Sokkerliga sal begin, al dreig Unam met hofaksie - April 17, 2021
Die Direkteur van die Namibiese Sokker Premierliga Mabos Vries sê die liga sal afskop ten spyte daarvan dat die Unam Sokkerklub dreig om hulle hof toe te sleep. Unam is volgens berigte vies omdat hy nie ingesluit is in die liga nie. Nuusagentskappe berig dat Professor Frednard Gideon, die klub se Voorsitter ‘n brief aan […]
Namibiese doller en rand versterk - April 17, 2021
Die Namibiese doller en die Suid-Afrikaanse rand het die afgelope tyd versterk teen ander internasionale geldeenhede. Die geldeenheid verhandel op die oomblik in ‘n nou band van 14-24 teen die Amerikaanse doller. Professor Jannie Rossouw, Ekonoom aan die Sake-Skool by Wits in Johannesburg.
Covid-gevalle neem vinniger toe – WGO - April 17, 2021
Die wêreldwye weeklikse toename in nuwe Covid-19 gevalle het die afgelope paar maande volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie byna verdubbel. Die infeksiekoers is volgens die WGO nou op sy hoogste sedert die pandemie begin het. Lande word aangemoedig om toe te sien dat streng beheer maatreëls om die virus te beveg steeds van krag bly. Daar is […]
Meatco besoek Ghana om handel daar te stel - April 17, 2021
Die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking fasiliteer die besoek van ‘n handelsafvaardiging van Meatco aanstaande week aan Ghana. Die besoek begin Maandag en duur tot Donderdag. Tydens die besoek sal die afvaardiging wydlopend met verspreiders en handelaars van vleisprodukte in Ghana beraadslaag om handel in die verband te bevorder. Ghana stel volgens berigte […]
Tydkapsule in kerk in Hongarye gevind - April 16, 2021
Die kruis bo-op Hongarye se grootste kerk het ‘n tydkapsule versteek wat 176 jaar oud is en wat vanjaar tydens opknappingswerk ontdek is. ‘n Verseëlde, silindriese koperkapsule is in 1845 in die kruis geplaas. Die koepel van 100-meter het bomaanvalle in die Tweede Wêreldoorlog oorleef, maar die houer is erg deur skrapnel beskadig. Die dokumente […]
Aanlyn radiostasie in Jozi help met kommunikasie - April 16, 2021
Die Stad Johannesburg het ‘n aanlyn radiostasie in Ivorypark bekend gestel. Die nuwe Joburg Pulse FM is daarop gemik om kommunikasie-hindernisse tussen gemeenskappe uit te wis deur na meer inwoners uit te reik. Inwoners kan nou regstreeks met die stad kommunikeer oor alles wat met die metro en met dienslewering verband hou. Al die stad se instellings soos Joburg Water, City […]
Afrika-perdesiekte in Wes-Kaap bevestig - April 16, 2021
Vyf vermeende gevalle van Afrika-perdesiekte is op ‘n plaas in die omgewing van die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit aangemeld. Die Wes-Kaapse Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium het bevestig dat monsters van ‘n onlangse vrekte positief vir die virus getoets het. ‘n Voorlopige uitbreekbeheerde gebied is opgestel. Dit strek tot by die Noord-Kaapse grens. Geen perde, donkies of sebras […]
LPM lei raadslede op - April 16, 2021
Die Grondlose Mense Beweging is op die oomblik besig met ‘n opleidingskursus vir sy raadslede in ‘n poging om die bestuur van plaaslike owerhede te verbeter en versterk. Die werkswinkel, wat in Mariental gehou word, het reeds Donderdag begin en loop Sondag tot ‘n einde. Die party sê die opleiding lê klem op ‘n fokus […]
Namibië lei in hernubare energie - April 16, 2021
Internasionale kenners sê Afrika se armoede is die prys wat vir klimaatsverandering betaal word. Chris Yelland, ‘n Energiekenner in die buurland, sê Namibië is ‘n leier op die gebied van hernubare energie en meer bekostigbare persele kan weens die lae bevolking opgerig word om krag op te wek
Bokser vas vir klagte van aanranding - April 16, 2021
Die Namibiese Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas is aan die kus in hegtenis geneem op klagte dat hy ‘n polisie beampte aangerand het nadat hy na bewering Covid-regulasies oortree het. Die beampte is volgens berigte na Windhoek verplaas met ernstige beserings maar hy is stabiel. Die Erongo Streek Bevelvoerder Kommisaris Andreas Nelumbu sê geweld teenoor […]