produksie van die kelder se […]