Mujica, wêreld se armste president, sterf - May 14, 2025
Die voormalige Uruguayaanse president José Mujica, bekend as “Pepe”, is op die ouderdom van 89 oorlede. Die oud-guerillavegter wat Uruguay van 2010 tot 2015 regeer het, was bekend as die wêreld se “armste president” vanweë sy beskeie leefstyl. Hy het geweier om in die presidensiële paleis te woon of die personeel te gebruik tydens sy […]
Löwenrivier se bewaring kry aandag - May 14, 2025
Die bekende slangkenner en -bewaarder, Francois Theart, het ‘n nuwe projek bekendgestel. Die Löwen River Rewilding-projek is ‘n privaat nie-winsgewende inisiatief wat die omgewing in die gebied wil herstel met ‘n fokus op grondgehalte, plantegroei en wildlewe. Die Löwenrivier vloei na die Nautedam in die Karas-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Theart, bewaringsbestuurder van die […]
Beleid oor mynwese in bewareas en meer, word hersien - May 14, 2025
Die omgewingsministerie hou die week, sowel as in Junie, openbare konsultasies regoor die land oor die nasionale beleid oor eksplorasie en mynwese in beskermde gebiede met hoë-waarde spesies, sowel as sensitiewe omgewings. Die ministerie is tans in die proses om die beleid, wat verlede jaar daargestel is en duur tot 2035, te hersien. Die kwessie […]
TransNamib reageer op kansellasie van N$2,5 miljard tender - May 14, 2025
TransNamib het reageer op die aankondiging dat die 2,5 miljard Namibiese dollar tender vir 23 Wabtec-General Electric lokomotiewe gekanselleer is, omdat dit ’n direkte verkryging van ’n enkele vervaardiger was. Dit kom nadat hulle in Februarie ‘n verklaring uitgereik het dat hulle vir 50 jaar Wabtec lokomotiewe gebruik en dat hulle steeds werk. Die lokomotiewe […]
Coetzee pleit skuldig op bedrog, sê sy sukkel met dobbelverslawing - May 14, 2025
Maria Johanna Coetzee, wat na bewering in 2018 bedrog van net minder as 2,8 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Internasionale Skool gepleeg het, het haar verslawing aan aanlyndobbelary daarvoor blameer. Sy het in die hof aan regter Makapa Simasiku gesê sy het verskeie gediagnoseerde geestesversteurings. Sy het skuldig gepleit op agt klagtes van bedrog […]
Senter verkoop vir N$1 miljoen - May 14, 2025
Die Namibia Stud Game Breeders-veiling wat oor die naweek by die Nedbank Sky Garden in Windhoek plaasgevind het, was ‘n dawerende sukses. ‘n Groot verskeidenheid wild is aangebied wat soos soetkoek verkoop het. Een ding is seker, wildplase maak geld. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paul Klein van Agra Auctions, wat ‘n hoogtepunt uitlig.
Beampte verskyn op moord na skietery van vragmotorbestuurder - May 14, 2025
Die 43-jarige polisie-sersant Dimbulukeveni Namhila het in die Ohangwena landdroshof verskyn vir die beweerde moord op ‘n vragmotorbestuurder, Shilongo Eliud Hamukwaya, 38. Namhila het na bewering die oorledene Sondagaand by die Onhuno-kontrolepunt doodgeskiet na ‘n argument. Hamukwaya het volgens die polisieverslag met ‘n vragmotor op ‘n vroulike polisiebeampte afgepeil en Namhila het ‘n skoot afgevuur, […]
R30m toegeken vir vuurwapenregister, hoekom is daar vertragings? - May 14, 2025
AfriForum het die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gevra oor die hernude vertragings met die Sentrale Vuurwapenregister. Jacques Broodryk van die burgerregte-organisasie sê hulle eis deursigtigheid oor die 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is om die register se stelsel te verbeter:
Saoedi-VSA verhouding verdiep, brei verder uit - May 14, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA het nie ‘n sterker vennoot as Saoedi-Arabië nie, tydens sy eerste groot buitelandse reis van vier dae na Golf-state wat hoofsaaklik gefokus is op belegging. Die twee lande het ‘n 142 miljard Amerikaanse dollar wapenooreenkoms aangekondig, sowel as ‘n reeks ander beleggings wat volgens die kroonprins van Saoedi-Arabië, […]
Mali ontbind politieke partye - May 14, 2025
Mali se militêre regering het aangekondig dat hy alle politieke partye ontbind het, na die goedkeuring van ‘n aanbeveling wat verlede maand gepubliseer is en wat ongekende betogings in die hoofstad, Bamako, ontketen het. ‘n Verklaring wat op staatstelevisie gelees is, sê dat die besluit deur die militêre leier Assimi Goita bekragtig is. ‘n Nasionale […]