Rolstolvrou bou opritte met Lego-blokkies - May 3, 2021
ons eindig die bulletin af met ‘n kleurvolle storie … ‘n Duitse vrou wat aan ‘n rolstoel gekluister is sedert sy 26 jaar gelede in ‘n motorongeluk beseer is, bou in haar tuisdorp Hanau opritte met kinders se Lego-blokkies. Rita Ebel het inwoners gevra om ou Lego-blokkies te skenk wat sy en haar man dan gebruik om opritte te […]
Elifas Kuwinga Maandag - May 3, 2021
Geingob as voorkomingsmaatreël in selfisolasie President Hage Geingob is tans in selfisolasie as voorkomingsmaatreël ná sy besoek aan die Noordooste. Die Perssekretaris van die Presidensie, Dr Alfredo Hengari, sê Geingob is gesond en by die werk.
Jeugdiens kan misdaad help beveg - May 3, 2021
Die Woordvoerder van die Namibiese polisie, Adjunk-Kommissaris Kauna Shikwambi, sê die inisiatief van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se program vir jeugwerkplek-ervaring is prysenswaardig. Sy sê enige pogings om misdaad te beveg, word verwelkom en die inisiatief is iets wat in Nampol geïmplementeer kan word, soortgelyk aan die Jeugdiens. Sy bespreek die Namibiese verband.
Swakara se hoop op Junie-veiling - May 3, 2021
Die Swakara-bedryf neem baie langer om ná Covid-19 te herstel, sê ‘n plaaslike produsent, Louisa Campbell. Die pelse wat nog nie verkoop is nie lê nog in Kopenhagen in Denemarke. Boere plaas hul hoop op die veilings wat eers in Junie gaan plaasvind. Kosmos 94.1 gesels met Louisa Campbell Sy sê daar is geen ander […]
Tedros wil aanbly as WGO-baas - May 3, 2021
Die Direkteur-Generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, beplan om vir sy tweede vyf jaar termyn as hoof van die WGO te staan, berig internasionale media. Die voormalige Amerikaanse President, Donald Trump, was ‘n groot kritikus van die WGO se hantering van die Covid-19-pandemie. Trump het gemeen die WGO was nie ferm genoeg op China […]
SA voëlgriep steeds in die nuus - May 3, 2021
Suid-Afrika se pluimvee- en volstruis-bedryf bly landwyd op hoë gereedheidsgrondslag al is daar gee nuwe uitbrekings van voëlgriep na afloop van gevalle wat verlede maand bevestig is nie. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê handelsbeperkings wat Suid-Afrika se buurlande ingestel het, is effens verslap met Botswana wat sy nasionale verbod tot slegs die betrokke plase verminder het. […]
Skotland sal self besluit - May 3, 2021
Die Eerste Minister van Skotland, Nicola Sturgeon, het aan Britse media gesê die Britse Premier Boris Johnson kan nie in die pad van Skotland se mense se demokratiese keuses staan nie. Johnson hou vol dat hy enige versoek vir ‘n tweede onafhanklikheidsreferendum sal weier. Sturgeon sal teen die einde van 2024 ‘n tweede onafhanklike referendum […]
Jeug kry bystand by SAPD - May 3, 2021
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, in vennootskap met die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat en die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, het begin met die eerste program vir jeugwerkplek-ervaring in Tshwane. Die program het meer as 66 jongmense uitgeken wat in OPOD-kantore regoor die land geplaas sal word. OPOD se uitvoerende direkteur, Jennifer Ntlatseng, sê die kandidate sal ‘n sleutelrol in ondersoeke na […]
Nuwe skedule vir Lufthansa HKIA - May 3, 2021
Lufthansa se vlugte vir die Windhoek-Frankfurt-roete sal tot die einde van Mei onveranderd bly, het die Uitvoerende Hoof, Dr. André Schulz gesê. Vanaf die begin van Junie tot einde Julie sal vlugte deur Lufthansa gevlieg word en vanaf Augustus deur die Eurowings Discover-handelsmerk. Vlugte sal saans uit Windhoek na Frankfurt vertrek.
“Ons soek die fondse” – Smith - May 3, 2021
TransNamib sal sy huidige lokomotiefkapasiteit moet verdubbel as hy teen 2023 sy teiken van die vervoer van 3,1 miljoen ton wil bereik. Die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Johny Smith sê TransNamib is besig om die fondse te soek om 86 lokomotiewe aan te skaf. Smith is aan die woord.