Verkeerde man vrygelaat in Mariental - May 7, 2021

Bewaarders by Korrektiewe Dienste in Mariental sal dissiplinêr verhoor word nadat die verkeerde gevangene vrygelaat is. Volgens berigte is Bernadus Khariseb met Bernadus Gariseb verwar. Die mees basiese reëls is volgens die Kommissaris-Generaal van Korrektiewe Dienste Raphael Hamuyela verontagsaam. Volgens hom verskil hulle misdaad. Die verwarring het ontstaan toe iemand ‘n boete vir Gariseb se […]

Read More

NBC: raad ontmoet vandag - May 7, 2021

Die Voorsitter van die NBC-raad, Lazarus Jacobs sê ‘n verklaring in verband met die staking by die nasionale uitsaaier sal vandag uitgereik word. Die raad vergader vanoggend in die verband. Intussen staak werknemers sedert 23 April en al die uitsaaier se kanale is dood. Die betrokke vakbond Napwu wil die korporasie hof toe sleep omdat […]

Read More

Inentings tel plaaslike op - May 7, 2021

Meer Namibiërs word op die oomblik ingeënt en syfers tel stelselmatig op en tans het net minder as 37 000 persone hulle Covid-spuit ontvang. Die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe…

Read More

EU sal gesels oor patentreg - May 7, 2021

Die Europese Unie sê hy glo hy sal sy doelwit haal om teen Julie genoeg dosisse entstof te kon kry sodat hy 70 persent van die volwassenes in Europa teen Covid-19 kan inent. Nagenoeg 200 miljoen dosisse entstof is tot dusver in die Europese Unie versprei. Die Kommissaris van die EU, Ursula von der Leyen, […]

Read More

Voëlgriep in die Wes-Kaap bevestig - May 7, 2021

‘n Braaihoender-boerdery in die Worcester-omgewing in die Wes-Kaap het positief getoets vir voëlgriep. Dit volg na vroeëre uitbrake van die hoogs aansteeklike siekte in Gauteng en Noordwes. Die plaas, wat pas besmet is, is onder kwarantyn geplaas en die proses om die aangetaste hoenders menslik van kant te maak is aan die gang. Die Wes-Kaapse […]

Read More

Joschko se siviele eis teen Dippenaar staan stil - May 7, 2021

Plaaslike media berig dat ‘n statusverhoor in die siviele eis van die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar op 11 Mei gehou sal word. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van amper 11 miljoen Namibiese doller na die noodlottige ongeluk van 29 Desember 2014 waar sy haar suster en haar ouers verloor het. Luidens berigte was […]

Read More

Benguela-seestroom kan koue winter veroorsaak - May 7, 2021

Sommige dele van Namibië gaan ‘n baie koue winterseisoen vanjaar beleef. Windhoek het gister reënbuie met koel weer gehad wat hoofsaaklik aan die koue Benguela-seestroom toegeskryf word. Johan van den Berg, Suid-Afrikaanse Weerkenner, meen die koue seetemperature kan ‘n invloed op ‘n koue winter hê. Van der Berg gee die vooruitsigte aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Hardap sal eers einde Mei begin oes - May 7, 2021

Die Hardap-groenskema het nog nie begin oes nie. Die Voorsitter van die Hardap Produsente-vereniging, Dawie de Klerk sê boere sal begin oes sodra die tyd reg is. Verlede jaar het die Hardap-groenskema meer as 1 200 hektaar onder koringproduksie gehad. De Klerk …

Read More

Agrizzi en Van Tonder het saamgewerk - May 7, 2021

Die voormalige Bosasa konsultant in die buurland, Kevin Wakeford, het die maatskappy se bedryfshoof, Angelo Agrizzi, en die voormalige finansiële hoof, Andries van Tonder, daarvan beskuldig dat hulle betalings vergroot het om miljoene in kommissie te verdien. Die twee het glo saamgespan met diensverskaffers en ‘n beslote korporasie gebruik om dit te doen. Wakeford het […]

Read More

Owerhede konfiskeer N$2m se dwelms in April - May 7, 2021

Die Namibiese polisie het die jongste syfers oor dwelms bekend gemaak. Luidens ‘n verslag van die mag is daar in April beslag gelê op net minder as 2 miljoen Namibiese doller se dwelms. Metamfetamien het die meerderheid uitgemaak met 2,74 kilogram ter waarde van 1,37 miljoen doller wat gevind is. Net minder as 1 500 […]

Read More