Walus mag nie appelleer nie - April 16, 2021
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het Janusz Walus, wat die SAKP-leier Chris Hani vermoor het, se aansoek van die hand gewys om na die Appèlhof te appelleer teen die weiering dat hy op parool vrygelaat word. Regter Elizabeth Kubushi het bevind dat daar geen hoop op sukses in die Appèlhof is nie. Walus is reeds […]
Het GRN fiskale volhoubaarheid? - April 16, 2021
RMB Namibië het verskeie geleenthede gehou na die afgelope begroting en die fiskale volhoubaarheid van die Namibiese regering het onder die loep gekom. Die drasties verlaging in inkomste van die Suider-Afrikaanse Doeane Unie lok groot kommer uit en kenners meen dat die regering weer moet konsolideer.’n Ekonoom by RMB Ruusa Nandago oor fiskale volhoubaarheid…
Gedra in NV was kru - April 16, 2021
Verskeie kenners meen die chaos in die parlement tydens President Hage Geingob se Staatsrede is geen verrassing nie. Die Politieke Analis Dr Ndumba Kamwanyah sê dit was te verwagte maar, die gedrag is steeds kru.
Polio-entstof is bekom - April 16, 2021
Daar was tekorte van die krities-belangrike voorraad van die noodsaaklike polio entstof, die sogenaamde polio-druppel wat in die eerste 24-uur van ‘n baba se lewe toegedien moet word. Volgens die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe is die bestelling vertraag maar, voorraad is uit ander streke bekom en die probleem is […]
Reaksie op skok-inflasie - April 16, 2021
Daar is skok oor die inflasie syfers veral vir verskeie voedsel-produkte met vleis wat 13,33 persent duurder is as in Maart verlede jaar en groente, 10.73 persent. Inflasie het in Maart gestyg tot by 3,1 persent. Verbruikers is reeds onder druk en volgens Salomo Hei, High Economic Intelligence Investment se Hoof van Navorsing verbaas die […]
8 dood in nog ‘n massa skietvoorval in VSA - April 16, 2021
Agt mense is vandag dood en talle ander gewond in ‘n skietvoorval in die Amerikaanse stad Indianapolis. Die aanvaller wat volgens berigte alleen opgetree het, het sy eie lewe geneem. Die polisie sê die motief vir die massa-slagting is nog nie bekend nie. President Joe Biden het verlede week sy eerste stappe aangekondig om wapenbeheer […]
Boelies – onderwysers doen nie hulle werk nie - April 16, 2021
Die buurland se Onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê afknouery in skole word vererger omdat onderwysers nie die plig van sorg nakom soos wat die wet vereis nie. Dit volg nadat ‘n video waarin ‘n skoolmeisie van Limpopo, Lufuno Mavhunga, aangerand word soos ‘n veldbrand versprei het. Lufuno het na wat berig word selfmoord na die insident […]
Reaksie op aangepasde ‘BIG’ - April 16, 2021
President Hage Geingob is op rekord dat hy gekant is teen ‘n Basiese Inkomstetoelaag vir almal. Hy het ‘n Universele Inkomstetoelaag tydens sy Staatsrede aangekondig wat ‘n kombinasie van die Voedselbank, die voedingskemas en die toelaag vir gemarginaliseerde persone. Rosa Namises, ‘n voorstander van die toelaag het haar reaksie so verwoord.
17-jarige verskyn vir aanranding van dogtertjie, 5 - April 16, 2021
Die 17-jarige seun wat daarvan aangekla word dat hy ‘n 5-jarige meisie aangerand het en ook die Kinderbeskermings Wet oortree het, het vanoggend in die Outapi Landdroshof verskyn. Hy is in die sorg van ‘n voog vrygelaat. Die landdros, Dephine Mubita het die saak tot 28 Junie uitgestel vir verdere ondersoek en vir die verdagte […]
Inentings lei tot ekonomiese groei - April 16, 2021
Martin Kingston van Business for South Africa sê die organisasie is trots om met die regering saam te werk om lewens te beskerm met die plan om teen volgende jaar 40-miljoen mense teen Covid-19 in te ent. Die sakewêreld speel ‘n integrale rol met bystand aan die regering se Covid-19 elektroniese inentings-datastelsel wat die minister […]