Brakwater-buurtwag hou misdadigers weg - May 7, 2021
Namibiese misdadigers teiken dikwels gebiede wat nie so dig bevolk is nie, maar volgens die Voorsitter van die Brakwater-buurtwag, Christo Dreyer, is misdaad in Windhoek is hoër. Hy sê Brakwater aan die buitewyke van die hoofstad het al gewapende rooftogte gehad. Dreyer sê hul buurtwag is baie aktief en ry patrollies wat dit moeilik maak […]
Mielie-oes van 80 ton voorspel - May 7, 2021
Namibië gaan ‘n baie goeie mielie-oes hê, selfs meer as 80 ton, voorspel die Uitvoerende Hoof van Namib Mills, Ian Collard. Hy sê die oes gaan wel bietjie laat inkom, omdat boere laat geplant het. Volgens Collard kom die meeste mielies vanaf die Ooste uit die omgewings van Summerdown, Hochfeld en Gobabis. Hy voorspel ‘n […]
Zondo-kommissie soek nog N$90 miljoen - May 7, 2021
Die Zondo-kommissie in Suid-Afrika benodig nog N$90 miljoen om sy ondersoek na staatskaping teen einde Junie af te handel, is Vrydag in parlement onthul. Finansiesminister Tito Mboweni het in Februarie gesê die kommissie moenie verdere finansiering verwag nie.
SAL wil in Julie vlugte hervat - May 7, 2021
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens mik om weer teen 1 Julie vlugte te hervat en beplan om eers op 3 binnelandse en 9 streeksvlugte in Afrika fokus. SAL wil onder in Afrika na Namibië, Zimbabwe, Ghana, Zambië, Malawi, Nigerië, Mosambiek en die Demokratiese Republiek Kongo vlieg.
Geen leerder in SA gedwing om inenting te ontvang - May 7, 2021
Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys het AfriForum verseker dat geen leerder gedwing gaan word om ‘n Covid-inenting te ontvang nie. Dit volg nadat die departement in ‘n mediaverklaring aangedui het dat ouers en voogde gedwing sal word om leerders te registreer as deel van die Departement van Gesondheid se inentingsprogram. AfriForum se bestuurder van […]
Kameelperdjagters vas - May 7, 2021
Sewe vermeende wildmisdadigers is verlede week in Namibië in hegtenis geneem en vier sake is aanhangig gemaak. Vier mans is by Okahao in verband met die onwettige jag van ‘n kameelperd vasgetrek en 3 mans by Nkurenkuru met vyf luislangvelle. Die Woordvoerder van die Omgewingsministerie, Romeo Muyunda, vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus.
Renosterhoringsmokkelaar se voertuig verbeurd verklaar - May 7, 2021
Renosterhoringsmokkelaar Tangi Sheefeni Namwandi wat op 15 Junie 2016 met vier renosterhorings in sy luukse voertuig betrap is, se voertuig is verbeurd aan die staat verklaar. Hy is in die Katutura-landdroshof gevonnis tot ‘n boete van N$20 000 of tronkstraf van 2 jaar waarvan 1 jaar vir 5 jaar opgeskort is. Die Hoof van die […]
Harbeespoort se eiendomme gesog - May 7, 2021
‘n Suid-Afrikaanse eiendomsagent skryf die skerp toename in die eiendomsmark in die Hartbeespoortdam-area in Noordwes toe aan die feit dat dit veilig is, langs water en binne bereik van geriewe is, en boonop is die Lanseria-lughawe net 30 minute ver. Pam Golding Properties se gebiedshoof, Erika van der Westhuizen, sê die area is gewild onder […]
Magashule se lot vandag bepaal - May 7, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal na berig word vanmiddag ‘n vergadering lei om die lot van die ANC se geskorste Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, en sy teenkanting oor die besluit te bespreek. Volgens berigte sal Adjunkpresident David Mabuza, Tesourier-Generaal Paul Mashatile, Nasionale Voorsitter Gwede Mantashe en Jesse Duarte die vergadering bywoon. Daar sal na bewering ook […]
Plaaslike toeriste ondersteun Swakopmund - May 7, 2021
Swakopmund, as een van Namibië se grootste toerismetrekpleisters, is baie erg deur die pandemie geraak. Tog is daar tekens dat die toerismebedryf effe verbeter, het die Swakopmundse sakeman Anton von Wietersheim aan Kosmos 94,1 Nuus gesê. Hy sê daar kom nog nie baie internasionale toeriste kuier nie, net enkele selfry-toeriste wat slegs inkomste aan oornagplekke […]