Kaapse diere het groot nood - April 21, 2021
Dierewelsyns-inspekteurs in Kaapstad soek na beseerde en diere wat ly, nadat die verwoestende brand op Tafelberg onder beheer gebring is. Die Woordvoerder van die Kaapse Goeie Hoop-DBV, Belinda Abraham, sê hul soektog na enige vorm van lewe is traumaties omdat hulle ook die verkoolde oorskot van verskeie diere vind. Sy het inwoners van Kaapstad naby […]
IPC verloor 12 lede - April 21, 2021
Twaalf lede van die Onafhanklike Patriotte vir Verandering, die IPC, het bedank. Die 12 is van die Ruacana kantoor van die party. Hulle sê die party-leier Dr Panduleni Itula is ‘n diktator wat besluite op sy eie maak en verder, die leierskap bestaan uit sekere vriende en die res is onbelangrik. Hulle beweer ook dat […]
Baie huise word gebou, maar waarde is laag - April 21, 2021
Meer inligting is bekend oor die bouplanne wat in Maart in Windhoek goedgekeur is. Nuwe wonings het die tweede grootste bydrae gelewer, naas aanbouings by bestaande wonings. Volgens IJG Sekuriteite is 81 nuwe eenhede met ‘n waarde van 86,9 miljoen doller goedgekeur. Dit is ‘n 728,4 persent toename teenoor die waarde in Maart verlede jaar. […]
Kommer oor plaagdoder - April 21, 2021
Reaksie word ontvang op die hoë vlakke van toksisiteit van die insekdoder wat in die noorde gebruik word om die sprinkaanplaag te beheer. Boere is gewaarsku om diere vir 21 dae uit die gebiede wat besproei is te hou en die gif is ook skadelik vir mense. Dr Cornelis van der Waal, ‘n Grasland Spesialis […]
Polisie sal orde handhaaf by LPM-optog - April 21, 2021
Die Khomas polisie is gereed om orde te handhaaf tydens vanmiddag se optog deur die Grondlose Mense Beweging. Die party ruk op na die Tintinpalast ter ondersteuning van sy leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Die gebou en die tuine is afgesper en Robert Mugage-rylaan is ook op die oomblik gesluit. Die party Woordvoerder Joyce […]
Dan en Midge… wat ‘n verhaal… - April 21, 2021
‘n Ohio polisiehoof Dan McClelland is op die ouderdom van 67 oorlede na ‘n lang stryd met kanker. McClelland, 67 jaar oud, het internasionaal die nuus gehaal met sy Chihuahua-kruising Midge, wat ‘n gesertifiseerde polisiehond was en in 2006 die Guiness Rekordboek gehaal het as die wêreld se kleinste polisiehond. Hulle het 10 jaar saam […]
‘LAC’ teleurgesteld in Lühl beslissing - April 21, 2021
Die Namibiese Regshulpsentrum het in ‘n verklaring sy teleurstelling uitgespreek oor die beslissing van die Hoërhof in die aansoek deur Phillip Lühl. Volgens die sentrum, het heteroseksuele paartjies voorheen gebruik gemaak van die wetgewing in verband met surrogaatskap in Suid-Afrika, omdat Namibië geen wetgewing in die verband het nie, en ook geen probleem gehad om […]
AR-vakbond kan aktief raak - April 21, 2021
Die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek by die Ministerie van Arbeid vir die stigting van die Revolusionêre Vakbond is nog nie goedgekeur nie maar die beweging werf reeds lede en het vroeër gesê die vakbond sou op 20 April van stapel gestuur word. Volgens die Woordvoerder van die AR, Simon Amunime, werf hulle wel lede […]
Heineken gaan groen - April 21, 2021
Die internasionale bierbrouer Heineken het sy oogmerk herhaal om teen 2030 geen koolstof meer tydens sy produksieproses vry te stel nie. Hy wil ook hê sy hele waardeketting moet teen 2040 koolstof-vry wees. Heineken sê hy wil in samewerking met sy verskaffers sy koolstofvrystelling regoor sy waardeketting met 30 persent besnoei. Die maatskappy sal die […]
Kommer oor sekuriteit in Tsjad - April 21, 2021
President Cyril Ramaphosa het sy kommer uitgespreek oor die verwikkelinge in die Republiek van Tsjad waarby gewapende groepe betrokke is. Dit volg nadat die land se president, Idriss Déby, dood is tydens skermutselings met rebelle. Ramaphosa sê geweld moet onmiddellik gestaak word om vrede en bestendigheid na Tsjad te bring as deel van pogings om […]