Nanso verwelkom begroting vir jeugfonds - May 13, 2025
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die 27ste begrotingstem van die jeugministerie verwelkom. Die stem ontvang net minder as 1,3 miljard Namibiese dollar wat ‘n jeugfonds sal skep vir entrepreneuskap. Jessy Abrahams van Nanso het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Referendumparty na VSA, praat oor Kaapse onafhanklikheid - May 13, 2025
Die leier van die Referendumparty, Phil Craig, sê hulle is tans in Washington in Amerika om bewusmaking te skep oor die kwessies waarmee Suid-Afrikaners te kampe het, en om Kaapse onafhanklikheid as deel van die oplossing te bevorder. Craig sê hulle het vasgestel die ANC is ‘n organisasie wat tans deur talle gekritiseer word, dat […]
Saoedi-Arabië rol rooitapyt uit vir Trump - May 13, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vandag in Saoedi-Arabië ’n koninklike verwelkoming gekry aan die begin van ’n toer deur die Golf-lande. Dit is die eerste staatsbesoek van sy tweede termyn. Die fokus sal hoofsaaklik op handelsooreenkomste val. Vegvliegtuie het Air Force One begelei voordat lang erewagte hom by die lughawe ingewag het, en by […]
Nuwe reëls gee Japannese rugbyspelers meer tyd op veld - May 13, 2025
Rugby: Japan het strenger reëls aangekondig om plaaslike Japannese spelers meer tyd op die veld te gee. Meer as helfte van die spelers wat verlede seisoen in die eindstryd van die land se hoogste rugbyafdeling, die Japan Rugby League One-kampioenskap die wedstryd begin het, is oorsee gebore. Vanaf die 2026/27-seisoen sal Rugby League One-klubs minstens […]
Landbouministerie opdateer knopvelsiekte-reëls vir Okakarara - May 13, 2025
Die landbouministerie het ‘n opdatering uitgereik oor die knopvelsiekte-uitbreking in die Okakarara veeartsenykundige distrik. Diere kan nou na veilings vervoer word, mits hulle ingeënt is. Die ministerie se woordvoerder, Simon Nghipandulwa, het die besonderhede.
Nampo-fees gereed vir honderde vliegtuie - May 13, 2025
Die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville het afgeskop en dit gons reeds behoorlik op die eerste dag. Nie net stroom derduisende besoekers en honderde uitstallers na die landboufees nie, maar baie van hulle daag ook op per vliegtuig. Pieter Moller is vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees en het gesels met Cliff Lotter, wat […]
Franse ster Depardieu gevonnis vir seksuele aanranding - May 13, 2025
Die Franse rolprentster Gerard Depardieu is ‘n opgeskorte vonnis van 18-maande opgelê nadat ‘n Paryse hof hom skuldig bevind het aan die seksuele aanranding van twee vroue op ‘n rolprentstel in 2021. Die hof het ook gelas dat Depardieu as ‘n seksoortreder geregistreer moet word, ‘n skouspelagtige val van glorie vir die 76-jarige wat die […]
Krieket Australië sal spelers se IPL-besluite steun - May 13, 2025
Krieket: Die Indiese Premierliga hervat Saterdag en Krieket Australië sê hy sal spelers se individuele besluite steun of hulle na Indië wil terugkeer of nie. Die wêreld se grootste konsessie-liga is Vrydag vir ʼn week lank gestaak te midde van spanning tussen Indië en Pakistan. ʼn Skietstilstand is ʼn dag later bereik. Baie Australiërs wat […]
Dis weer Red Saturday en jou bloed word gesoek! - May 13, 2025
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n tweede Red Saturday wat die naweek gehou word, op 17 Mei. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings sal plaasvind van nege tot twee by Grove Mall en Wernhil. […]
Span Hollard wen al wat WPP-titel is - May 13, 2025
Span Hollard het die 2025 Nedbank Windhoek Power Pedal-reeks oorheers en het die algehele individuele en spantitels vir mans en vroue gewen ná die eindstryd by die Heldeakker-brug in Windhoek. Jacques Hanekom het sy eerste elite resies-oorwinning behaal in ‘n tyd van 2 uur, 34 minute en 10 sekondes. Dit het hom die derde plek […]