NWR ontvang groot skenking - May 10, 2021
Namibia Wildlife Resorts se Gasvryheidsinstituut het 122 kartonne vis ter waarde van N$20 000 van Tunacor ontvang. Die skenking ondersteun die nuutgestigte NWR Gasvryheidsinstituut se studente om kulinêre kunsies tydens hul opleiding te oefen. Upahee Kasete van NWR is aan die woord.
Agra Bank Windhoek-ring speenkalf-kompetisie - May 10, 2021
Agra se Speenkalf-kompetisie sal op 21 Mei om 11:00 by die Agra Bank Windhoek-ring van stapel gestuur word. Die kompetisie sal in 18 dorpe regoor Namibië vanaf Julie tot Augustus plaasvind. Piet Stoman sê Namibië het van die beste vleisprodusente in die wêreld en uitvoerbeesvleis is van die beste wêreldwyd. Die jaarlikse Agra-speenkalf-kompetsie beloon boere […]
So het Covid my geraak - May 10, 2021
Die maatreëls wat in plek is in die lig van die heersende Covid-19 pandemie het ‘n groot invloed op die daaglikse lewens van Namibiërs. Kosmos 94.1 Nuus wou van verskeie luisteraars weet hoe dit hulle lewens dusver beïnvloed het.
35 jaar se diens aan haweloses - May 10, 2021
Die humanitêre organisasie vir haweloses, Mold Empower Serve, vier vanjaar die 35 jaar waarin hul gemeenskappe se harte verander. ‘n Bestuurslid, Willem Eksteen, sê hulle het begin as ‘n uitreikprogram en bied nou ook sentrums vir kleuters en nasorgondersteuning vir die jeug. Eksteen sê een van hul grootste prestasies is die suksesvolle duplisering van hul […]
NBC: tekort aan inligting is gevaarlik - May 10, 2021
Kenners in die media sê dat toegang tot inligting gekompromitteer is met die huidige staking van die NBC. Werkers staak sedert 23 April vir salarisverhogings. Talle landelike burgers maak staat op veral radio om inligting in hulle moedertaal te bekom. Zoe Titus van die Namibiese Mediatrust het haar mening so verwoord.
Nuwe grenspos verlig druk op Beitbrug - May 10, 2021
‘n Brug wat vandag by die Kazungula-grenspos in Zambië oopgestel word, behoort ‘n beduidende uitwerking op Suid-Afrika se grensposte te hê, veral om die opeenhoping van vragmotors by die Beitbrug-grenspos te bekamp. Die Botswana-regering sê in ‘n verklaring dit het vyf jaar geneem om die brug te bou. Vragmotors wat goedere vanaf Suid-Afrika na Lusaka […]
Staat het saak om te beantwoord - May 10, 2021
Die Staat het misluk in sy aansoek om ‘n 4-miljoen-doller eis ter syde te laat stel en die dagvaardiging sal voortgaan en saak aangehoor word. Dit was die bevinding van Regter Eileen Rakow in die Hoërhof vanoggend. Mwiza Nyambe en Ishmael Mafale eis die geld van die Namibiese Minister van Gesondheid nadat hulle kind gestremd […]
Balju vat Kandume se goedere - May 10, 2021
Die balju is tans op pad na die Total diensstasie in Khomasdal op belag te lê op goedere vir uitstaande skuld van 4 miljoen Namibiese doller. Die saak spruit uit ‘n aansoek vir ‘n verstek vonnis wat in April 2019 voor die hof gebring is deur MCC Nineteenth Metallurgical Corporation Namibia teen Uundenge Investments wat […]
Aanspreeklikheid is krities - May 10, 2021
Kenners is van mening dat aanspreeklikheid in leierskap op die vasteland een van die grootste uitdagings vir ontwikkeling. Die verantwoordelikheid hiervan sal uiteindelik berus by die jeug wat aanspreeklikheid sal moet afdwing en volgens die Afrika-kenner Professor Nixon Kariithi, is die verskuiwing reeds sigbaar.
Meld versvalste kwalifikasies - May 10, 2021
Vervalste kwalifikasies het ‘n baie groot impak op die samelewing en is baie skadelik vir die ekonomie. Bedrog in die verband kan ook lei tot sterftes. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid sê persone wat inligting in die verband het moet in verbinding met die owerheid tree. Catherine Shipushu, Woordvoerder van die owerheid het met Kosmos 94.1 Nuus […]