Geen toegang tot finasiering nie? Geen huis nie. - April 30, 2021
Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni het sy kommer uitgespreek oor die beperkte toegang tot finansiering vir Namibiërs wat eiendom wil bekom. Volgens Uutoni, het verskeie studies reeds getoon dat ‘n baie groot persentasie Namibiërs nie toegang tot die algemene fasiliteite vir huislenings het nie. Hy sê kredietfasiliteite is steeds vir die landsburgers […]
Skuilings vir Kaapse-vlugtelinge is nog nie verwyder nie - April 30, 2021
‘n Woordvoerder van die Vroue- en Kindersentrum by die tydelike skuiling vir vlugtelinge en asielsoekers in Kensington, Kaapstad, sê geen geriewe soos toilette of tente is vandag verwyder nie. ‘n Vlugteling by Paint City in Bellville, Hafiz Mohammed, het bevestig die geriewe is nog beskikbaar. Die Departement van Binnelandse Sake het twee weke terug gesê […]
Angula sê inligting is ook uitgelek by weermag to hy minister was - April 30, 2021
Die voormalige Minister van Verdediging Nahas Angula sê die Uitvoerende Direkteur in die ministerie Wilhelmine Shivute se kommer oor die uitlek van geklassifiseerde inligting is geregverdig. Hy sê dit het in sy tyd by die ministerie ook voorgekom. Hy verduidelik.
Air Namibia se likwidasie vorder - April 30, 2021
Een van die likwidateurs van Air Namibia, Dave Bruni sê die oorblywende vliegtuie sal binnekort oorgegee word en volgende week is daar ‘n vergadering met die redery se krediteur. Bruni sê die proses verloop op die oomblik goed.
NBC is bodemlose pit - April 30, 2021
Die sake van die NBC is steeds in die nuus. Die personeel staak vir ‘n verhoging en is tans vir die derde dag in onderhandelings met die bestuur. Die Tesourier van die PDM-party Nico Smit sê die uitsaaier is ‘n bodemlose pit en onnodig.
Mosiehof: N$12m in reël 108 aansoeke - April 30, 2021
Daar was vanoggend 111 aansoeke om verstekvonnisse en reël 108 beslissings voor Regters Thomas Masuku en Kobus Miller in die Mosiehof in die hoofstad. Kommersiële banke het 43 van die aansoeke gebring. Daar is 19 lenings op eiendomme wat teruggeëis is ter waarde van net minder as 16 miljoen Namibiese doller. Die eerste aansoek vir […]
Kleinboere in Noordwes kry bystand - April 30, 2021
Die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in Noordwes in Suid-Afrika, Desbo Mohono, sê kleinboere in die provinsie is geregistreer vir die program vir die bemagtiging en bevordering van kleinboere. Mohono het dit hierdie week bekend gemaak en sê die program is daarop gemik om kleinboerprodusente te help om hul inkomste te verhoog deur hul […]
Eskom sê hy sal ‘versigtig’ onderhandel - April 30, 2021
Eskom sê hy gaan Dinsdag na die Sentrale Bedingingsforum om salarisse te bespreek met die betrokke vakbonde NUM, Solidariteit en Numsa. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê dit is daarop gemik om die werksvoorwaardes en vergoeding van almal buiten bestuursposisies vas te stel. Hy sê die kragvoorsiener gaan die onderhandelings in goeie trou benader:
Katutura ongevalle word opgeknap - April 30, 2021
Die Motor Voertuig Ongelukkefonds sal, in samewerking met Standard Bank, die ongevalle-eenheid van die Katutura Hospitaal opknap. Die projek, 9682, is daarop gemik om kwaliteit gesondheidsorg aan Namibiërs te bied. Die ongevalle-eenheid in Katutura is die besigste een in die land. Surihe Gaomas-Guchu, die Hoofbeampte vir Korporatiewe Beampte van die ongelukkefonds…
Nuwe ekonomiese inisiatief vir Whk - April 30, 2021
Stad Windhoek het die Windhoek Ekonomiese Herstel Inisiatief goedgekeur. Die Stad sal binnekort aansoekers vra om besigheidsvoorstelle in te dien, veral voorstelle wat werkskepping ondersteun. Die Burgemeester Job Amupanda sê omkopery en korrupsie in die verband is nou iets van die verlede en alle voorstelle sal gelyk geëvalueer word. Die Stad sal volgende week ‘n […]