Alkohol: verkoop so dat mense steeds tuis kan wees om 22:00 - April 29, 2021

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het vanmiddag meer duidelikheid gegee oor die verkoop van alkohol met die aandklokreël wat om 10-uur saans inskop.

Read More

Maatreëls effe aangepas - April 29, 2021

Die Namibiese Minister van Gesondheid het die jongste maatreëls in verband met die pandemie aangekondig. Hy het gesê as ‘n maatreël nie bespreek word nie is dit onveranderd dus is die reëls in verband met die verkoop van alkohol onveranderd. Die maatreëls tree môre in werking en verval 31 Mei. Shangula…

Read More

VSA: staaltekorte vertraag trekkervervaardiging - April 29, 2021

Die Amerikaanse boerdery-korporasie AGCO sê fabrieke kan nie voorbly nie omdat boere sukkel om die nodige trekkers aan te skaf weens ‘n tekort aan staal, plastiek, mikroskyfies en bande. Dit het veroorsaak dat baie boere teleurgesteld is alhoewel hulle kontantvloei verbeter het na hoër graanpryse. Hul probeer om betyds nuwe masjinerie aan te skaf vir […]

Read More

Nuwe debietordestelsel tree in werking in SA - April 29, 2021

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se gewaarborgde invorderingstelsel, AC/DebiCheck, tree Saterdag in werking. Die sperdatum is weens die inperking met ‘n jaar uitgestel. ‘n Woordvoerder sê AC/DebiCheck vereis dat klante instem tot nuwe debietorders voordat dit kan deurgaan om sodoende misbruik van die stelsel te beëindig. Met die nuwe betaalstelsel sal verbruikers magtiging aan hul bank gee […]

Read More

F1: teleurstelling oor kansellasie in Kanada - April 29, 2021

Williams se Formule Een-renjaer, Nicholas Latifi, het sy teleurstelling uitgespreek nadat die Kanadese Grand Prix vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die koronavirus-pandemie gekanselleer is. F1 sê weens die voortdurende internasionale reisbeperkings wat in Kanada van krag is, is dit onmoontlik om die land binne te gaan sonder ‘n verpligte kwarantyntydperk van 14 dae. Die […]

Read More

Kerkleier sê polisie hits geweld aan - April 29, 2021

‘n Kerk in Johannesburg het ‘n beroep op die polisie en metropolisie gedoen om hulle lede te ondersoek wat na bewering geweld teen sy gemeente aanhits. Hy beweer dat talle gemeentelede oor die jare as gevolg hiervan dood is. Die leier van die International Pentecost Holiness Church se Jerusalem-faksie, biskop Michael Sandlana, en drie ander […]

Read More

Jammerte dat NBC werkers staak - April 29, 2021

Die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma sê mense moet leer om met minder geld klaar te kom. Hy het in Oshakati by ‘n vergadering met belanghebbendes gepraat en gesê regoor die wêreld is daar tans ekonomiese uitdagings en bygevoeg dat dit ‘n jammerte is dat werknemers by die NBC staak vir meer geld. Nujoma […]

Read More

Guptas het onder hulle deurgeglip - April 29, 2021

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, het aan die staatskapingskommissie gesê die Parlement het nie oorsig-ondersoeke gedoen nadat berigte oor die Guptas uitgelek het nie. Ramaphosa verskyn vandag voor die kommissie in Johannesburg in sy hoedanigheid as leier van die regerende party. Hy sê die ANC het geweet die bewerings moet ondersoek word, maar het op daardie […]

Read More

Rehoboth sal sandmyngebied afbaken - April 29, 2021

Sandmyne is reg oor die land ‘n uitdaging vir plaaslike owerhede en Rehoboth is nie ‘n uitsondering nie. Drie kinders het in Februarie verdrink in die gebied waar sand gemyn word op die dorp en gate vol water gereën het. Die Burgemeester, Rudi van Wyk het by die raadvergadering vanoggend gesê toegang tot die gebied […]

Read More

Roemenië meld Indiese variant aan - April 29, 2021

Roemenië het sy eerste geval van die Indiese variant van Covid bevestig. Gesondheidsowerhede sê die pasiënt 26 en het ongeveer ‘n maand gelede in die land aangekom. Daar is kommer omdat die land ook ‘n uitbreking van gevalle in ‘n groep konstruksie werkers monitor. Die groep is afkomstig van Indië. Die Indiese variant wek kommer […]

Read More