Jongste oor Covid-gevalle - May 3, 2021

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 97 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Otjiwarongo 15, Rundu 14, Grootfontein 12, Rehoboth 10, Windhoek 9 en Swakopmund 5. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 1 837 aktiewe gevalle 46 499 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal […]

Read More

Geblikte leeus in soeklig in SA - May 3, 2021

Planne om die teel van leeus in aanhouding in Suid-Afrika stop te sit is aan die gang. Voorleggings is aan die Suid-Afrikaanse Departement van die Omgewing, Bosbou en Visserye gedoen om bestaande wetgewing oor die bestuur van en handel in olifante, leeus, luiperds en renosters te hersien. Die Beauty Without Cruelty, Humane Society International en […]

Read More

Valtteri Bottas begin Portugese Grand Prix vanmiddag in voorste posisie - May 2, 2021

Motorsport: Valtteri Bottas vir die Mercedes-span spring vir die eerste keer die seisoen in die voorste posisie weg by vanmiddag se Portugese Grand Prix. Dit beteken Bottas se spanmaat, Lewis Hamilton, sal nog vir minstens sewe dae tot die Spaanse Grand Prix moet wag om ‘n rekord van ‘n honderd eerste wegspringposisies te kan behaal. […]

Read More

Amnestie Internasionaal verwelkom hofbeslissing oor doodstraf in Malawi - May 2, 2021

Amnestie Internasionaal het die beslissing van die Hooggeregshof in Malawi verwelkom dat die doodstraf in die land ongrondwetlik is. Volgens ‘n verklaring van die organisasie het die doodstraf geen plek in die wêreld nie.Die regering van Malawi het nog nie amptelik op die hooggeregshof se beslissing gereageer nie.

Read More

Vandag 10 jaar gelede het Osama Bin Ladin gesterf - May 2, 2021

Dit is vandag presies 10 jaar gelede op 2 Mei 2011 dat Osama Bin Ladin tydens ‘n Amerikaanse militêre operasie in Pakistan dood is. Al-Qaeda wil intussen ‘n oorlog soos dit gestel is, op alle fronte teen Amerika voer te midde van die ontrekking van Amerika uit Afghanistan.Amerika, het reeds begin met die ontrekking en […]

Read More

Job oor die hoofstad se sogenaamde ousus rol - May 2, 2021

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda, sê die hoofstad het ‘n morele verpligting om kleiner dorpsrade by te staan. Hy beskryf dit as die rol van ‘n ousus. Hy sê Stad Windhoek is daartoe verbind om Okakarara, Ongangwa, Oranjemund en Maltahöhe by staan met kwessies soos afval bestuur, beleidskepping en goeie bestuur. Hy het bygevoeg […]

Read More

52 Leerders en 10 onderwysers onder die nuwe Covid-19 gevalle - May 2, 2021

Daar is 52 leerders,10 onderwysers en 11 gesondheidswerkers onder die 248 nuwe Covid-19 gevalle wat in die land bevestig is.Die Covid-19-verwante sterftes staan nou op 649 . Daar is op die oomblik 1 821 aktiewe gevalle, waarvan 176 in die hospitaal en 40 in intensiewe sorgeenhede is. 46 421 Of te wel 95% van gevalle […]

Read More

SABC ontken hulle kan nie personeel se salarisse betaal nie - May 2, 2021

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het bewerings ontken dat hy nie in staat is om die salarisse van sy werknemers te betaal nie. Dit volg na verskeie mediaberigte wat beweer dat personeel nie hulle salarisse vir April ontvang het nie. Die buurland se openbare uitsaaier sê hy het ‘n omvatttende en gevestigde kontantbestuursproses wat ooreenstem met die […]

Read More

‘n Dag van rou in Israel - May 2, 2021

Israel het ‘n dag van nasionale rou afgekondig ná die stormloop Vrydag waarin minstens 45 mense by ‘n ultra-ortodokse Joodse fees dood is. Die feestelike byeenkoms in noord-Israel is in een van die land se ergste tragedies omskep met vier mense wat steeds in ‘n bedenklike toestand is en talle meer wat hospitaalbehandeling ontvang. Sowat […]

Read More

Reaksie op Zimbabwe se Landbou Finansieringskorporasie - May 2, 2021

Reaksie word ontvang op berigte dat die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa die nuwe Landbou Finansieringskorporasie in die buurland van stapel gestuur het. Die instansie sal landbou deur finansiering bystaan met lenings vir verskeie dienste in die bedryf, wat soos ‘n Landbank sal dien. Die buurland se Ekonoom Eddie Cross sê dit is ‘n goeie besluit.

Read More