Burgemeester van Rehoboth wag vir terugvoering - May 6, 2021

Uitdagings by die Rehoboth Dorpsraad verdiep met twee Swapo raadslede, Mara Beukes en Jacky Khariseb, wat hulle ondersteuning vir die Hoof Uitvoerende Beampte Simeon Kanime uitgespreek het. Binnegevegte blyk om weer kop uit te steek met die Burgemeester Rudi van Wyk wat eis Kanime moet vir verskeie ongerymdhede ondersoek word. Van Wyk sê hy het […]

Read More

SA tafeldruiwe presteer in China - May 6, 2021

Suid-Afrika se reeks hoëgehalte-tafeldruiwe was die afgelope paar maande in die kollig op die Chinese mark danksy die bemarking van die Suid-Afrikaanse tafeldruif-bedryf en voorste Chinese invoerders en kleinhandelaars. Hierdie sukses is onlangs gevier met ‘n geleentheid wat die invoerder, Joywoo, en verspreider Yibo by die Sjanghai Huizhan-groothandelmark vir vrugte en groente aangebied het. Die […]

Read More

Sarel de Waal vir skadevergoeding gedagvaar - May 6, 2021

Die werker wat in Januarie 2020 in ‘n winkel op Gobabis aangerand is, dagvaar vir Sarel de Waal en sy werkgewer, Omaheke MegaSave, vir skadevergoeding. Samuel Afrikaner is op 20 Januarie 2020 in die winkel volgens sy eis voor die hof deur De Waal geklap en met die vuis geslaan. Hy dagvaar hulle vir N$300 […]

Read More

Privaatsektor moet saam met regering werk – kenner - May 6, 2021

Die Namibiese Minister van Handel Lucia Iipumbu sê die regering glo dat samewerking met die privaatsektor die ekonomie kan laat herleef. Maar, daar is kenners wat meen die privaatsektor het geen vertroue meer in die regering nie. Die Dekaan in die Ekonomiese Fakulteit by Unam, Dr Jacob Nyambe sê beide partye is krities vir ontwikkeling […]

Read More

Ramaphosa loof Biden se besluit oor patentreg - May 6, 2021

President Cyril Ramaphosa het president Joe Biden van Amerika se ondersteuning verwelkom vir ‘n voorstel dat die beskerming van intellektuele eiendom vir Covid-19 entstowwe tydelik opgehef word. Dit sal verseker dat entstowwe meer regverdig tussen ryk en arm lande versprei word. Biden se administrasie het gister aangekondig dat die pandemie ‘n wêreldwye gesondheidskrisis is wat […]

Read More

14 vas in Rundu vir betoging - May 6, 2021

Veertien mense is op Rundu in hegtenis geneem na hulle onwettig ‘n protesaksie by die dorp se polisiestasie gehou het. Die groep is volgens berigte van Tumweneni, ‘n nuwe informele nedersetting op die dorp. Volgens owerhede is 5 vas vir geweld en die aanranding van beamptes. Die groep het na bewering opgeruk na die polisiestasie […]

Read More

Miller het fouteer meen Swartbooi - May 6, 2021

Die dringende aansoek deur die LPM-party om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry is vroeë van die hand gewys deur Regter Kobus Miller, met koste. Die leier van die party Bernadus Swartbooi het kort na die beslissing ‘n perskonferensie gehou en sê Miller se beslissing is swak en hy vermy die werklike kwessies.

Read More

Egpaar vas nadat hulle N$500 000 aanvaar om te swyg oor Bushiri verkragting van hul kind - May 6, 2021

Die Valke in Gauteng sê ‘n egpaar sal na verwagting in die Landdroshof in Pretoria verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering 500 000 Namibiese doller van die selfverklaarde profeet, Shepherd Bushiri, aanvaar het om stil te bly oor die vermeende verkragting van hul dogter. Bushiri het na bewering die 46-jarige […]

Read More

Recon boor tweede put - May 6, 2021

ReconAfrica het sy tweede put in die Kavango-bekken begin boor. Die maatskappy teiken ‘n diepte van 3 800 meter. Daar heers groot opgewondenheid veral as gevolg van die positiewe uitslae van die eerste put. Volgens Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se Direkteur vir Kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Omeya: saak sal verhoor word - May 6, 2021

Die partye in die saak waar die Omeya Gholf- en Residensiële Oase ‘n ex parte aansoek gebring het om in geregtelike bestuur geplaas te word, is vandag weer voor Regter Thomas Masuku om ‘n verhoor datum te bepaal. Bank Windhoek staan die aansoek teen. Yanna Smith berig…

Read More