Rand verhandel op beste vlak in 16 maande - May 10, 2021
Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend vir die eerste keer sedert 2019 onder 14 rand teenoor die Amerikaanse doller verhandel. Cirrus in die hoofstad sê dit is die sterkste vlak in 16 maande. Die Amerikaanse doller het effe teruggeval maar volgens Rome Mostert van Cirrus, is daar positiewe nuus vanuit Suid-Afrika ook. Hy verduidelik.
NBC: die werkers moet saamstaan meen vakbond - May 10, 2021
Die Direkteur-Generaal van die nasionale uitsaaier Stanley Similo is tans besig om van die werkers by die NBC toe te spreek oor die huidige situasie. Die staking duur steeds voort maar, van die werkers het reeds teruggekeer. Gideon Thomas, die Hoof van Operasies by die betrokke vakbond Napwu, sê werkers moet leer om saam te […]
Aanval in Dunedin nie terreur nie - May 10, 2021
Nieu-Seeland se premier, Jacinda Ardern, sê daar is geen bewyse dat ‘n steekvoorval wat by ‘n supermark in Dunedin plaasgevind het, ‘n terreuraanval is nie. Vyf mense is in die voorval beseer en drie van hulle is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal. Een persoon is in hegtenis geneem. Ardern sê werknemers en kliënte […]
Nienaber gesels oor sy Pro-Am-titel - May 10, 2021
Wilco Nienaber van Suid-Afrika het die Dimension Data Pro-Am-titel gewen nadat hy die Sweed, Henric Sturehed op die derde uitspeelputjie by die Fancourt Buiteklub in die Wes-Kaap geklop het. Dit is sy eerste beroepstitel. Die ses-miljoen-rand Dimension Data Pro-Am was die laaste van die drie toernooie wat deel is van die Sonskyntoer en die Europese […]
Sinus, verkoue, Covid – simptome kan nie onderskei word nie - May 10, 2021
Volgens mediese kenners is dit op die oomblik redelik ingewikkeld om te kan bepaal of iemand net sinus, ‘n verkoue of wel Covid-19 onderlede het. Volgens Dr Willie Bruwer, ‘n bekende pulmonoloog in Windhoek is die beste manier om die nodige toetse te laat doen. Hy het ook ouers gemaan om daarop bedag te wees […]
Loodse almal in kwarantyn, veroorsaak uitbreking van Covid - May 10, 2021
Al die loodse van China Airlines in Taiwan sal vir 14 dae in kwarantyn wees na ‘n uitbreking van Covid wat aan hulle toegeskryf word. Taiwan het die pandemie baie goed beheer en gevalle baie laag gehou. Maar, die loodse en die hotel waarin hulle gebly het, word tans gekoppel aan 35 nuwe gevalle. Daar […]
Gewilde rugby-kaptein sterf in ongeluk - May 10, 2021
‘n Gewilde gewese kaptein van die Noordwes-universiteit se Varsitybeker-span het die naweek op die N-4 naby Kroondal in Noordwes verongeluk. Die 26-jarige Tiaan Bezuidenhout was blykbaar op pad vanaf Mpumalanga om Moedersdag saam met sy ma in Rustenburg deur te bring. Hy het die span in 2018 aangevoer tot in die eindstryd teen Maties. Die […]
Kinders in aanhouding – die wet is duidelik, sê Walters - May 10, 2021
Die Ombudsman Advokaat John Walters het gereageer op ‘n verklaring wat deur die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka uitgereik is en sê daar is plekke van veiligheid geskep vir kinders. Die verklaring kom nadat Walters ‘n klag van minagting van die hof teen haar gelê het. Volgens Sioka is die fasiliteite daar vir kinders […]
Njozi is weer tuis by Rietvlei - May 10, 2021
Die cheetah, Njozi wat verlede week uit die Rietvlei-natuurreservaat in Tshwane in die buurland ontsnap het, is gister weer binne die reservaat gewaar. ‘n Woordvoerder, Selby Bokaba, sê sy is gesien waar sy ‘n gemsbok gejag het. Hy het almal bedank wat na die dier help soek het. Sy het skynbaar weggekom deur ‘n gat […]
Suurstoftekorte aangemeld - May 10, 2021
Daar word berig dat verskeie mediese fasiliteite tekorte aan suurstof het en in die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad kan daar net 5 pasiënte op ‘n slag met suurstof behandel word. Die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het aan plaaslike media gesê dat daar wel ‘n groter aanvraag is vir hospitalisering maar, dat daar […]