Oproepe vir vervolging van IS-vegters in Brittanje - May 13, 2025
Die Britse Parlement se Gesamentlike Komitee oor Menseregte sê meer as 400 mense wat vir ISIS in Sirië en Irak geveg het, het na die Verenigde Koninkryk teruggekeer sonder om vervolg te word. ISIS was verantwoordelik vir veldtogte van terreur, moord en verkragting wat teen minderheidsgodsdiensgroepe gemik was. Die komitee sê die howe word verhinder […]
Leeus-groep se diepte beïndruk Wallabies-breier - May 13, 2025
Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, is beïndruk met die diepte in die Britse en Ierse Leeus se groep vir vanjaar se toer na Australië. Andy Farrell het 15 Ierse spelers en 13 Engelse gekies, insluitend kaptein Maro Itoje, in sy toergroep van 38 wat drie toetse teen die Wallabies sal speel. Schmidt sê […]
Tienerswangerskappe styg skerp in Zambezi - May 13, 2025
Daar is kommer oor tienerswangerskappe in die Zambezi-streek. Volgens plaaslike media is 279 in die streek in 2024 aangemeld. Volgens die lynministerie het die land van 2021 tot 2023, 7 454 tienerswangerskappe gehad waarvan 77 in die Zambezi-streek voorgekom het. Dit dui ‘n wesenlike styging in een jaar aan. Meisies so jonk soos 13 is […]
Nampo het begin, skaapboere, hoor hier - May 13, 2025
Die 2025 Nampo Oesdag het vandag ongeveer 10 kilometer noord van Bothaville begin. Die landboufees duur tot 16 Mei en lok jaarliks tussen 80 000 en 100 000 besoekers met meer as 865 uitstallers, ook internasionaal. Die bekende Pieter Moller is vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees en het gesels met ‘n skaapboer, Nico […]
Kenner sê oor VSA-China ooreenkoms rakende tariewe - May 13, 2025
Amerika en China het ‘n ooreenkoms bereik om hul skadelike wederkerige handelstariewe drasties te sny vir ‘n tydperk van 90 dae. Die VSA se tariewe word tot 30-persent verlaag en Chinese tariewe tot 10-persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gesels wat sy mening gee.
Italië kom teen China in kwarteindronde van Billie Jean King-toernooi - May 13, 2025
Die verdedigende kampioen, Italië, sal teen die gasvrou, China, te staan kom in die kwarteindronde van die Billie Jean King-beker-eindtoernooi in September, terwyl Oekraïne teen Spanje sal speel. Amerika sal Kazakstan aandurf, en Japan sal teen Groot-Brittanje te staan kom. Shenzhen is die gasvroustad vir die vroue-spantoernooi vanaf 10 September, nadat dit aangewys is as […]
Gee insette oor wette en aanpassings van bestaandes - May 13, 2025
Tydens haar eerste Staatsrede op 24 April het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Namibiërs aangemoedig om betrokke te raak by wetgewende hervorming deur voorstelle aan die lynministerie in te dien. Nou het die justisieministerie die publiek gevra om voorstelle vir nuwe wette of wysigings aan bestaande wette in te dien. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder […]
NamPower kry net 3,8%, GRN moet ook help - May 13, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 3,8 persent in tariewe aan NamPower toegestaan. Die nutsmaatskappy het 17,44 persent gevra. Die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise… Die raad het die verhoging laag gehou vir verbruikers en soos Kahimise verduidelik, moet die regering 283 miljoen Namibiese dollar gee, wat ook 3,8 persent verteenwoordig wat beteken NamPower […]
Vrugte, koffie en tee styg die meeste - May 13, 2025
Inflasie is op 3,6 persent vir April aangeteken, effe af van die 4,2 persent wat in Maart aangeteken is. Die styging in voedselpryse is ook bekend gemaak. Vergeleke met verlede jaar die tyd is vrugte 16,9 persent duurder en koffie en tee is op met 8,4 persent. Vleis jaag jou 7,1 persent meer uit die […]
Daling in beesbemarking nie net droogte nie - May 13, 2025
Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukte-raad het hulle eerste kwartaallikse statistieke vrygestel. Beesbemarking het geval, onder andere weens die droogte verlede jaar en omdat boere na die goeie reën hulle kuddes opbou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desmond Cloete, die raad se bemarkingbestuurder, wat meer inligting gee. Hy sê die raad is opgewonde oor die komende […]