Stigting neem nuwe aanslag in bystand - May 5, 2021

Armoede is algemeen in Namibië en die Open Hands Charity-stigting stel ondersoek in, in verskeie gebiede, om die stand van sake te bepaal. Een lid van die huishouding word dan bygestaan om werk te bekom om die toestande in daardie huishouding te verlig. Sonia Iyambo, Stigter van Open Hands het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

VN se vlugtelingkantoor loof Biden se beslissing - May 5, 2021

Die Verenigde Nasies se Vlugteling-agentskap verwelkom die besluit van die Amerikaanse president, Joe Biden, om die jaarlikse perk op die toelating van vlugtelinge tot 62 500 te verhoog. Hy is van plan om dit volgende jaar 125 000 te maak. Die Adjunk-hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Kelly Clements, sê dit stuur ‘n duidelike boodskap van eensgesindheid en […]

Read More

Tender oor Psemas-administrasie steeds nie toegeken nie - May 5, 2021

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal vandag verkryging by die openbare mediese fonds Psemas evalueer. Die fonds het onlangs gebuk gegaan onder talle aantygings van korrupsie en wanbestuur. Intussen wag die fonds steeds op die finale toekenning van die tender vir die bestuur van die fonds. Eben den Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging sê […]

Read More

WTO ontmoet oor patentreg - May 5, 2021

Die Wêreldhandelorganisasie sal vandag die aansoek deur Suid-Afrika en Indië om afstand te doen op patentreg oor Covid-entstowwe oorweeg. Die twee lande meen dit sal toegang tot entstowwe in ontwikkelende lande verbeter. Internasionale nuusagentskappe berig dat daar reeds 10 vergaderings in die afgelope 7 maande in die verband gehou is en daar is tot dusver […]

Read More

Maak die grens met Angola oop - May 5, 2021

Terwyl honderde Angolese vlugtelinge die land onwettig binnekom, sê die Namibiese Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah die grens tussen Namibië en Angola moet dringend oopgestel word om handel te hervat en die plaaslike ekonomie te herstel. Sy sê sedert die grens gesluit is, word daar meer oortredings aangemeld. In 2005 het die Namibiese regering […]

Read More

Vroue het meeste tydens pandemie gely – IMF - May 5, 2021

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die Covid-19-pandemie kan die afgelope dekades se vordering met vroue se posisie in die werkplek ongedaan maak weens die groter uitwerking op vroue se salarisse, indiensneming en opleidings-moontlikhede. Navorsing toon dat die pandemie veral groot verliese meegebring het vir vroue met jong kinders wat minder ure by die kantoor kon […]

Read More

Biden teiken 70-persent vir 4 Julie - May 5, 2021

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n nuwe doelwit van 70-persent gestel vir die aantal Amerikaners wat teen 4 Julie minstens een dosis Covid-19-entstof moet ontvang. Nagenoeg 105 miljoen Amerikaners is reeds volledig ingeënt. Biden sê sy administrasie is gereed om onmiddellik met die inenting van tieners teen die korona-virus te begin sodra entstowwe vir […]

Read More

NRU vra almal om in te ent sodat sport ten volle kan hervat - May 5, 2021

In ‘n persverklaring het die Namibiese Rugby-unie ‘n beroep op spelers, administrateurs en toeskouers gedoen om ingeënt te word. Die President van die unie, Corrie Mensah sê dit is die vinnigste wat die land en die sport weer na die vorige ‘normaal’ sal terugkeer.

Read More

NamPower en Congo hoor vandag - May 5, 2021

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar NamPower Congo Namibia Trading vir net meer as 11 miljoen Namibiese doller in onbetaalde kragvoorsiening, dagvaar. ‘n Ooreenkoms is in Mei 2013 onderteken waar NamPower krag aan Kombat, sowel as die myn, sou voorsien. Intussen het die myn gesluit en Knowledge Katti, die omstrede Namibiese sakeman het […]

Read More

Dienslewering lui tot honderde betogings - May 5, 2021

Frustrasie met die lewering van water- en sanitasie-dienste in Suid-Afrika het tussen Januarie 2013 en April vanjaar tot 585 gevalle van openbare betogings gelei met 378 wat in geweld ontaard het. Dit is vervat in ‘n verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies. Die betogings het meer as 57 000 mense regstreeks geraak. Chandré Gould van […]

Read More