Goosen sluit by Bulle aan - April 17, 2021
Die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen, sluit op 1 Julie by die Bulle aan nadat hy die laaste paar seisoene vir Montpellier in Frankryk gespeel het. Die 28-jarige het sy blydskap uitgespreek om na sy geboorteland terug te keer en sê hy sien daarna uit om deel te word van Pretoria se rugby-familie. Die Bulle se […]
Lucky sê Zondo-kommissie is gekompromitteer - April 17, 2021
Die Voormalige Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap Lucky Montana, sê die buurland se Staatskapingkommissie is gekompromitteer. Hy het voor die kommissie verskyn nadat sy getuienis in Januarie gekanselleer is. Montana het toe die Voorsitter van die Kommissie, Adjunkhoofregter Raymond Zondo, beskuldig dat hy bevooroordeeld is. Hy het beweer dat die kansellasie bedoel is om […]
Owerhede werk vir voordele van vryhandelsooreenkoms - April 17, 2021
Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Penda Naanda, het bekendgemaak dat die ministerie met aktiewe diplomasie sal voortgaan om Namibiese besighede te help om die voordele te benut wat die Afrika Kontinentale Vryehandelsooreenkoms bied. Naanda het gereageer op die ministerie se fasilitering van die besoek aanstaande week van ‘n […]
Covid tas hart en longe aan - April 17, 2021
Nuwe data toon dat tot 8 maande nadat ‘n pasiënt Covid-19 opgedoen het, kan sy longe en hart steeds aangetas wees. Dit is die mening van Johann Els, ‘n biokinetikus van Medicise South-Afrika in Somerset-Wes. Volgens hom het dit gewys nadat oefentoetse en kardiale rehabilitasie en EKG-monitering met pasiënte gedoen is. Hy verduidelik aan Kosmos […]
Hoë kospryse veroorsaak ‘krimpflasie’ - April 17, 2021
Inflasie is op die oomblik hoog, veral met verskeie voedselsoorte wat reeds tydens Maart inflasie van dubbele syfers gerealiseer het. Maar volgens Dr Frikkie Mare, ‘n Landbou Ekonoom aan die Vrystaatse Universiteit, word die impak van hoë inset koste en verhoogde brandstof pryse later minder noemenswaardig op die finale pryse…
eNuus sny weer-poste - April 17, 2021
eNuus in Suid-Afrika het met onmiddellike effek drie van sy weervoorspellers se dienste beëindig. Annette Botha, Joel Guy en Anika de Beer sal nie meer die weerspellings doen op sowel die Afrikaanse as Engelse kanale van eNuus nie. Die nuuskanale gaan voortaan net weerkaarte tydens bulletins gebruik.
20 000 Unisa-studente onseker - April 17, 2021
Sowat 20 000 eerstejaarstudente aan Unisa in Suid-Afrika is steeds in onsekerheid gedompel. Dit is reeds ‘n maand sedert die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria die buurland se Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, se besluit om die inname van eerstejaars te verminder, verwerp het. Unisa het 38 000 nuwe studente aanvaar wat […]
SA-mans klop Nam-hokkiespan - April 17, 2021
En nuus oor die Binnenshuise Afrika hokkie-toernooi in Durban… Suid-Afrika het Namibië se manshokkiespan met 6-3 geklop. Die buurland was rustyd met 2-1 voor. Namibië se doele is deur Liam Hermanus 2, en Owen Hatton behaal. In die vroue afdeling het Suid-Afrika Namibië met 1-0 geklop en was rustyd met 1-0 voor. Namibië se doel […]
Toerisme in die land vertoon effe beter - April 17, 2021
Daar is volgens berigte ‘n herlewing in die toerisme bedryf en ‘n beroep word op Namibiërs gedoen om in die land te reis en geld plaaslik te bestee. Nrupesh Soni, die Stigter van die Namibiese Reis en Toerisme-forum…
Prins Philip word vandag ter ruste gelê - April 17, 2021
Die nuustoneel in Brittanje word vandag oorheers deur die begrafnis van wyle Prins Philip. Slegs 30 naby familielede en vriende van die prins sal in die kerk mag wees wanneer die Hertog van Edinburgh in die St George-kapel in Windsor ter ruste gelê word. Prins William en Prins Harry sal saam met hulle pa, Charles, […]