Voedingsondersteuning van N$25m in die Kaap - May 3, 2021

Die Wes-Kaapse regering het bekend gemaak daar sal bykomende voedingsondersteuning wees vir mense wat weens die Covid-19-pandemie hul werk verloor het. Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê haar departement het ‘n bykomende 25 miljoen Namibiese doller beskikbaar gestel om sy bestaande voedingswaarde-veiligheidsnet te verbreed. Haar woordvoerder, Joshua Chigome, sê dit is belangrik om […]

Read More

Plakkers by Distrik 6 verwyder - May 3, 2021

Die Stad Kaapstad het ‘n dringende inderdik in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gekry teen die besetting van Distrik Ses. Die grond is geoormerk vir begunstigdes wat deur die apartheidsregering uit die gebied verwyder is. ‘n Woordvoerder van die Distrik Ses-werkskomitee, Karen Breytenbach, sê hulle kan nie die onwettige besetting goedkeur nie en sal veg vir eisers […]

Read More

Spaanse apteker vas vir vals Covid-verslae, en vlugte - May 3, 2021

‘n Apteker in El Ejido in die suide van Spanje is in hegtenis geneem op klagte dat hy vervalste negatiewe Covid-toetse verkoop het aan reisigers na Marokko. Die 24-jarige man het die sertifikate vir 130 euro, ongeveer 2 260 Namibiese doller verkoop. Die sertifikate het hulle benut om kaartjies te koop om Marokko te besoek, […]

Read More

Myeni Saterdag ter ruste gelê - May 3, 2021

Lindani Myeni se familie is besig met begrafnisreëlings nadat sy liggaam die naweek in Suid-Afrika aangekom het. Die voormalige rugbyspeler wat in KwaZulu-Natal gebore is, is verlede maand tydens ‘n rusie deur die polisie in Honolulu, Hawaii, doodgeskiet. Sy oorskot is met behulp van die KwaZulu-Natalse regering teruggestuur, wat ook beloof het om die begrafnis […]

Read More

GRN se rekord op menseregte word geëvalueer - May 3, 2021

Namibië se menseregterekord gaan vir die derde keer deur die Algemene Periodieke Hersiening van die Verenigde Nasies se menseregteraad onder die loep geneem word tydens ’n regstreekse aanlyn vergadering wat vandag gehou word. Die vorige hersienings is in 2011 en toe weer in 2016 gedoen. Namibië is een van 14 lande wat hersien word. Anthea […]

Read More

So lyk water-planne in Oshana - May 3, 2021

Die Goewerneur van die Oshana-streek het gereageer op die planne vir onder andere water infrastruktuur ontwikkeling en sanitasie met die fondse wat van die ministerie bekom is. Goewerneur Elia Erimari het die planne so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Read More

NBC: dis ‘n proses…. - May 3, 2021

Die staking by die NBC sal nog onbepaald voortduur. Volgens Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die NBC en die skakel tussen die werkers en die Napwu vakbond sê hulle wag steeds op terugvoer van President Hage Geingob en dat onderhandelings met die bestuur van die nasionale uitsaaier eers Woensdag sal hervat. Intussen sê Alfredo Hengari, […]

Read More

Fokus op die boere, nie die grond nie - May 3, 2021

Kenners meen dat die regering eerder geld moet bestee op bestaande hervestigde boere as om meer grond aan te koop. Die Namibiese Minister van Grondhervorming Calle Schlettwein het vroeër aangekondig dat die teiken van 5 miljoen hektaar teen 2020 nie behaal is nie en dat 1,7 miljoen hektaar nog aangekoop moet word. Die plaaslike Landbou […]

Read More

Ru-olie beweeg opwaarts - May 3, 2021

Internasionale nuusagentskappe berig dat ru-olie tans nader aan 67 Amerikaanse doller verhandel soos vertroue in aanvraag groei. Daar was vroeër kommer oor Indië, die vierde grootste invoerder van ru-olie ter wêreld, met sy ongekende tweede vlaag van Covid-infeksies. Maar, die wêreld se grootste verbruikers, wat China en die VSA insluit, vorder baie goed met inentings, […]

Read More

Reaksie op beslissing in Malawi dat doodstraf ongrondwetlik is - May 3, 2021

Die Namibiese Ombudsman, John Walters, het gereageer op die beslissing van die hooggeregshof in Malawi dat die doodstraf in die land ongrondwetlik is. Die regering van Malawi het nog nie amptelik op die hof se beslissing gereageer nie. Advokaat Walters het sy reaksie so opgesom.

Read More