Verkrygingswetsontwerp skep korrupsie-geleenthede: IPPR - May 14, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy jongste analise van verkryging in die land bekend gemaak. Die kwessie wat ter sprake gekom het, was die Wysigingswetsontwerp op Openbare Verkryging wat tans in die Nasionale Raad is. Die doel van die wetsontwerp is om die vestiging van ‘n hof vir openbare verkryging te verseker – deel […]

Read More

E-verkrygingstelsel vir tenders het vele voordele - May 14, 2025

Die Afrika-ontwikkelingsbank en die Wêreldbank waarsku Namibië om nie prysvergelykings as die hoofrede vir die toekenning van tenders te benut nie. Die verkrygingskenner by die Wêreldbank, Devesh Mishra, sê dat ‘n verandering na meer onpartydige en oop hersieningsprosedures nodig is. Mishra beweer dat die outomatiese verwerping van tenders gebaseer op hoeveel hulle kos in vergelyking […]

Read More

Walvisbaai ontvang gesofistikeerde oliebedryf-vaartuig - May 14, 2025

Walvisbaai was gasheer vir een van die wêreld se mees gesofistikeerde drywende produksie-, berging- en aflaaivaartuie, die Agogo FPSO. Die vaartuig word besit deur Yinson Production van Maleisië en is op pad na die Angolese olievelde. Die kort besoek was deel van beplande logistiek om voorraad aan te vul en bemanning te roteer. Per Dyberg, Yinson […]

Read More

Teenkorrupsie-kommissie slaan toe op Katima - May 14, 2025

‘n Voormalige werknemer van die Katima Mulilo dorpsraad sal in die hof verskyn op ‘n verskeidenheid bedrogklagte, volgens die Teenkorrupsie-kommissie. Die verdagte is in die dorp in hegtenis geneem. Die kommissie se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, sê in ‘n verklaring die verdagte sal aangekla word onder die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad asook die […]

Read More

Kernkrag ‘op die tafel as basislading-kragstasie’ - May 14, 2025

Kernkrag bly steeds in fokus, veral nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit ‘n prioriteit gemaak het om vas te stel of ‘n kernkragsentrale gebou kan word. Die Elektrisiteitsbeheerraad het lankal bepaal dat ‘n basislading-kragstasie benodig word om afhanklikheid van elektrisiteitsinvoere te verminder. Kernkrag is volgens die raad se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, op die tafel daarvoor.

Read More

Verander beleid om werkloosheid te pak, sê ActionSA - May 14, 2025

ActionSA eis dringende beleidshervormings om die verergerende werkloosheidskrisis aan te pak, aangesien meer as 8,2-miljoen mense werkloos is. Die party sê die regering van nasionale eenheid het nie daarin geslaag om beslissend op te tree nie, ondanks die beloftes om die ekonomie om te keer. Alan Beesley van ActionSA sê Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers, […]

Read More

Bibi sê Gaza-inval sal binne dae plaasvind - May 14, 2025

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die Weermag gaan Gaza in die komende dae met alle mag stormloop. Hy het aan beseerde reserwemag-soldate gesê die optrede is daarop gemik om Hamas uit te roei. Israel het sy militêre optrede op 18 Maart hervat tydens ‘n dooiepunt oor die voortsetting van die skietstaking van 19 […]

Read More

McIlroy, Scheffler, Schauffele speel saam by Amerikaanse PGA - May 14, 2025

Gholf: Die Meesters-kampioen, Rory McIlroy, speel saam met die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, en die verdedigende kampioen Xander Schauffele in die eerste twee rondes van die Amerikaanse PGA-kampioenskap. McIlroy wil die eerste speler word om die eerste twee majors van die jaar te wen sedert Jordan Spieth in 2015 die Meesters en Amerikaanse Ope gewen het. […]

Read More

Zambezi-oorstromings sluit skole, maar water begin sak - May 14, 2025

Die onderrig van sowat 548 leerlinge van drie skole naby die vloedvlaktes van die Zambezi-rivier is tydelik opgeskort weens stygende watervlakke. Die skole sal na verwagting tot middel Junie gesluit bly, afhangend van die omstandighede. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu gesels.

Read More

Velkleur stop Kaapse Vlakte-inwoners van vlugtelingstatus: GOOD - May 14, 2025

Die GOOD-party sê talle inwoners van die bendegeteisterde Kaapse Vlakte behoort te kwalifiseer om deur die VSA oorweeg te word as potensiële vlugtelinge. Die party sê die enigste rede waarom dit nie gebeur nie, is hul velkleur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens amptelike misdaadstatistieke vir die laaste kwartaal verlede jaar, is daar slegs […]

Read More