Vlugtelinge van Palma wek kommer – VN - April 30, 2021
Internasionale nuusgentskappe berig dat ongeveer 30 000 mense tot dusver uit Palma in die noorde van Mosambiek gevlug na die aanvalle op 24 Maart. Islamitiese terroriste het die drop aangeval en meer as 40 mense is dood. Die VN se vlugteling agentskap sê daar is groot uitdagings met bystand en het sy kommer uitgespreek oor […]
Netbal: Kaapse kampioenskap skop af - April 30, 2021
Die Wes-Kaapse regering bied vanaf vandag tot Sondag die provinsiale kampioenskap in Langebaan en Saldanhabaai aan. Die woordvoerder van die Departement van Kultuursake en Sport, Stacey McClean, sê alle Covid-19 protokolle sal nagekom word. Sy sê hulle is bly dat hulle in staat is om die byeenkoms te kan aanbied:
Ramaphosa hou nie van my nie, en ek hou nie van hom nie – Vavi - April 30, 2021
Die Hoofsekretaris van die vakbondfederasie Saftu, Zwelinzima Vavi, het die ANC-president, Cyril Ramaphosa, van skynheiligheid beskuldig. Hy het na aanleiding van die president se getuienis voor die staatskapingskommissie gesê Ramaphosa het stilgebly en gekyk hoe die land ondergaan. Vavi sê Ramaphosa het destyds ‘n rol gehad om te speel as adjunk-president van die land, en […]
Noorde boere moet steeds waak teen siektes – Endjala - April 30, 2021
Die Goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala het boere in sy streek herinner daaraan dat terwyl bek- en klouseer nou onder beheer is maar, dat daar steeds voorsorg getref moet word. Ander siektes kan ook voorkom en boere, terwyl hulle bedrywighede kan hervat, moet steeds versigtig wees.
Internasionale koalisie moet navorsing doen vir entstof vir nuwe siektes - April 30, 2021
Brittanje sal in 2022 ‘n beraad hou om fondse in te samel vir navorsing vir die ontwekkeling van entstowwe. Die Britse regering sê ‘n internasionale koalisie moet die navorsing en ontwikkeling van entstowwe vir toekomstige siektes dryf. Die Eerste Minister Boris Johnson het vroeër ook aangekondig dat navorsing in Brittanje moet begin om medikasie teen […]
Tekort veroorsaak deur huise wat te duur is vir die mark - April 30, 2021
Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê die oplossing vir die behuisingstekort in die land is dat ontwikkelaars huise bou wat die eindverbruiker kan bekostig. Hy sê plaaslike owerhede verkoop grond aan ontwikkelaars wat huise bou wat net die minderheid kan bekostig. Daar is tans ‘n wanverhouding tussen die tipe en koste van […]
Vrese dryf beleggings - April 30, 2021
Die vrees om geld te verloor motiveer die meeste beleggers om hulle spaargeld en beleggings-reserwes te gebruik wanneer hulle met bykomende finansiële druk te kampe het. Dit is een van die sleutel-bevindings van ‘n onlangse ondersoek wat Momentum-beleggings oor Suid-Afrikaanse beleggersgedrag gedoen het. Dit is deel van ‘n reeks ondersoek en navorsing na die uitwerking […]
Maak die plase winsgewend - April 30, 2021
Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein sê die bydrae wat landbou aan die Namibiese ekonomie maak het oor die laaste dekade gedaal van 4,6 persent tot 3,6 persent in 2019. Die sektor is die grootste verskaffer van werk, wat ook afneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher lê die oplossing dat plase […]
Man U het ‘n kans… - April 30, 2021
Manchester United staan uiteindelik ‘n kans om in die eindstryd van die Europese Liga te speel nadat hy die lustelose Italiaanse span Roma gisteraand in die eerste halfeindronde-skof met 6-2 geklop het op Old Trafford in Manchester. Die tuisspan het in altwee die vorige seisoene in die voorlaaste ronde uitgeval. Bruno Fernandes en Edinson Cavani […]
Man U het ‘n kans… - April 30, 2021
Manchester United staan uiteindelik ‘n kans om in die eindstryd van die Europese Liga te speel nadat hy die lustelose Italiaanse span Roma gisteraand in die eerste halfeindronde-skof met 6-2 geklop het op Old Trafford in Manchester. Die tuisspan het in altwee die vorige seisoene in die voorlaaste ronde uitgeval. Bruno Fernandes en Edinson Cavani […]