Major is terug by Joe & Jill - April 30, 2021

President Joe Biden se jonger Duitse Herdershond Major, is terug by die Withuis na 2 weke se intensiewe opleiding, wat tyd met katte ingesluit het. Major het 2 keer gehap na personeel van die Withuis en moes vir verdere gedragsterapie gaan. Major is een van 2 aanneem honde maar hy het gedragsuitdagings. Die Bidens wil […]

Read More

Windhoek rig 4 verkeersligte in Katutura op teen N$1,6m - April 30, 2021

Stad Windhoek het 1,6 miljoen Namibiese doller bekom om verkeersligte by drie kruisings in Katutura op te rig, sowel as die bekende 4-rigting in Havana. Luidens berigte is dit chaos by die Havana kruising, veral in spitsverkeer. Die Burgemeester Job Amupanda, wat die aankondiging gemaak het, sê dat daar in die afgelope 4 jaar geen […]

Read More

Verkeer is swaar, maar geen insidente nie - April 30, 2021

Verkeer na die kus neem toe. Roetes was reeds vroeg vanoggend redelik besig, veral tussen Windhoek en Okahandja en talle Namibiërs reis of noorde toe, of see toe. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief, verloop alles nog goed, al is die volumes besig om op te tel.

Read More

Ramaphosa se jeuginisiatief kom tot ‘n einde - April 30, 2021

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat die Presidensiële Jeug-indiensnemingsinisiatief wat deur die basiese onderwyssektor ingestel is, vandag tot ‘n einde kom. Die program, wat in Desember verlede jaar begin het, was aanvanklik vir ‘n tydperk van vier maande, maar is met een maand verleng tot die einde van hierdie maand. Die departement […]

Read More

Sam Nujoma Stadion-boete is betaal - April 30, 2021

Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos sê die boete van 6 000 Amerikaanse doller wat die vereniging deur die Konfederasie van Afrika-sokker opgelê is, is betaal. Die boete hou verband met die wedstryd tussen die Brave Warriors en Guinee wat by die Sam Nujoma Stadion in die hoofstad gespeel is. Die stadion is […]

Read More

Zim-regering het nie geld vir landbou nie - April 30, 2021

Die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa het vandag die nuwer Landbou Finansieringskorporasie in die buurland van stapel gestuur. Die instansie sal landbou deur finansiering bystaan met lenings vir verskeie dienste in die bedryf. Maar die voormalige president van die kommersiële boere-unie in die buurland Deon Theron sê daar is nie geld nie…

Read More

AA in SA sê brandstofprys kan moontlik daal - April 30, 2021

Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika voorspel ‘n daling in brandstofpryse volgende maand. Die vereniging het in reaksie op die Sentrale Energiefonds se finale ongeouditeerde verslag vandag, gesê hulle verwag dat die prys van petrol met 13 sent per liter sal daal, diesel met 32 sent en lampolie met 23 sent. Die vereniging sê die wisselkoers het […]

Read More

Nuwe ooreenkoms befonds NHE-behuising - April 30, 2021

Die Nasionale Behuisings-onderneming, bekend as die NHE, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met Shelter Afrique, ‘n finansiering instansie wat die ontwikkeling van bekostigbare behuising in Afrika ondersteun. Gisbertus Mukulu, die NHE se Hoof Uitvoerende Beampte, sê die tekort aan beskikbare grond veroorsaak ‘n styging in die prys daarvan wat behuising onbekostigbaar maak. Shelter Afrique […]

Read More

Walvisbaai oorweeg nog verwydering van walviskarkas - April 30, 2021

Die Munsipaliteit van Walvisbaai oorweeg tans maniere waarop die karkas van die blouwalvis van 18-meter vernietig of verwyder kan word. Toeroperateurs op die kusdorp het dit opgemerk waar dit aan die kus dryf waarna dit uitgespoel het. Wetenskaplikes van die Namibiese dolfynprojek sê die dier van 16-ton is dood nadat dit deur ‘n boot getref […]

Read More

Een Indiër sterf elke 4 minute in Delhi - April 30, 2021

Die verwoestende tweede vlaag van die Covid-19-pandemie in Indië eis glo elke 4 minute ‘n lewe in die hoofstad Delhi. Die land se totale aantal gevalle het gister 18-miljoen verbygesteek nadat byna 387 000 nuwe gevalle aangemeld is. Liggame stapel op en werkers sukkel om by te hou met verassings. Houtvoorrade vir die begrafnis-stapels is […]

Read More