Khorixas polisie doen nog ondersoek - April 23, 2021
Die Openbare Aanklaer in Khorixas Johannes Inongelwa sê die saak waar drie persone aangekla is vir die aanranding van ‘n polisie beampte sal nog nie in die hof hanteer word nie omdat verdere ondersoek nodig is. Dit volg na ‘n video verskyn het waar een van die beskuldigdes, ‘n vrou, geklap word deur ‘n beampte […]
Masels ens., kom weer voor - April 23, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Afrika sê daar is ‘n daadwerklike risiko vir ‘n uitbraak van masels omdat inenting vertraag is as gevolg van Covid. Vanaf Januarie tot op hede het 8 lande reeds uitbreking aangemeld wat duisende geraak het. Die WGO voeg by dat geelkoors, kolera en breinvliesontsteking ook voorkom wat beteken daar is gapings in […]
Wes-Kaap het beste munisipaliteite - April 22, 2021
‘n Nuwe onafhanklike verslag wat deur Ratings Afrika uitgereik is, het bevind die munisipaliteite wat die beste in Suid-Afrika presteer, is in die Wes-Kaap. Volgens die jongste verslag van die munisipale finansiële stabiliteitsindeks, is die betrokke munisipaliteite Mosselbaai, Saldanhabaai, Kaapstad, Swartland en Overstrand. ‘n Woordvoerder van die Departement van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, James-Brent […]
Huishoudings hier en in SA onder erge druk - April 22, 2021
Nes in Namibië, is huishoudings in Suid-Afrika ook onder erge druk en sukkel om by te bly met stygende lewenskostes. ‘n Opname het bevind dat lewenskoste in die buurland tydens die Covid-19 pandemie gestyg het. Die verslag, deur ‘n tegnologiese onderneming, M4Jam, toon dat baie mense óf hul werk verloor het óf nie werk kon […]
NBC en personeel probeer weer môre - April 22, 2021
Alle dienste by die nasionale uitsaaier die NBC is tans opgeskort. Die personeel het ‘n staking vir verhogings net na 1 vanmiddag begin. Hulle eis ‘n 5 persent verhoging en 8 persent wat 24 maande terugwerkend is. Die jongste berigte lui dat ‘n vergadering wat vandag gehou is op nul uitgeloop het en dat daar […]
Otjozondjupa besproei, plaag onder beheer - April 22, 2021
Die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het ‘n noodvergadering belê om die sprinkaanplaag in sy streek te bespreek en maniere te vind om dit bekamp. Die uitbraak word op die oomblik streng beheer en Uerikua sê hulle het net besproeiing tot hulle beskikking…
Sibongile Khumalo kry eredoktorsgraad, postuum - April 22, 2021
Die Universieit van die Witwatersrand in Johannesburg het postuum ‘n eredoktorsgraad in musiek aan die Suid-Afrikaanse sanger, Sibongile Khumalo, toegeken. Die veelbekroonde internasionale jazz-ikoon is vroeër vanjaar na ‘n beroerte dood. Sy was bekend vir treffers soos Mayihlome en Amathonga. Haar dogter, Ayanda Khumalo, het die toekenning tydens ‘n virtuele geleentheid ontvang en sê die […]
Gronddamme voorsien water in die noorde - April 22, 2021
Daar is ‘n vertraging in die opknappingswerk in die kanale in die noorde en dus, is daar uitdagings met watervoorsiening in die gebied. Die area is kommunaal wat uitdagings inhou vir boere en nedersetting. Die Namibiese Ministerie van Landbou se waarnemende Adjunk Uitvoerende Direkteur in Waterwese Maria Amakali sê verskeie gronddamme is ontwikkel om die […]
‘Oues weet beter’ – Nujoma - April 22, 2021
Die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma sê hy kan nie verstaan hoekom die land se jeug nie ouer politici vertrou nie, en dit terwyl ontwikkelde lande staat maak op ouer politici om armoede uit te wis. Hy het die aanmerkings gemaak na die PDM LP Elma Dienda voorgestel het dat lede van die Huis […]
SA sal Johnson en Johnson weer uitrol - April 22, 2021
Die Waarnemende Minister in die Suid Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni het vroeër vandag bevestig dat die Kabinet het ingestem dat die opskorting van die Johnson & Johnson Covid-19 entstof opgehef moet word. Sy sê die Gesondheidsminister, Zweli Mkhize behoort binnekort ‘n aankondiging in die verband te maak en sê dat die program hervat sal word, […]