Johannesburg is deurtrek van misdaad, hopeloosheid - May 5, 2021
Die leier van Action SA, Herman Mashaba het die sogenaamde Stadsrede van die Burgemeester van Johannesburg Geoff Makhubo skerp gekritiseer. Makhubo het belowe om toegang tot behuising, water krag en dienste te verbeter. Volgens Mashaba is Johannesburg deurtrek van misdaad en hopeloosheid. Sy Woordvoerder Lerato Ngobeni…
Jonas verskyn weer vandag in Swakop - May 5, 2021
Die Namibiese Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas verskyn weer vandag in die landdroshof op Swakopmund nadat hy op 16 April in hegtenis geneem is. Hy is uiteindelik op 19 April aangekla van poging tot moord nadat hy ‘n lid van die publiek aangerand het. Die man is volgens die owerhede in Erongo oorgeplaas na ‘n […]
Trump stig eie platform - May 5, 2021
Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het sy eie kommunikasie-platform geskep en van stapel gestuur. Die platform, ‘From the Desk of Donald J. Trump’ is op ‘n webtuiste donaldjtrump.com/desk beskikbaar. Die platform laat Trump toe om weer op die internet te kommunikeer en laat mense toe om die plasings op Facebook en Twitter te deel. […]
Winter kom in die Kaap aan - May 5, 2021
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die Stad Kaapstad kan vandag gereed maak vir ‘n ysige kouefront. Dit sal gepaard gaan met stormsterk winde, reën en onstuimige seetoestande. Die stad waarsku ook teen die gevaar van oorstromings in laagliggende gebiede. Rampbestuur se woordvoerder, Charlotte Powell, sê die kouefront sal die streek vandag tref:
Meer as 50% van Suid-Afrikaners het tydens pandemie vetter geword - May 5, 2021
Ten spyte van die bedreiging wat Covid-19 vir openbare gesondheid inhou, is dit noodsaaklik om nie gelyklopende epidemies te verwaarloos nie. Dieselfde aandag en hulpbronne behoort beskikbaar te wees vir die stryd teen vetsug. Dit is een van die bevindinge deur Pharma Dynamics, wat die afgelope twee maande ‘n nasionale opname onder byna twee-duisend Suid-Afrikaners […]
Boulter se borgaansoek sal seker in abstentia wees - May 5, 2021
Die Britse miljardêr Harvey Boulter se borgaansoek is in die Outjo-landdroshof vir vandag neergelê. Teen 11-uur Dinsdagoggend het Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy steeds in ‘n Windhoek-hospitaal mediese behandeling ontvang. Francoise Steynberg het die storie…
Angolese kom steeds aan - May 5, 2021
Angolese burgers wat hongersnood en droogte in die suide van daardie land vlug, kom steeds in Namibië aan. Andreas Shintama, die raadslid vir die Ruacana kiesafdeling het aan plaaslike media gesê hulle huisves tans amper 1 800 vlugtelinge en hulle kom steeds aan. Daar word berig dat van die vlugtelinge gesê het hulle eet elke […]
Van Wyk en Kanime baklei, weer - May 5, 2021
Plaaslike media berig dat die Burgemeester van Rehoboth, Rudi van Wyk eis dat klagtes teen die dorp se Hoof Uitvoerende Beampte Simoen Kanime gebring word en dat hy dissiplinêr verhoor word. Van Wyk het ‘n brief aan die Dorpsraad se Uitvoerende Komitee, sowel as die Hardap Goewerneur en die Minister van Stedelike Ontwikkeling in die […]
Suid-Afrikaners moet Indiërs bystaan - May 5, 2021
Die Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie, Gift of the Givers, het ‘n beroep gedoen op mense om die inwoners van Indië te midde van ‘n verwoestende nuwe vlaag Covid-19 gevalle te help. Die stigter, Imtiaz Sooliman, sê hulle probeer soveel as moontlik suurstof-konsentreerders vanaf Suid-Afrika of ander lande stuur, want dit sal duisende mense se lewens red:
Swapo jeugliga bespreek operasionele kwessies - May 5, 2021
Die Uitvoerende Komitee van die Swapo Jeugliga het sy nasionale vergadering op Otjiwarongo gehou. Die vergaderings word normaalweg maandeliks gehou om verskeie operasionele kwessies te bespreek. Ephraim Nekongo, die Sekretaris van die liga sê besprekings was baie suksesvol.