Die Bastergemeenskap stem vandag vir nuwe Kaptein - April 24, 2021

Die Bastergemeenskap van Namibië stem vandag om ‘n nuwe Kaptein te kies.Die voormalige Kaptein John McNab is verlede jaar oorlede. Jade Izaaks, die Rehoboth Baster Gemeenskap se woordvoerder.

Read More

President Geingob besoek vandag Kavango-Oos President Hage Geingob as President van Swapo - April 24, 2021

President Hage Geingob as President van Swapo sal vandag die Kavango Oos-streek besoek om Swapo se 61ste verjaarsdag te vier. Die streek se kantore word ook amptelik geopen. Austin Samupwa, Swapo se Uitvoerende Direkteur in die streek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Suid-Afrika A wen die eerste wedstryd in die Castle Lite krieket-reeks teen Namibië - April 24, 2021

Die Castle Lite -reeks tussen die Eagles van Namibië en Suid-Afrika A word vandag in die hoofstad voortgesit. Die besoekers het die eerste kragmeting met 169 lopies met nog 5 paaltjies staande gewen. Die reeks maak deel uit van die Eagles se voorbereiding vir die T-20 Wêreldbeker wat in Oktober plaasvind.

Read More

90 Leerders en 10 onderwysers onder 211 nuwe Covid-gevalle in die land - April 24, 2021

Daar is 90 leerders, 10 onderwysers en 8 gesondheidswekers onder die 211 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Van die 211 gevalle het Windhoek 46. Die Kunene-streek het 35 aangemeld en Hardap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango […]

Read More

Julle moet deursigtig wees – Hage - April 23, 2021

Die pas aangestelde Namibiese Minister van Visserye Derek Klazen het reeds die nuus gehaal met vrae oor sy moontlike konflik van belange. President Hage Geingob het vandag by die inswering van die nuwe aanstellings wat hy aangekondig het, gewaarsku dat deursigtigheid en eerlikheid wat uiterse belang is.

Read More

Navalny eet weer - April 23, 2021

Die Russiese opposisieleier en fel kritikus van die Kremlin, Alexey Navalny, het sy eetstaking van 20 dae in ‘n hospitaal in Vladimir, oos van Moskou, beëindig. Hy word sedert Januarie aangehou toe hy van Duitsland na Rusland teruggekeer het. Hy het vyf maande in dié land deurgebring terwyl hy herstel het nadat hy met ‘n […]

Read More

Solidariteit ingenieurs wat Kubane kan vervang - April 23, 2021

Die vakbond Solidariteit het ‘n lys van 120 gekwalifiseerde ingenieurs bekend gemaak wat bereid is om Suid-Afrika se waterkrisis op te los in plaas van die Kubaanse ingenieurs wat die regering wil huur. Die Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het hul besluit verdedig en gesê die Kubaanse ingenieurs sal help om […]

Read More

Job se Dankie Botswana gevind - April 23, 2021

Die sogenaamde Dankie Botswana Toyota Corolla van die Burgemeester van Windhoek, Job Amupanda is gevind. Luidens die jongste berigte is die motor, wat gedurende die nag in Rocky Crest gesteel is, aan die westelike kant van die hoofstad in die veld gevind. Verskeie onderdele is verwyder. Die polisie se ondersoek duur voort.

Read More

So lyk Covid vandag - April 23, 2021

Daar is 211 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig uit 1 928 toetse. In die Khomas-strek het Windhoek 46. Kunene het 35 aangemeld en Hadap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango Oos-streek het 13 en die res is […]

Read More

Nog 3 stropers in Kruger vas - April 23, 2021

SANParke in die buurland het die nuus dat drie vermeende stropers in die Kruger Nasionale Wildtuin vasgetrek is verwelkom. Die nuus kom kort op die hakke van die arrestasie van 5 stropers verlede week. SANParke se Woordvoerder Isaac Phaala…

Read More