Dit sneeu!!! - April 30, 2021

Die eerste sneeu van die seisoen het in Lesotho geval en berigte lui dat tot 10 sentimeter reeds ontvang is. Baie koue weer word vir die volgende paar dae in die gebied verwag maar Robyn Moon, die Bemarkings Bestuurder van AfriSki in Lesotho sê dit is lieflik…

Read More

Skole en Covid: ministerie werk aan beter bywoning - April 30, 2021

Terwyl klasbywoning hervat het, is dit by talle skole op ‘n roterende basis. Verder woed Covid-19 onder leerders en daarom word baie lesings misgeloop. Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê die kwessies word aangespreek met ‘n nuwe aanslag wat in die tweede trimester aangepak sal word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Universiteit Kaapstad werk saam met versekeraars - April 30, 2021

Die Universiteit van Kaapstad sê hy gee sy samewerking aan sy versekeraars, wie se ondersoek na die brand wat by die Rhodes-gedenkteken ontstaan het, nog in ‘n vroeë stadium is. Die universiteit sê hy is ook besig met ‘n volledige gesondheids- en veiligheids-oudit by die instelling. Die bestuur het intussen ‘n herstelplan van vier fases […]

Read More

Bonusse by NBC is ‘malligheid’ - April 30, 2021

Die leier van die All People’s Party Ignatius Shixwameni sê net malligheid kan verduidelik hoe die bestuur van die NBC bonusse van 5 miljoen Namibiese doller ontvang het terwyl die korporasie se finansies so duister is. Hy het die aanmerking gemaak tydens ‘n vergadering van die ‘n staande komitee en die Minister van Inligting Peya […]

Read More

Sondag-verkope is belangrik – alkohol industrie - April 30, 2021

Die Namibiese Minister van Gesondheid het geen aanpassings gemaak in die maatreëls ingevolge die verkope van alkohol met sy aankondiging Donderdagmiddag. Horst Heimstädt, die Koördineerder van die Self-Regulerende Alkohol Industrie Forum het sy reaksie so verwoord…

Read More

Sonkrag skep baie werk - April 30, 2021

Reaksie word ontvang op ‘n verslag wat toon dat sonkrag tussen 11 000 en 13 000 vaste werksgeleenthede teen 2030 in dié bedryf in Suid-Afrika geskep kan word. Dr Chris Brown, van die Namibiese Kamer van Omgewingsake het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Gemor oor niks – Boris oor sy woonstel - April 30, 2021

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê hy skenk al sy aandag aan dinge wat werklik van belang is, soos om meer mense teen Covid-19 te laat inent. Dit volg te midde van toenemende druk op hom om bekend te maak wie oorspronklik vir die opknappingswerk aan sy woonstel in Downingstraat betaal het. Britse media […]

Read More

Shikongo gesels met boere in Karibib - April 30, 2021

Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die hoof van operasies by die Namibiese polisie, lê môre besoek af op Karibib om met die boere gemeenskap te gesels oor uitdagings veral in verband met veediefstal. Die vergadering is in die dorpsaal en begin om 10-uur. Shikongo het pas ‘n vergadering met boere in die Windhoek-Omitara-Gobabis gebied gehou om oor […]

Read More

BoN sê oor huishoudings - April 30, 2021

Die Bank van Namibië sê kredietverlening aan huishoudings het in 2020 met 5,4 persent verminder teenoor die skuld wat in 2019 aangegaan is. Een van die redes wat hiervoor aangevoer word is die inkrimping van besteebare inkomste. Luidens die bank het dit verlede jaar met 1,7 persent gedaal teenoor groei van 1,1 persent wat in […]

Read More

Rolbal kampioenskap die naweek - April 30, 2021

Die Nasionale Rolbal Kampioenskap begin die naweek in die hoofstad. Die Nasionale Rolbalvereniging se Woordvoerder Huipie van Wyk het die besonderhede.

Read More