Jongste Unam-student ooit, 14, vang sy graad - May 5, 2021

Brave Chibaka het opslae gemaak toe hy op 14 toegelaat is om siviele ingenieurswese te studeer. Brave het pas graad gevang en is reeds terug in sy geboorteland van Malawi. Hy het met sy toelating in 2016 gesê hy wil in sy pa, ook ‘n ingenieur, se voetspore volg. Een van sy dosente, Petrina Kahwadi, […]

Read More

IPC sê Kora is georganiseerde misdaad - May 5, 2021

Die Nasionale Woordvoerder van die IPC-party Brian Black het hom sterk uitgespreek oor die Kora-aangeleentheid. Die saak, wat tans in die Hoërhof verhoor word spruit uit die mislukte Kora-toekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het die net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die […]

Read More

Woordeboek word 95 - May 5, 2021

Die legendariese Woordeboek van die Afrikaanse Taal vier môreaand sy 95ste bestaansjaar met ‘n aanlyn verjaardagfees. Die Hoofredakteur, Willem Botha, sê die span sal mylpale en herinneringe tydens die skryf van die woordeboek uitlig, en die 16de weergawe bekendstel. Botha sê daar sal ook ‘n bespreking gevoer word oor Kaapse Afrikaans wat in die woordeboek […]

Read More

Ombudsman sê oor klag teen Sioka - May 5, 2021

Die Namibiese Ombudsman het ‘n klag van minagting van die hof teen die Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka gelê. Advokaat John Walters sê sy implementeer nie die hofbevel dat minderjarige kinders apart van volwassenes aangehou word nie. Volgens Aurelia David, die Ombudsman se Skakelbeampte het die besonderhede.

Read More

Eskom bied geen verhoging by samesprekings aan nie - May 5, 2021

Eskom sê hy kan nie voldoen aan vakbonde se eise vir salaris- en voordele-verhogings nie. Die buurland se kargvoorsiener het sedert gister met drie vakbonde vergader, maar aangedui dat hy geen aanbod na die samesprekings bring nie. Eskom het ook gesê ‘n toename in behuisingsvoordele is onbekostigbaar. Die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die mynwerkersvakbond, die NUM, […]

Read More

Meisie, 10, pleeg vermoedelik selfmoord - May 5, 2021

Nuusagentskappe berig dat die polisie in die Khomas-streek tans ondersoek instel na die beweerde selfmoord van ‘n 10-jarige meisie in die hoofstad. Volgens Nampol het die insident tussen ongeveer 7-uur Maandag aand in die Ombili-woonbuurt plaasgevind. Die kind is deur haar 7-jarige broer in die huis gevind waar sy hang. Sy is by die Katutura […]

Read More

Kaderontplooiing is skadelikste beleid ooit - May 5, 2021

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê President Cyril Ramaphosa se verdediging van die ANC-regering se kaderontplooiings-beleid toon sy lojaliteit aan partykaders ten koste van gewone landsburgers. Ramaphosa het verlede week aan die staatskapingskommissie gesê die beleid, wat partylede in openbare dienste ontplooi het, vorm ‘n integrale deel van die versekering dat die regerende […]

Read More

IATA sê oor Afrika - May 5, 2021

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, bekend as IATA het die jongste syfers bekend gemaak. Volgens die vereniging het die getalle passasiers in Maart vanjaar gedaal teenoor 2019 se syfers, maar het beter vertoon as die syfers wat in Februarie vanjaar aangeteken is. IATA is hoopvol dat syfers sal verbeter maar, Afrika toon op hierdie stadium geen verbetering […]

Read More

Sprinkane saai verwoesting in die Suide - May 5, 2021

Boere in die Suide het groot kommer oor sprinkaanplae wat hulle volgens berigte sukkel om onder beheer te kry. Karasburg, Aroab en Koës loop op die oomblik deur en boere skarrel om waardevolle weiding te beredder. Volgens die raadslid vir die Karasburg Oos kiesafdeling Anseline Beukes is een van die grootste uitdagings die uitgestrekte gebied […]

Read More

Modi moet inperking instel - May 5, 2021

Indië se Eerste Minister, Narendra Modi, sê state moet strenger beperkings net as ‘n laaste uitweg oorweeg. Dit is ondanks oproepe dat hy ‘n nasionale inperking in werking moet stel weens die dramatiese styging in Covid-19 gevalle, wat nou die 20 miljoen-kerf verbygesteek het. ‘n Senior lid van die Indiese Nasionale Kongres, Rahul Gandhi, sê […]

Read More