Jongste oor Covid in die land - April 28, 2021
Daar is 86 leerders waarvan 74 van Okakarara Senior Sekondêre Skool is, 17 onderwysers, 6 gesondheidswerkers en 3 gevangenes onder die 166 nuwe Covid-gevalle wat vandag bevestig is. Otjozondjupa het 74 gevalle, Khomas 43, Omaheke 15, Karas12 en Oshana 11. Die res is landwyd versprei. ‘n Totaal van 169 pasiënte het herstel met aktiewe gevalle […]
Presidensie vaar uit teen die media - April 28, 2021
Die Namibiese Presidensie het ‘n sterk bewoorde persverklaring uitgereik en gesê die media in die land is bevooroordeeld en sensor feite. Hy het gereageer op berigte in dagblaaie oor sy besoek aan die noordooste van die land. Yanna Smith het meer.
Vergadering met ministerie het goed afgeloop – NBC personeel - April 28, 2021
Die werknemers van die NBC sê die vergadering wat met die Minister van Inligting Peya Mushelenga vandag gehou is, was baie suksesvol. Die groep is tans besig om te vergader met die bestuur van die korporasie. Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die korporasie en skakel tussen die vakband Napwu en die NBC se werknemers…
Ouer geboue moet opgeknap word – Mutorwa - April 28, 2021
Die Namibiese Minister van Werke en Vervoer John Mutorwa sê dit is hoogtyd dat die regering genoeg fondse bewillig vir die onderhoud en opknapping van staatsbates. Volgens Mutorwa is daar talle geboue wat die regering ge-erf het wat reeds vervalle was maar intussen word nuwe infrastruktuur opgerig en die ou geboue verval verder. Dit is […]
Jagseisoen aangekondig - April 28, 2021
Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die 2021 jagseisoen aangekondig. Wild mag vanaf 1 Mei tot 31 Augustus op kommersiële plase met wild omheining gejag word en vanaf 1 Junie tot 31 Julie op plase met standaard vee-heinings. Grond moet groter as 1 000 hektaar wees. Daar is beperkings op die hoeveelheid diere wat geskiet […]
Brandstofprys geen verrassing nie – ekonoom - April 28, 2021
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Namibiese Ministerie van Myne en Energie dat die brandstofprys onveranderd gelaat is vir Mei. Robert McGregor van Cirrus het dit vroeër so voorspel en sê dit behoort inflasie effe te stabiliseer.
Myners by Chinese maatskappy staak vir meer geld - April 28, 2021
Werknemers by die Chinese Best Cheer Investments-maatskappy staak. Die Namibiese Mynwerkersvakbond eis ‘n 55-persent verhoging en ‘n beter werksomgewing. Volgens die vakbond se Koördineerder vir die Erongo-streek George Ampweya is alle wettige prosesse gevolg. Hy het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Boris se woonstel-opknappings word ondersoek - April 28, 2021
Die Britse Eerste Minister Boris Johnson staar ‘n amptelike ondersoek in die gesig oor die befondsing van opknappingswerk by sy woning in Downing-straat. Die Verenigde Koninkryk se verkiesingskommissie het ‘n verklaring uitgereik en sê daar is goeie rede om ‘n oortreding of oortredings te vermoed. Dit sê die ondersoek sal bepaal of enige transaksies wat […]
Brandstofprys onveranderd vir Mei - April 28, 2021
Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het die brandstofprys onveranderd gelaat vir Mei. Luidens die verklaring het ru-oliepryse gestabiliseer oor die afgelope 5 maande met verlaagde vraag in veral Indië en Japan, twee van die wêreld se top ru-olie invoerders. Die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese doller het ook sterk teen die Amerikaanse geldeenheid vertoon. […]
ANC-prosesse beskerm vryheid meen Ramaphosa - April 28, 2021
President Cyril Ramaphosa het die ANC se ontplooiingsprosesse verdedig. Hy sê dis opgestel om die vryheidsbeweging se doelwitte te bereik in die strewe na ‘n nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika. Ramaphosa getuig voor die staatskapingskommissie in sy hoedanigheid as die ANC se president. Hy sê die party se ontplooiingskomitee het streng riglyne wat gemik is op […]