Korttermyn versekering krimp - May 3, 2021
Namfisa het hul 2020 derde kwartaal se statistiekeverslag vrygestel waarin die korttermyn versekeringsbedryf se bates met 8,7 persent op ‘n jaargrondslag gekrimp het. Volgens Robert McGregor, ‘n Ekonoom van Cirrus in die hoofstad het die 0,2 persent kwartaallikse inkrimping aan die pandemie toegeskryf.
Duitse polisie sluit pornografie-platforms - May 3, 2021
Vier mans tussen die ouderdomme van 40 en 64 jaar is in hegtenis geneem nadat die Duitse polisie een van die grootste donkernet-kinderpornografie-platforms ter wêreld gesluit het. Die platform, genaamd Boystown, het meer as 400 000 lede en gebruikers is toegelaat om grafiese beelde en video’s te deel. Die verdagtes word beskuldig dat hulle as […]
“Lucky nie bitter” - May 3, 2021
Die voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspoorvereniging van Suid-Afrika, Lucky Montana, sê bewerings deur sommige ANC-lede dat hy bitter is, is heeltemal ongegrond. Montana het voor die staatskapingskommissie in Johannesburg getuig en ‘n aantal senior ANC-lede betrek. Hy beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die kommissie mislei het toe hy vrae oor staatsondernemings beantwoord […]
Nampu veroordeel intimidasie van joernaliste - May 3, 2021
Volgens die nuutgestigde vakbond vir Namibiese professionele media, Nampu, intimideer die Yslandse maatskappy, Samherji, twee joernaliste wat oor die Fishrot-korrupsieskandaal berig. Nampu veroordeel dié aanvalle op joernaliste. Die sekretaris-generaal van Nampu, Sakeus Ikela, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Ovaherero uit Botswana herdenk repatriasie - May 3, 2021
Sowat 700 Ovaherero-gemeenskapslede wat die 28ste herdenking van hul repatriasie uit Botswana herdenk het, is ontevrede oor hul burgerskap deur registrasie. As afstammelinge van die Ovaherero wat teen die Duitse koloniale magte geveg het, meen hulle hulle moet Namibiese burgerskap deur herkoms verkry. Hulle het by Gam naby Tsumkwe byeengekom om hul repatriasie uit Botswana […]
SA monitor situasie in Indië noukeurig - May 3, 2021
Met vrese dat reisigers uit Indië dalk ‘n oplewing van Covid-19 in Suid-Afrika kan veroorsaak, het die Gesondheidsdepartement in die buurland gesê dat hy die situasie in Indië fyn dophou. Die departement het Suid Afrikaners verseker dat dit reisigers vanuit Indië nou monitor om te verhoed dat die B.1.617-variant van die virus, wat tans die […]
Privaatsektor maak minder skuld - May 3, 2021
IJG Sekuriteite in die hoofstad sê die syfers vir privaatkredietverlening in Maart vanjaar toon ‘n afname in nuwe skuld wat aangegaan is. Op ‘n jaargrondslag is krediet wat uitgereik is aan die privaatsektor sowat 71,7 persent laer in vergelyking met einde Maart verlede jaar. In hul verslag sê die ontleders dat banke strenger kredietmaatreëls toepas […]
Geingob as voorkomingsmaatreël in selfisolasie - May 3, 2021
President Hage Geingob is tans in selfisolasie as voorkomingsmaatreël ná sy besoek aan die Noordooste. Die Perssekretaris van die Presidensie, Dr Alfredo Hengari, sê Geingob is gesond en by die werk.
Sluit aan by buurwagte - May 3, 2021
Alhoewel die meeste misdaad oor naweke plaasvind, het min voorvalle die afgelope naweek, insluitend Werkersdag, plaasgevind. Adjunk-inspekteur Elifas Kuwinga van Nampol sê buurtwagte speel ‘n groot rol om misdaad te bekamp en hy moedig gemeenskapslede om aan te sluit.
Veldbrande risiko vir winter - May 3, 2021
Veldbrande is vir die wintermaande die grootste risiko vir veeboere omdat so daar tans baie gras is. Kosmos 94.1 Nuus het by Dr. Cornelis van der Waal, die bekende Bewaringslandboukenner en Ekoloog, aangeklop vir raad in dié verband.