Whk-Ondangwa roete vaar uitstekend - April 22, 2021
Die Namibiese Lughawens Maatskappy sê verkeer by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is nie na wense nie maar, ander roetes soos Windhoek-Ondangwa verloop baie goed. Dan Kamati, woordvoerder van die maatskappy…
Tevrede met bystand aan SA-burgers - April 22, 2021
Die waarnemende Minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom en is tevrede met die hulp wat aan burgers in Mosambiek verleen is tydens die onlangse terroriste-aanvalle in die noorde van die land. Duisende plaaslike mense is in die aanvalle ontwortel en ‘n aantal Suid-Afrikaners moes ontruim word. ‘n Man van […]
EU wil AstraZeneca dagvaar - April 22, 2021
Die Europese Kommissie is op die oomblik besig om ‘n regsaansoek voor te berei teen AstraZeneca nadat die firma entstof verskaffing aan die kommissie gesny het. Daar was verskeie vertragings sedert die begin van die jaar. Volgens internasionale nuusagentskappe het EU-lande ‘n keuse of hulle deel van die saak wil wees. Die kommissie eis dat […]
SA skoolvoedingsprogram in minagting van hof - April 22, 2021
Die Suid-Afrikaanse regsentrum wat openbare belang verteenwoordig SECTION27, sê dit is onaanvaarbaar dat meer as 1 miljoen leerders steeds nie maaltye van die Nasionale Skoolvoedingsprogram ontvang nie, ondanks ‘n hofbevel wat hulle daartoe verplig. Volgens ‘n verslag van die Departement van Basiese Onderwys, het die program nog nie 100 persent van die leerders bereik wat […]
Bloedklonte: lig jouself net in - April 22, 2021
Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, het gereageer op bekommernisse oor die newe-effekte van die Johnson & Johnson entstof. Dit volg na die bevinding dat dit uiters seldsame bloedklonte by ‘n handvol pasiënte in Amerika en die Europese Unie veroorsaak het. Ramathuba sê baie behandelings, onder andere sommige hormonale voorbehoeding, kan dieselfde uitwerking hê. […]
Nienaber positief vir gholf-kampioenskap - April 22, 2021
Wilco Nienaber van Suid-Afrika sê hy is vol vertroue oor die Limpopo-kampioenskap wat vandag by die Euphoria-gholf- en leefstyllandgoed begin. Die kampionskap met ‘n prysgeld van 3 miljoen Suid-AFrikaanse rand word deur die Sonskyn-toer en Europese Uitdaagreeks onderskryf. Nienaber, wat verlede jaar tweede geëindig en ook die tweede plek in die Joburg-ope behaal het, sê […]
27 aanpassings vir Zim-grondwet voorgestel - April 22, 2021
Die Zimbabwiese regering poog op doe oomblik om 27 aanpassings aan die land se grondwet te maak. Terwyl meeste verwelkom word, is daar groot kommer oor die heraanstelling van hoërhof regters bo die ouderdom van 70. Hulle kontrakte sal jaarliks hernu word deur President Emmerson Mnangagwa wat kommer wek oor die onafhanklikheid van hulle besluite. […]
APP bly oor ReconAfrica, vra ontwikkeling - April 22, 2021
Die All People’s Party wat baie gewild in die Kavango-streke is het ‘n beroep op die Kanadese firma ReconAfrica gedoen om die ontwikkeling van die 2 streke by te staan. Recon boor op die oomblik vir olie in die gebied en het positiewe uitslae aangekondig. Die party se Sekretaris-Generaal Vincent Kanyetu sê die maatskappy moet […]
Fishrot: Staat vra vir bevel oor dokumente - April 22, 2021
Die voorverhoor verrigtinge in die Hoërhof handel op die oomblik oor ‘n aansoek wat die Staat wil bring. Advokaat Ed Marondedze sê daar is ‘n groot risiko oor die bekendmaking van inligting in verband met die saak. Hy het aan Regter Christie Liebenberg gesê dat inligting wat met die verdediging gedeel is, uitgelek het na […]
Sean sal nie meer diere red nie - April 22, 2021
Sean Naude het op sy Facebook-blad aangekondig dat hy nie meer enige hulp sal bied vir diere in nood nie, ook nie slange nie. Hy meen hy kry geen vergoeding daarvoor nie en daar word verwag dat hy altyd beskikbaar sal wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…