Rooies agter tralies, verskyn weer 2 Junie - May 4, 2021
Volgens die Woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie, Josephina Nghituwamata, is Walter ‘Rooies’ Mostert, borgtog in die Windhoek-landdroshof geweier en in aanhouding in die Windhoek Sentrale Korrektiewe Dienste. Hy verskyn weer op 2 Junie in die hof. Dié voormalige landdros van Gobabis staar klagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing, regsverydeling en die oortreding van immigrasiewetgewing in die […]
Texas-dorpie verbied aborsie - May 4, 2021
‘n Dorp in Texas, Lubbock, word as ‘veilige stad’ vir ongebore kinders beskou met wetgewing wat oorweeg word om ‘n verbod op aborsies so vroeg soos ses weke in ‘n swangerskap te plaas. Lubbock met sy 260 000 inwoners is die 25ste ‘veiligste stad’ in die VSA wat die afgelope twee jaar aborsies verbied het […]
Sakaria verlaat AgriBank - May 4, 2021
Die Hoof Uitvoerende Beampte van AgriBank Sakaria Nghikembua, sluit op 1 Augustus aan by Momentum Metropolitan Namibië, in dieselfde amp. Nghikembua het in Julie 2016 by Agribank oorgeneem by Leonard Iipumbu. Nghikembua word geloof en is alom bekend vir sy uitstekende bestuursvernuf by die bank. Talle uitstaande en agterstallige rekenings is deur hom ingevorder en […]
Facebook sê môre oor Trump - May 4, 2021
Facebook sal môre aankondig of die voormalige Amerikaanse president Donald Trump weer op die sosialemedia-platform toegelaat sal word. Facebook het Trump se rekening opgeskort ná die opstande by die Kongresgebou op 6 Januarie. ‘n Groep van sy ondersteuners het die gebou bestorm uit ontevredenheid met verlede jaar se verkiesingsuitslae. Die saak is vir ‘n besluit […]
IVP ondersteun nuwe leeu-beleid - May 4, 2021
Die Inkatha Vryheidsparty sê hy verwelkom die aanbeveling van ‘n hoëvlakpaneel dat beleid, regulatoriese maatreëls, praktyke en beleidsposisies met betrekking tot jag, handel, aanhouding in gevangenskap, bestuur en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters hersien moet word. Die party sê hy veg sedert 2014 teen die jag van leeus wat in gevangenskap geteel is. […]
Nudo-raadslid sê ja vir verhoging vir raadslede - May 4, 2021
Die Nudo Party se Sekretaris-Generaal, Joseph Kauandenge, sê raadslede van plaaslike en streeksowerhede verdien ‘n 50 persent salarisverhoging, ondanks die ekonomiese uitdagings. Kauandenge is self ‘n raadslid by Stad Windhoek en is van mening raadslede werk baie hard op grondvlak om verandering teweeg te bring. In ‘n onderhoud met nuusagentskappe het hy sy steun aan […]
Bill en Melinda skei - May 4, 2021
Bill en Melinda Gates gaan skei ná ‘n huwelik van 27 jaar. Hulle sal egter met hul filantropiese werk van die Bill & Melinda Gates-stigting voortgaan. Die stigting het verlede jaar 1,7 miljard Amerikaanse doller aan Covid-verligting bestee. Die paartjie het ontmoet toe Melinda by Microsoft werksaam was en hulle word erken as die mees […]
Jongste oor Covid-gevalle - May 4, 2021
Daar is 152 nuwe Covid-gevalle bevestig uit 1 146 toetse. Otjozondjupa en Khomas het 30 elk, Hardap 26, Oshana 19, Oshikoto 12, Omaheke 10 en Ohangwena 9. Daar is 16 leerders, 14 onderwysers, 3 studente en 9 gesondheidswerkers in die groep. Sewe pasiënte het herstel. Daar is 159 pasiënte wat gehospitaliseer is met 40 in […]
Rykste lande moet wêreldbevolking help inent - May 3, 2021
Die voormalige Britse Eerste Minister Gordon Brown het aan die Wêreldgesondheidsorganisasie en wêreldleiers van die 30 rykste lande gesê hulle moet die wêreldbevolking help inent. Hy sê 90 persent van die wêreldbevolking kan maklik ingeënt word, met die fokus op gesondheidswerkers en ouer mense.
Plaaslike toeriste ondersteun NWR - May 3, 2021
Namibia Wildlife Resorts het ‘n verlies van N$104 miljoen gehad weens die impak van Covid-19, maar is dankbaar oor die inkomste wat veral met plaaslike toerisme verdien is. Die Hoof Uitvoerende Beampte van NWR, Matthias Ngwangwama, na afloop van hul algemene jaarvergadering.