Gesondheidministerie soek privaatsektor-vennote - May 13, 2025

Die gesondheidministerie sal die privaatsektor nader om vennootskappe te vorm in die opgradering van alle klinieke regoor die land na gesondheidsorgfasiliteite, het gesondheidminister Esperance Luvindao onthul. Namibië het ongeveer 322 klinieke en 56 gesondheidsorgsentrums. Luvindao sê sy het reeds verskeie maatskappye hieroor genader, veral omdat sy na haar aanstelling navrae gekry het oor vennootskappe. Terwyl […]

Read More

Verkrygingswet gebrekkig, hoor Nasionale Raad - May 13, 2025

Die Nasionale Raad is in sitting en bespreek die bewilligingswetsontwerp, die regstelsel-wysigingswetsontwerp en die gewysigde Wet Openbare Verkryging. Paulus Mbangu, ‘n onafhanklike lid van die Kavango-Oos-streek, is van mening dat daar nie genoeg oor die wet gekonsulteer is nie. Mbangu sê daar is ook skuiwergate in die verkrygingstelsel. Hy het meer.

Read More

JD Financial kan OK Bazaars bekom, en Pep vir Big Daddy - May 13, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het 13 samesmeltingstransaksies goedgekeur. Die belangrikste is JD Financial Services wat OK Bazaars en dus OK Furnitures bekom, sowel as die transaksie van die Pepkor-groep se Pep Stores, wat Big Daddy verkry, onder voorwaardes. Dina Gowases, die woordvoerder van kommissie.

Read More

Dis die redes vir die N$2,7 miljard handelstekort in Maart - May 13, 2025

Nog reaksie is ontvang op die Namibiese Statistieke-agentskap se handelstatistieke vir Maart 2025, waarvolgens die handelstekort 2,7 miljard Namibiese dollar bereik het. Uitvoere was gekonsentreer op die mynbedryf met vis wat die enigste nie-mineraal is wat uitgevoer was. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen gepraat, ekonoom van Simonis Storm, wat meer lig werp op […]

Read More

Sakeman Hangala breek ook ‘n lansie vir kernkragsentrale - May 13, 2025

NamPower ondersteun ‘n kernkragsentrale vir Namibië, volgens besturende direkteur Simson Haulofu. NamPower het blykbaar reeds kerntegnologieë geïdentifiseer wat volgens Haulofu goed in die land se netwerkinfrastruktuur integreer kan word. Dit is ten spyte van kundiges wat meen die koste is nie die moeite werd nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die […]

Read More

Sone 3 ervaar 4,1% inflasie in April, Khomas net 3,2% - May 13, 2025

Inflasie was in April 3,6 persent, volgens die Namibië Statistiek-agentskap se jongste verslag. Die hoogste koers van 4,1 persent is in Sone 3 aangeteken, wat insluit die suide, Omaheke en Erongo. In Sone 1, die noordelike streke, was dit 3,7 persent en in Sone 2, of Khomas, was dit 3,2 persent. Verbruikers in Khomas het […]

Read More

Ons kan nie cholera uitwis nie: Zim regering - May 13, 2025

Die Zimbabwiese regering het erken hy kan nie cholera uitwis nie. Dit volg nadat 11 mense dood is sedert die begin van die jongste uitbreking in November. Gesondheidskenners voer intussen aan die siekte is voorkombaar en kan uitgewis word, maar sê politieke wil ontbreek. Die minister van Gesondheid, Douglas Mombeshora, sê daar is planne om […]

Read More

VSA Episkopale Kerk sê nee vir Afrikaner-vlugtelinge se huisvesting - May 13, 2025

Die Episkopale Kerk het aangekondig dat hy sy dekade-lange vennootskap met die Amerikaanse regering oor vlugteling-hervestiging gaan beëindig. Dit volg nadat hy opdrag ontvang het om te help met die hervestiging van 49 Afrikaners wat vlugtelingstatus verkry het. Voorsittende biskop Sean Rowe verwys na die kerk se verbintenis tot rassegeregtigheid, kommer oor voorkeurbehandeling, en die […]

Read More

Onthou, werkers is mense, bly by arbeidswette - May 13, 2025

Reaksie word ontvang op die arbeidsministerie wat in die afgelope begrotingsjaar 1 739 inspeksies by werkgewers uitgevoer het, waarvan 353 dit nie geslaag het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner en voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse gepraat:

Read More

Afrikaners na VSA ‘aanklag teen ANC-geleide regering’ - May 13, 2025

AfriForum het die vertrek van 49 Afrikaners na die VSA onder vlugtelingstatus as ’n ernstige aanklag teen Suid-Afrika se ANC-geleide regering bestempel. Die regering verwerp egter die bewerings en voer aan dat Afrikaners steeds onder die land se mees ekonomies bevoordeelde groepe tel. Uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, skryf hierdie uittog toe aan die […]

Read More