Dr Geingob loof werkers se rol in vryheidstryd - May 1, 2021
President Hage Geingob het die rol en eenheid van werkers tydens die vryheidstryd geloof. Die president het in ‘n twitter boodskap daarop gewys dat Werkersdag vandag in Namibië gevier kan word met die wete dat werkers ‘n groot bydrae in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land gespeel het en vir hulle rol in die vryheidstryd. […]
Mpumalanga-landbou verlig dat vyf verdagtes borg kry - May 1, 2021
Mpumalanga-landbou in Suid-Afrika is volgens berigte verlig dat die Piet Retief-Landdroshof borgtog aan vyf mans toegestaan het wat van moord op twee broers verlede maand op ‘n plaas in Pampoenkraal aangekla word. Die boere-organisasie het versoek dat ‘n omvattende ondersoek gedoen word na die beweerde rusie wat tot die skietdood van Zenzele en Mgnici Coka […]
WGO sal sy bevindings oor Sinopharm en Sinovac binnekort bekendmaak - May 1, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal sy hersienings van die 2 Chinese entstowwe, Sinopharm en Sinovac, sowel as Moderna teen die einde van volgende week bekend maak. Die WGO se Assistent Direkteur-Generaal Mariangela Simao het die aankondiging gedoen. Nog net 3 enstowwe, Johnson en Johnson, AstraZeneca en Pfizer is vir noodgebruik goedgekeur. Indien die Chinese produkte goedgekeur word […]
Kevin Anderson uitgeskakel in Estoril Ope - May 1, 2021
Tennis: Kevin Anderson van Suid-Afrika is in die kwarteindronde van die Estoril Ope in Portugal uitgeskakel. Hy het die eerste stel in ‘n valbylstryd teen die sesde gekeurde Marin Cili van Kroasië verloor, waarna hy die handdoek ingegooi het. Daar was ook slegte nuus vir Suid-Afrika se dubbelspel-speler, Raven Klaasen. Hy en sy Japanse spanmaat, […]
Lekker rugby vandag - May 1, 2021
Die Stormers se span vir vanmiddag se eerste ronde van die Reënboogbeker-reeks teen die Sharks is versterk deur die terugkeer van die 2019-Wêreld Rugbyspeler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit. Hy was vir meer as ‘n jaar uit die spel met ‘n beenbesering en ‘n gebreekte neus. Die onderkaptein van die Stormers, wat onlangs aangewys […]
SAL nie meer onder besigheidsredding - May 1, 2021
Besigheidsredding by die Suid-Afrikaanse Lugdiens het tot ‘n einde gekom. Die lugdiens is nou aan die bestuurders en die direksie terugbesorg. Die sakereddingspraktisyns het ‘n kennisgewing van wesenlike implementering by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom in Suid-Afrika ingedien, wat die proses wat 17 maande gelede begin het, beëindig het.
Swaar verkeer die afgelope 24 uur op van die land se paaie - May 1, 2021
Druk verkeer is die afgelope 24 uur op van die land se hoofroetes ervaar. Veral die roetes na die kus en die noorde het volgens verkeersowerhede swaar verkeer gedra. Baie Namibiërs span die langnaweek by kusoorde uit. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief oor toestande aan die kus vanoggend..
Krieket Suid-Afrika bly in die nuus - May 1, 2021
Krieket: Die Suid-Afrikaanse minister van Sport, Nathi Mthethwa, het aan die buurland se Parlement gesê transformasie in Krieket Suid-Afrika is nie onderhandelbaar nie en dat hulle dit vorentoe net sal moet doen. Hy het vroeër vandag die Artikel 13-kennisgewing van die Nasionale Wet op Sport en Ontspanning teen KSA amptelik teruggetrek. Mthethwa sê die Nicholson-verslag […]
Minister praat oor werkers op direksies van groot maatskappye - May 1, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, sê die buurland se regering is in die proses om ‘n raamwerk daar te stel om te verseker dat werkers op die direksies van groot maatskappye verteenwoordig word. Patel het ‘n inligtingsessie met uitvoerende hoofde en vakbonde oor werknemer-eienaarskapstrukture in die lig van Internasionale Werkersdag wat […]
44 leerders en 14 onderwysers toets positief vir Covid-19 - May 1, 2021
Daar is 44 leerders, 14 onderwysers en 10 gesondheidswerkers onder die 303 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Die Namibiese ministerie van Gesondheid het ook bekendgemaak dat daar 113 gevalle in Windhoek is, Walvisbaai het 26, Swakopmund 23, Oshakati 18, Otjiwarongo en Grootfontein 15 elk en Rehoboth 14. Die res is landwyd versprei. Daar is […]