Lief vir piesangs? Daar’s probleme… - May 13, 2025

Byna tweederdes van gebiede in Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande waar piesangs verbou word, gaan teen 2080 nie meer vir dié doel geskik wees nie. Dit is volgens Christian Aid se nuwe verslag: Going Bananas: How Climate Change Threatens the World’s Favourite Fruit. Piesangs is die wêreld se gewildste vrug en vierde belangrikste voedselgewas naas […]

Read More

Inflasie daal in April tot 3,6% - May 13, 2025

Die inflasiekoers vir April 2025 het op 3,6 persent gestaan, vergeleke met 4,8 persent wat in April 2024 geregistreer is. In Maart was 4,2 persent aangeteken. Mirjam Shihepo, woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap.

Read More

VN waarsku oor klimaatimpak op die vasteland - May 13, 2025

Die VN se Wêreldklimaatorganisasie waarsku Afrika staar klimaatbedreigings in die gesig, insluitend dodelike oorstromings, uiterste hitte en voortdurende droogtes. Die vasteland het in 2024 een van sy warmste jare beleef sedert daar met rekords meer as 120 jaar gelede begin is. Die organisasie sê oorstromings, hittegolwe en droogtes het verlede jaar meer as 700 000 […]

Read More

Israel sê die VN lieg, en voeg by Hamas steel die kos in Gaza - May 13, 2025

Die woordvoerder van die Israeliese regering, David Mencer, het bewerings van die Geïntegreerde Voedselsekuriteitsfase-klassifikasie van die VN, wat sê 244 000 Palestyne ly honger en die hele bevolking van Gaza loop die risiko van hongersnood, ten sterkste ontken. In ‘n onderhoud met SkyNews sê hy Hamas steel die hulp wat gegee word.

Read More

Depardieu skuldig aan seksuele aanranding - May 13, 2025

Die Franse akteur Gérard Depardieu is skuldig bevind aan seksuele aanranding van twee vroue – en is ‘n opgeskorte vonnis van 18 maande opgelê. Die 76-jarige Depardieu, wat in meer as 200 rolprente verskyn het, is deur ‘n hof in Parys skuldig bevind aan die betasting van die vroue tydens die verfilming van ‘n rolprent in […]

Read More

Beesbemarking tuimel in eerste kwartaal - May 13, 2025

Die Namibiese Raad vir Vee en Veeprodukte sê beesvleisuitvoere het met 51,4 persent tot 1,43 miljoen in die eerste kwartaal van 2025 gedaal, vergeleke met die 2,94 miljoen wat gedurende dieselfde tydperk in 2024 uitgevoer is. Die daling vorm deel van ‘n breër inkrimping in die meeste veesektore, gedryf deur verminderde dierebeskikbaarheid na die droogte, […]

Read More

Houtskoolvereniging help met jeugopleiding - May 13, 2025

Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé van die Namibiese Houtskoolvereniging gesels met die onlangse opleiding wat deur die Nasionale Jeugdiens rakende houtskoolproduksie gedoen is. Die vereniging was betrokke hierby waar meer as 600 jongmense baat gevind het. Hy sê dit is redelik eenvoudig om ‘n produsent te word. 

Read More

Bloulig-beamptes is nie slagoffers nie – Action Society - May 13, 2025

Action Society sê hy is geskok dat polisievakbonde adjunkpresident Paul Mashatile se agt BBP-beskermingsbeamptes, wat in 2023 betrokke was by die gewelddadige bloulig-aanval op burgerlikes, verdedig. Die organisasie het die Polisie- en Gevangenisse-Burgerregtevakbond gekritiseer omdat hulle die beamptes as slagoffers uitbeeld, ten spyte daarvan dat een man bewusteloos gelaat en ander getraumatiseer is. Juanita du […]

Read More

Chinese vas in Japan vir duisende krappe in tasse versteek - May 13, 2025

Die polisie het drie Chinese burgers op ‘n Japannese vakansie-eiland in hegtenis geneem nadat duisende lewende kluisenaarkrappe in verskeie tasse ontdek is. Die polisie sê ‘n hotelwerker op die Amami Oshima-eiland het omgewingsowerhede gewaarsku nadat hy ‘n geritsel in die tasse gehoor het. Die drie mans het hotelpersoneel gevra om die tasse dop te hou. […]

Read More

Shack Dwellers doen dit weer - May 13, 2025

Lede van die Otjiwarongo-tak van die Shack Dwellers-federasie het begin met die diens van erwe in uitbreiding 14 in Orwetoveni. Die tesourier Stella Kakumai sê aan plaaslike media dat die munisipaliteit ‘n groot stuk grond aan die federasie gegee het en 104 erwe sal geskep word. Op die oomblik gebruik hulle grondverskuiwingstoerusting wat plaaslik gehuur […]

Read More