WHS sê skoolhoof-petalje raak nie werksaamhede - May 14, 2025
Windhoek Hoërskool het ‘n verklaring uitgereik na berigte in die media oor sy skoolhoof-kiesproses. Die skool bevestig dat die skoolraad regstappe teen die onderwysministerie ingestel het, nadat dit prosedurele kommer oor die onlangse aanstellingsproses geopper het. Die raad se benadering is gelei deur sy bestuurspligte ingevolge die Wet op Basiese Onderwys. Die skool sê dit […]
Kalahari-sout ‘n treffer by Nampo Oesdag - May 14, 2025
Dit is die tweede dag van die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville, en die opwinding hou nie op nie. ‘n Besonderse stalletjie het die aandag getrek van Pieter Moller, wat vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees is. Daar word sout uit die Kalahari deur die Donald Brown-groep verkoop. Steven Brown van die groep vertel […]
Cyril sal in VSA ‘misverstande oor volksmoord aanspreek’ - May 14, 2025
Fikile Mbalula, die sekretaris-generaal van die ANC, sê president Cyril Ramaphosa se beplande werksbesoek aan Amerika sal die bewerings van volksmoord teen wit Afrikaners ontlont. Hy het aan die kantlyn van die ANC se Duma Nokwe-gedenklesing teenoor SABC News beklemtoon dat die besoek Suid-Afrika se soewereiniteit sal toon en hopelik betrekkinge tussen die twee lande […]
Protea-spelers gaan IPL-uitspeelwedstryde misloop - May 14, 2025
Krieket: Agt Protea-toetskrieketspelers wat aan die Indiese Premierliga deelneem, sal op die 25ste terugkeer na Suid-Afrika om vir die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap voor te berei, wat op 11 Junie in Londen teen Australië begin. Dit beteken hulle sal die IPL uitspeelwedstryde mis. Kagiso Rabada, Aiden Markram, Marco Jansen, Lungi Ngidi, Tristan Stubbs, Wiaan Mulder, […]
Net Swapo-ondersteuners kry glo rampverligting-kos - May 14, 2025
Gemeenskapsleiers en inwoners van Otjiwarongo het ernstige kommer uitgespreek oor die beweerde misbruik van die rampverligting voedselprogram deur die streekraadslid se kantoor. Die hulp word na bewering onregverdig uitgedeel aan slegs Swapo-ondersteuners. Die groep doen ’n beroep op die owerhede om ondersoek in te stel en die regverdige verspreiding van staatsbronne te verseker. Kosmos 94.1 […]
Verbruikerskommissie herroep top-motorname oor veiligheid - May 14, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het dringende voertuigherroepings aangekondig wat tophandelsmerke regoor Suid-Afrika raak. Jeep Wrangler- en Chrysler 300C-modelle van 2014 tot 2016 het gevaarlike Takata-lugsakgebreke. Citroën van 2009 tot 2016, Mercedes-Benz van 2020 en 2023, Audi vanaf Oktober 2021, Volkswagen sedert April 2025 en Volvo-modelle van 2020 tot 2022 word geraak deur rem-, battery- en veiligheidsgordelprobleme. […]
Russiese verkiesingswaghond-hoof na strafkolonie gestuur - May 14, 2025
Die hoof van Rusland se enigste onafhanklike verkiesingswaghond is tot vyf jaar in ’n strafkolonie gevonnis nadat ’n hof hom skuldig bevind het aan samewerking met ’n ongewenste organisasie. Die 44-jarige medevoorsitter van die Golos-beweging, Grigory Melkonyants, wat in Augustus 2023 in hegtenis geneem is, het onskuldig gepleit. Reuters haal menseregte-aktiviste aan wat die saak […]
F1-strydros Martin Brundle ontvang Orde van die Britse Ryk - May 14, 2025
Motorsport: Die beroemde Formule Een-uitsaaier en gewese renjaer, Martin Brundle, het die Orde van die Britse Ryk ontvang. Die 65-jarige Brundle wat vereer is vir sy diens aan motorwedrenne en sportuitsendings, het die toekenning by Windsor-kasteel van prins William ontvang. Die Britse veteraan van 158 Grand Prix-wedrenne was deel van Sky Sports se F1-uitsendings sedert […]
GBV-stryd ‘vereis meer maatskaplike werkers, nie meer polisie’ - May 14, 2025
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur luitenant-generaal Joseph Shikongo dat meer as 4 400 gevalle van geslagsgebaseerde geweld tussen April 2024 en Februarie 2025 aangemeld is. Hy beklemtoon dat die gefragmenteerde databestuurstelsel gemoderniseer moet word om vinniger en meer doeltreffende reaksies te verseker. Die Namibië Statistiekagentskap sal die stelsel help versterk en integreer, met […]
Skaakspelers kwalifiseer vir nasionale span by 4-dag toernooi - May 14, 2025
Die Namibië Skaakfederasie se Bank Windhoek Nasionale Junior Geslote Kampioenskappe is deur die Kus Skaakvereniging in Walvisbaai aangebied. Die top vyf spelers in die ouderdomskategorieë van onder-8 tot onder-20 het vir die nasionale span gekwalifiseer, wat beteken hulle kan die land in internasionale toernooie verteenwoordig. Die toernooi het 104 spelers van regoor die land bymekaar […]