Geen openbare vieringe vir Nujoma-verjaardag - May 5, 2021
Daar sal geen openbare byeenkomste vir die voormalige Namibiese President Sam Nujoma se 92ste verjaardag op 12 Mei wees nie. Volgens sy Senior Spesiale Assistent, Paul Shipale, sal dit die tweede agtereenvolgende jaar wees dat daar nie groot vieringe vir Nujoma se verjaardag sal wees nie. Dit is weens die Covid-pandemie, maar gelukwensinge is welkom […]
Onder 20’s op rugbykamp - May 5, 2021
Namibië se onder 20-rugbyspan is tans besig met ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir die 2021 Rugby Afrika Barthes-trofee. Kenia se rugby-unie sal die toernnooi vanaf 26 Junie tot 4 Julie huisves. Buiten Namibië, sal Kenia, Senegal en Madagaskar ook vir die trofee meeding. Die Waarnemende Uitvoerende Hoof van die NRU, Theo Groenewald het aan Kosmos […]
Vier kameelperdspesies erken - May 5, 2021
Nuwe bevindinge in die wetenskapsjoernaal, Current Biology, fokus op die erkenning van die vier verskillende kameelperdspesies. Die Giraffe Conservation Fund verwelkom dit as ‘n nuwe stap in die beskerming van elke langnekspesie, veral sommige wat erg in die wildernis bedreig is. Dit sal help om elke spesie die regte beskermingstatus op hul vlak van bedreiging […]
SA krieketspelers uit Indië op pad huis toe - May 5, 2021
Al die Suid-Afrikaanse spelers wat aan die Indiese Premierliga deelgeneem het, is op pad huis toe nadat die toernooi gister onbepaald uitgestel is. Vrese het bestaan dat Faf du Plessis, Lungi Ngidi en Imran Tahir van Chennai Super Kings, asook Kagiso Rabada en Anrich Northé van Delhi Capitals vir ‘n week lank in Indië onder […]
Tiener vermoor vyf by dagsorg in Brasilië - May 5, 2021
Vyf mense is dood nadat ‘n tiener by ‘n dagsorgsentrum in Saudades in die suide van Brasilië ingebreek en drie kinders en twee werknemers gesteek het. Die polisie het die verdagte oorweldig en hospitaal toe geneem nadat hy homself na bewering om die lewe probeer bring het. Volgens berigte is talle ander kinders ook in […]
Bier kan duurder oor minder gars - May 5, 2021
Die Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer sê hy verwag ‘n afname in gars-aanplantings. Dit volg na die oesskattingskomitee se bekendmaking van boere se beplanning vir die verbouing van wintergewasse. Suid-Afrikaanse boere gaan in die 2021/22-seisoen 33 persent minder gars plant. Die afname kan ook toegeskryf word aan ‘n groot oes en probleme wat deur die alkoholverbod veroorsaak is. […]
Vroue ly finansieel meer weens pandemie - May 5, 2021
Die Internasionale Monetêre Fonds sê die Covid-pandemie kan die afgelope dekades se vordering met vroue se posisie in die werkplek ongedaan maak weens die groter uitwerking op vroue se salarisse, indiensneming en opleidings-moontlikhede. Navorsing toon dat die pandemie veral groot verliese meegebring het vir vroue met jong kinders wat minder ure by die kantoor kon […]
SA Museums, geskiedkundige terreine moet reggeruk word - May 5, 2021
Die Demokratiese Alliansie vra die Suid-Afrikaanse Departement van Sport, Kuns en Kultuur om met ‘n aksieplan vorendag te kom om museums, instellings en geskiedkundige terreine in Suid-Afrika te red. Die party se Adjunkwoordvoerder vir die Portefeulje, Veronica van Dyk, sê dit het aan die lig gekom dat die Apartheidsmuseum en die Liliesleaf-erfenisterrein in Johannesburg hul […]
Bedrog in Psemas vasgevat - May 5, 2021
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n verkrygingnasporingsbulletin van stapel gestuur wat fokus op die Namibiese regering se mediese fonds, Psemas. Die IPPR se Direkteur, Graham Hopwood, sê groot kommer heers oor Psemas weens jare lange bedrog en dokters wat te veel eis. Hy sê daar moet seker gemaak word dat hierdie nie weer gebeur […]
Kommer oor sprinkaanplae in Suide - May 5, 2021
Boere in die Suide het groot kommer oor sprinkaanplae wat hulle probeer om onder beheer te kry. Dolf de Wet Juniur wat in die omgewing van Grünau boer, sê in sy geweste is die plae nog nie so erg nie, maar by Warmbad en Ariamsvlei is dit oorweldigend. Hy sê boere spuit weke aan een […]