Jogurt-baas sê sy produk beveg Covid… hy het bedank - May 4, 2021
Die baas van ‘n groot Suid-Koreaans suiwelmaatskappy het bedank ná die polisie ‘n ondersoek van stapel gestuur het oor die maatskappy se bewering dat sy joghurtdrankie doeltreffend is om Covid te beveg. Namyang Dairy Products se Voorsitter, Hong Won-sik, se bedanking kom drie weke ná die maatskappy sy bewering teruggetrek het. Verbruikers het woedend gereageer, […]
Rwanda-volksmoord: Franse troepe onskuldig - May 4, 2021
Ondersoeke deur die Franse owerhede kon geen bewyse vind dat die land se troepe aandadig was aan die 1994-volksmoord in Rwanda nie. Daar is dus geen gronde vir regstappe om die Franse regering verantwoordelik te hou vir die moorde deur die Hutu-beheerde regering nie. Dit volg na die publikasie van ‘n verslag deur die Rwandese […]
SA leerders se enstofprogram hang in die lug - May 4, 2021
AfriForum in die buurland het die Departement van Basiese Onderwys om duidelikheid gevra oor die registrasie van ouers en voogde van leerders vir die Covid-19-entstofprogram. Die datum waarop die program in werking tree, moet nog aangekondig word. Natasha Venter van AfriForum sê hoewel die organisasie niks teen die toediening van entstowwe het nie, bly dit […]
Erongo-boere, Nampol takel veediefstal - May 4, 2021
Generaal-majoor Joseph Shikongo en verskeie streekskommissarisse van die Namibiese polisie het ‘n suksesvolle vergadering met die boeregemeenskappe in die Karibib-distrik in die Erongo-streek gehou. Dit is een van vele vergaderings met boere om veediefstal en stropery hok te slaan. Shikongo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
‘Epic’ hofsaak oor Fortnite - May 4, 2021
Die saak tussen Epic Games, die skepper van die gewilde Fortnite-speletjie, en Apple duur voort in die Federale Hof in Kalifornië. Epic se Hoof Uitvoerende Beampte Tim Sweeney sê hy het geweet dat hy Apple se iStore-reëls breek toe hy sy eie betalingstelsel op Fortnite ingebou het. Maar, volgens Sweeney wou hy lig werp op […]
Geingob loof Cassinga-opoffering - May 4, 2021
President Hage Geingob het sy dank uitgespreek teenoor die owerhede in Kuba en Angola vir bystand na die Cassinga-slagting op 4 Mei 1978. In sy verklaring wat op sy sosiale media platforms gedeel is, het hy weer melding gemaak van lewensverliese tydens die vryheidstryd, veral die burgerlikes wat in die kamp in die suide van […]
Numsa sê De Ruyter besig met skelmstreke - May 4, 2021
Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, sê Eskom is besig met sogenaamde skelmstreke deur beurtkrag aan die huidige salarisonderhandelings te koppel. Numsa sal in sy eerste ronde onderhandelings dié week sy salaris-eise by die Sentrale Bedingingsforum aan die bestuur van Eskom en Rotek voorlê. Die vakbond se Woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vlak van onbevoegdheid onder […]
Beskerm persvryheid, demokrasie - May 4, 2021
Namibië was gasheer vir Wêreldpersvryheidsdag en die Windhoek Deklarasie. Die Redakteur van Namibian Sun, Toivo Ndjembela, deel sy mening oor die vryheid van spraak, demokrasie en die volhoubaarheid van die media.
Cassingadag herdenk 600 slagoffers - May 4, 2021
Cassingadag word vandag herdenk. Jaarliks op 4 Mei word die sowat 600 slagoffers van die Cassinga-slagting in 1978 in die suide van Angola onthou. Kosmos 94.1 het aan die politieke kommentator Dr. Phanuel Kapama gevra wat die menslike verliese van Cassinga was.
SA het kommer oor Indiese variant - May 4, 2021
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Covid-19-toetse om positiewe gevalle onder reisigers uit Indië in Suid-Afrika en hul naaste kontakte te identifiseer, moet nou voorkeur aandag geniet. Dit volg nadat ‘n persoon wat uit Indië in Suid-Afrika aangekom het, positief vir Covid-19 getoets het. Verdere toetse moet nou bepaal of die persoon die […]