Nedbank Kapana Cook-Off skop af - May 5, 2021
Die Nedbank Kapana Cook-Off 2021-kompetisie word Vrydag van stapel gestuur. Dit sal die 7de keer wees wat die kompetisie aangebied word en die wenner staan ‘n kans om ‘n besigheid met ten volle toegeruste mobiele voedselkombuis ter waarde van N$100 00 te begin. Deelnemers sal kapana, ‘n gewilde eg Namibiese straatkos, aan beoordelaars van die […]
Afwesige vaders ‘n groot uitdaging in Namibië - May 5, 2021
In Namibië en baie ander lande is daar al hoe meer afwesige vaders wat ‘n groot juk op enkelmoeders plaas om alleen na hul kinders om te sien. Die term afwesige vader verwys na pa’s wat onderhoud betaal, maar fisiek afwesig is van ‘n kind se huis. Volgens Veronica Theron, die Tegniese Adviseur van die […]
Storms tref Wes-Kaap - May 5, 2021
‘n Waarskuwing is uitgereik vir storms wat die Wes-Kaap in Suid-Afrika gaan tref. Die storms word vir vanmiddag en later vanaand voorspel. Reënval van tot 45 mm word in die Overberg, Kaapse wynlande en Tuinroete verwag. Struisbaai loop reeds onder reën, hael en oorstromings deur. Munisipaliteite is op ‘n gereedheidsgrondslag en inwoners van die Wes-Kaap […]
Ontploffing by Denel ondersoek in openbare verhoor - May 5, 2021
‘n Gewese operateur by die Suid-Afrikaanse Rheinmetall Denel-ammunisie-aanleg in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, sê die aanleg het op die dag van die dodelike ontploffing sy beperking op plofstowwe oorskry. Fernando Jacobs is een van ‘n aantal getuies wat by ‘n openbare verhoor vrae beantwoord oor die ontploffing in 2018 waarin agt mense dood is. Die […]
Junior Bokke vaar goed - May 5, 2021
Die afrigter van die junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê hy is vol vertroue dat sy span op die regte pad is noudat hulle meer oefening inkry. Die span het gister ‘n kontakoefening met die SA Rugby-akademie en die Stormers in Stellenbosch in die Wes-Kaap gehad. Nhleko sê hy is tevrede dat die spelers stelselmatig hul […]
Hoe vaar Namibië met die beskerming van sy oseane? - May 5, 2021
Die Verenigde Nasies se kantoor vir klimaatsverandering sê die jongste navorsing dui daarop dat oseane van kritiese belang is. Meer as 90 persent van aardverwarming word deur die wêreld se oseane geabsorbeer word en dat die see as ‘n buffer vir klimaatsverandering reageer. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike Ekoloog Dr. Peter Cunningham gepraat […]
Boris sê Skotse referendum is roekeloos - May 5, 2021
Die Britse Eerste Minister Boris Johnson sê meeste mense dink nie dit is die regte tyd om ‘n referendum oor onafhanklikheid vir Skotland te hou nie. Johnson sê soos die Verenigde Koninkryk uit die pandemie uitkom met ‘n hoogs suksesvolle intentingsprogram, is die beter dat die land verenig is. Hy sê om die referendum nou […]
Jonas sal nie verskyn nie, hof gesluit weens Covid - May 5, 2021
Jonas Junias Jonas sal nie vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn nie. Die hof is volgens berigte gesluit as gevolg van Covid-19. Talle sake is uitgestel en dit is nie duidelik wanneer presies Jonas sy tweede verskyning sal maak nie. Jonas is op 19 April aangekla van poging tot moord nadat hy ‘n lid van die […]
Sioka reageer op klag - May 5, 2021
Daar is ‘n klag van minagting van die hof teen die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka gelê. Die Ombudsman Advokaat John Walters sê sy kom nie ‘n hofbevel vir die aanhouding van minderjariges na nie. Sy Skakelbeampte Aurelia David sê die verslag, soos deur hofbevel beëis is nooit ingedien nie. Minister Sioka het haar […]
VSA help met MIV-toetse in tronke - May 5, 2021
Die Amerikaanse ambassade in Windhoek het, in samewerking met Korrektiewe Dienste, twee toetsfasiliteite oopgemaak om MIV-toetse op gevangenes uit te voer. Die Amerikaanse regering befonds talle projekte in verband met MIV in die land. Walter Parrs, Woordvoerder by die ambassade…