Media word geboelie – Rekateursforum - April 29, 2021
Die Namibiese Redakteursforum het skerp gereageer op die verklaring wat Woensdagmiddag deur die Presidensie uitgereik is. Die forum sê dit is betreurenswaardig dat President Hage Geingob, wat die reg het om te reageer op enige berig, nie vryheid van spraak, wat hy toepas, aan die pers gun nie. Die Voorsitter van die Forum, Frank Steffen […]
87% sê hulle is bang hulle kan nie lenings betaal nie - April 29, 2021
Nes in Namibië is huishouding in Suid-Afrika onder erge druk. Die jongste navorsing deur TransUnion se Verbruikersverslag toon dat 87 persent van verbruikers steeds bekommerd is dat hulle nie rekeninge of lenings kan terugbetaal nie. Slegs 3 persent van huishoudings het aangedui dat hulle finansies ten volle van die pandemie se negatiewe uitwerking herstel het. […]
Groot geleentheid vir Namibiese boere - April 29, 2021
Die stygende pryse van vleis as gevolg van ‘n toename in vraag hou groot voordele in vir Namibiese boere. Dr Johnny van der Merwe ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent aan die Noordwes Universiteit het die jongste pryse en neigings in die buurland …
Weermag: ‘Ons kan nie ons geheime bewaar nie’ - April 29, 2021
Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Verdediging Wilhelmine Shivute, sê geklassifiseerde inligting word gereeld in die openbaar bekend gemaak en dat dit ‘n baie groot uitdaging vir die ministerie is. Sy het die Staande Komitee vir Buitelandse Sake, Verdediging en Sekuriteit toegespreek. Daar is volgens berigte kommer dat die inligting die veiligheid van […]
Afrika het een entstof-vervaardigings aanleg, net een - April 29, 2021
Die Suid Afrikaanse Minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê dis hoog tyd dat Afrika-lande meer geld begin belê om hul eie entstof-vervaardigings aanlegte op die been te bring. Mkhize het die week aan ‘n Unesco-inligtingsessie deelgeneem. Hy sê dat alhoewel inisiatiewe soos die WGO-geleide Covax-fasiliteit beloof om Afrika-lande met Covid-19 entstowwe te help, dit nie […]
N$1m vir entstowwe - April 29, 2021
Old Mutual Namibia het vandag ‘n skenking van 1 miljoen Namibiese doller geskenk vir die aankoop van entstowwe. Die donasie is vandag gemaak en volgens Mauriza Fredericks, die Bestuurder van Kommunikasie by Old Mutual, ondersteun die maatskappy die regering se inentingsveldtog ten volle.
N$2m vir straatkinders - April 29, 2021
Die Ministerie van Geslagsgelykheid in die Presidensie het 2 miljoen Namibiese doller begroot om kinders op die straat na ‘n regeringsplaas Kaukurus te verskuif. Die minister, Doreen Sioka het die aankondiging gemaak. Sy sê saam met beplanning en logistieke ondersteuning sal die kinders versorg en beskerm word. Die kwessie van straatkinders, veral in die hoofstad, […]
Ekonomiese herstel gaan nog lank vat - April 29, 2021
Plaaslike ekonome meen dat ingrypings deur die regering nodig is om werklike groei te bewerkstellig. Daar sal die jaar min verligting vir verbruikers en langtermyn herstel het ook sy eie uitdagings. Cons Karamata van die Namibiese Ekonomiese-vereniging het dit so opgesom.
Begroting is te staties – Swartbooi - April 29, 2021
Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi het vanmiddag sy party se hersiening van die begroting gedoen. In sy mening is die begroting staties en reageer die dokument en sy bepalings nie op die verskeie uitdagings in verskeie gebiede van die land nie…
Maatreëls vir begrafnisse aangepas - April 29, 2021
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het klein aanpassings aan maatreëls in verband met begrafnisse gemaak toe hy vanmiddag die aankondiging oor die regering se reaksie op pandemie vir die volgende maand bekend gemaak het. Hy het verder gesê geen persoon kan inenting geweier word as hy nie nasionale dokumente het nie. Hy […]