Faksiegevegte ruk Libiese hoofstad Tripoli - May 14, 2025

Die bloedigste gevegte in jare het die Libiese hoofstad Tripoli vir ‘n tweede nag geskud. Reuters berig dit volg na Maandag se dood van ‘n belangrike burgermagleier wat gevegte tussen mededingende faksies ontketen het. Die Verenigde Nasies se plaaslike sending, UNSMIL, sê hy is diep bekommerd oor die verergerende geweld in digbewoonde woonbuurte, en vra […]

Read More

Dricus verdedig sy titel in Augustus in Chicago - May 14, 2025

Gemengde gevegskuns: Die Suid-Afrikaner Dricus du Plessis gaan sy onbestrede wêreld-middelgewigtitel op 17 Augustus op UFC 319 in die United Centre in Chicago verdedig teen die Rus Khamzat Chimaev. Du Plessis het in Februarie sy titel behou toe hy die Amerikaner Sean Strickland verslaan het. Hy het 20 van sy 23 gevegte met uitklophoue gewen, […]

Read More

Inflasie: Daar’s verskeie risiko’s wat dopgehou moet word - May 14, 2025

Simonis Storm sê na die April inflasiesyfers bekend gestel is, hou hy verskeie risiko’s dop. Die eerste is monetêre beleidsvooruitsigte en hy meen die sentrale bank sal die tempo van rentekoersverlagings uiters versigtig handhaaf met slegs een verdere verlaging van 25 basispunte in die tweede helfte van die jaar. Geopolitieke spanning, verskepingsvertragings en nuwe tariefregimes […]

Read More

Werkloosheidsyfer ontbloot mislukking van kapitalisme – Giwusa - May 14, 2025

Giwusa sê die jongste werkloosheidsyfers wat tot 32,9-persent gestyg het, ontbloot die mislukking van kapitalisme en die regering van nasionale eenheid se ekonomiese strategie. Die vakbond is van mening die verlies van 291 000 werksgeleenthede in die eerste kwartaal van vanjaar weerspieël ‘n verdiepende krisis, gedryf deur besuinigingsmaatreëls, privatisering en anti-werkersbeleid. Giwusa se president, Mametlwe […]

Read More

Dis Putin of niks – Zelensky - May 14, 2025

Russiese president Vladimir Putin het volgens berigte te kenne gegee dat hy môre ‘n afvaardiging na Istanboel sal stuur om te onderhandel oor die oorlog in die Oekraïne. Dit kom na president Donald Trump ‘n skietstilstand geëis het en Putin daarna gesê het Zelensky moet onderhandel. Toe daag Zelensky hom uit om self ‘n vergadering […]

Read More

Skrumskakel Care sal aftree - May 14, 2025

Voormalige Engelse skrumskakel Danny Care het aangekondig dat hy aan die einde van hierdie seisoen sal uittree. Die 38-jarige het oor ‘n tydperk van 16 jaar 101 toetse vir Engeland gespeel en sy internasionale loopbaan ná verlede jaar se Sesnasiestoernooi beëindig. Hy het aan twee Wêreldbekertoernooie deelgeneem en was deel van Engeland se Grand Slam-span […]

Read More

Namibia Wildlife Vets vra insette oor kameelperdvrektes - May 14, 2025

Namibia Wildlife Vets het kommer oor toenemende berigte rakende vrektes onder kameelperde op verskeie plase noord van Okahandja en in die Omaruru-streek. Die meeste kameelperde is vrek aangetref sonder enige vorige kliniese simptome. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ulf Tubbesing gepraat, wat die publiek vra om die gevalle so gou as moontlik aan hulle […]

Read More

LPO vergader volgende week met skaapboere - May 14, 2025

Die Lewendehawe Produsente Organisasie hou streekvergaderings om lede in te lig oor ’n studie wat Namibiese skaapboere se deelname aan die internasionale lamsvleis-uitvoerketting wil versterk. Die skaapbedryf wil sy afhanklikheid van lewende uitvoere na Suid-Afrika verminder en nuwe markte betree. Kosmos 94.1 Nuus het met Rina Hough, LPO-kommoditeitsanalis gepraat.

Read More

NaCC gee jongste rakende Shell se oorname van Engen - May 14, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het die jongste rakende die verkryging deur Vitol Emerald Bidco van ‘n beherende persentasiebelang van die totale uitgereikte aandelekapitaal van Engen, ingevolge ‘n aandele-koopooreenkoms, bekend gemaak. Dit beteken basies plaaslik dat Shell Engen oorneem. Die kommissie het voorwaardes daargestel wat bepaal dat 58 geïdentifiseerde vulstasies binne die eerste verkoopsperiode, wat op 27 […]

Read More

Pa verskyn vandag op klagte van verkragting van dogter, 10 - May 14, 2025

’n 34-jarige Namibiese man is in die Wagdaar-gebied van DRC in Swakopmund in hegtenis geneem nadat hy na bewering in Februarie sy 10-jarige biologiese dogter verkrag het. Hy sal vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn. Die polisie-ondersoek en mediese toetse duur voort. Kosmos 94.1 nuus het met oud-ombudsman advokaat John Walters gepraat.

Read More