Inentings laat terugkeer na ou-normaal toe - April 28, 2021
Die inentingsveldtog vorder stadig maar baie goed in die land. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe sê daar was ook tot dusver geen ernstige newe-effekte wat aangeteken is nie. Dit is in sy mening die enigste roete tot ‘n terugkeer na die ou-normaal.
Cyril getuig vandag by Zondo-hulle - April 28, 2021
President Cyril Ramaphosa getuig vandag voor die staatskapingskommissie in sy hoedanigheid as president van die ANC en voormalige adjunkpresident gedurende die Jacob Zuma-era. Die voormalige Uitvoerende Hoof van Eskom, Brian Molefe, was een van die mense wat Ramaphosa betrek het tydens sy getuienis voor die kommissie. Hy het die president daarvan beskuldig dat hy sy […]
Venaani kritiseer uitdeel van regte aan rykes - April 28, 2021
Die leier van die amptelike opposisie die PDM-party, McHenry Venaani het kritiek uitgespreek oor wat hy beskryf as die uitdeel van minerale- en visvangregte aan sekere lede van die politieke elite. Sy aanmerkings kom na Anna Shiweda, die Adjunkminister van Landbou gesê het mense moet nie diskrimineer teen persone wat voldoen aan sekere regte in […]
China skryf wetgewing om die mors van kors stop te sit - April 27, 2021
Chinese wetgewers bespreek ‘n wetsontwerp van die vermorsing van voedsel verbied. Van die bepalings van die wet sluit in dat spyseniers boetes hef op kliënte wat kos mors of, oormatige hoeveelhede kos bestel. Daar word ook gekyk na die grootte van porsies by restaurante met riglyne om kleiner porsies aan te bied. President Xi Jinping […]
Unesco staan persvryheid herdenking by - April 27, 2021
Namibië herdenk Wêreld Persvryheid-dag en die Windhoek Deklarasie tussen 29 April en 3 Mei. Dit is ‘n belangrike mylpaal vir die land omdat dit die 30ste herdenking is van die deklarasie, wat persvryheid op die vasteland vervat. Verskeie borge het aan boord gekom met Unesco wat die beeldsending moontlik maak. Unesco se verteenwordiger in Namibië […]
Ekonomiese vryheid is belangrikste – Malema - April 27, 2021
Vryheidsdag is vandag in Suid-Afrika herdenk en Julius Malema van die EFF het ondersteuners in Nelson Mandelabaai toegespreek. Malema sê daar is geen vryheid sonder ekonomiese vryheid nie en het ondersteuners van sy party daaraan herinner om aan te hou om druk te plaas vir beter lewenstandaarde…
Te min geld vir howe, dienslewering – Dausab - April 27, 2021
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab sê daar is nie genoeg geld om howe en ander fasiliteite op te knap en in stand te hou nie. Haar begroting vir die afdeling is 17,2 miljoen Namibiese doller. Sy het bygevoeg dat daar geen geld is om verdere personeel, wat broodnodig is, aan te stel nie […]
Tucna ondersteun Swartbooi, Seibeb - April 27, 2021
Die Sekretaris-Generaal van die Vakbond Kongres van Namibië Mahongora Kavihuha, sê die gedrag van die leiers van die Grondlose Mense Beweging, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is nodig om korrupsie bloot te lê. Swartbooi en Seibeb is tans gewikkel in ‘n hofgeding om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry. Mahongora sê die LPM […]
‘SSC’ vorder skuld in - April 27, 2021
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het skuldinvorderaars aangestel en ‘n kontrak is vir 2 jaar onderteken. Redforce Debt Management sal uitstaande betalings vir kraamverlof, siekverlof, doodsvoordele en meer invorder. Die Senior Bestuurder vir Kommunikasie en Bemarking by die fonds Unomengi Kauapirura…
So lyk Covid-gevalle vandag - April 27, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 70 nuwe gevalle van Covid-19 uit 622 toetsuitslae bevestig. Windhoek het 36 met Hardap op 14, Karas met 8, Otjozondjupa met 5 en 4 gevalle in Erongo. Daar is 6 onderwysers, 4 leerders en 6 gevangenes van Lüderitz in die groep. ‘n Totaal van 98 pasiënte het herstel en […]