Hofsaak oor erwe weer vertraag - April 16, 2021
Die eksepsie in die saak waar Job Amupanda, die leier van die Regstellende Hersposisionering Beweging, die Namibiese regering en President Hage Geingob dagvaar om 200 000 erwe te diens en beskikbaar te stel oor die volgende 2 jaar, is deur Regter Orben Sibeya van die hand gewys. Die respondente het kapsie gemaak oor Amupanda se […]
Vrou vas vir N$1,5m metamfetamien - April 16, 2021
‘n Vrou is by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe betrap met 1,5 miljoen Namibiese doller se metamfetamien wat sy na Brasilië probeer uitsmokkel het. Inligting oor die voorval is skraps maar plaaslike media berig dat die voorval Woensdag plaasgevind het en dat die dwelms versteek was in die vrou se bagasie. Honde het die dwelms […]
NEEEF sal armoede nie uitwis nie - April 16, 2021
Terwyl hy nie direk melding gemaak het van NEEEF nie het President Hage Geingob tydens sy Staatsrede gesê ‘n beleid met ‘n breë basis is nodig om armoede te bekamp en uit te wis. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleid Navorsing Vereniging sê NEEEF kan nie armoede bekamp nie. Hy het sy siening oor […]
Seun, 13, in Chicago deur polisie doodgeskiet - April 16, 2021
Die Burgemeester van Chicago, Lori Lightfoot, het ‘n oproep gedoen om kalmte en vrede nadat beeldmateriaal uitgereik is van die lyfkamera van ‘n polisiebeampte wat die 13-jarige Adam Toledo in die stad geskiet het. Die voorval verlede maand het opnuut tot openbare onrus gelei. Media berig die video wys hoe die polisieman skree “laat val […]
Zuma se versuim was te verwagte - April 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Ralph Mathekga sê dit is geen verrassing dat Oudpresident Jacob Zuma die versoek van die Konstitusionele Hof verontagsaam het om ‘n verklaring oor ‘n gepaste straf vir hom in te dien nie. Zuma moes dokumente indien waarin hy sê wat hy as ‘n gepaste straf bestempel, indien hy aan minagting van […]
Inflasie: vleis, vrugte skiet die hoogte in - April 16, 2021
Inflasie syfers vir Maart is bekend. Inflasie het gestyg tot 3,1 persent verlede maand met ‘n toename van 0,5 persent in die sogenaamde mandjie. Op ‘n jaargrondslag, het die koste 6 van die 12 items in die mandjie vinniger gestyg as in Februarie. Oor die algemeen het pryse vir goedere met 3,9 persent gestyg en […]
Covax-entstof kom vandag aan - April 16, 2021
Die langverwagte AstraZeneca entstof van die Covax-fasiliteit kom vandag in die land aan. Volgens berigte bestaan die besending uit 24 000 dosisse. Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het vroeër die week in ‘n brief aan die streke gesê 67 500 dosisse sou aangekom het. Die besending moet volgens die ministerie gebruik word as die tweede […]
Z$33 miljard vir Zim-paaie - April 16, 2021
Die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa het die land se paaie as ‘n noodtoestand beskryf. Duisende kilometers is onbegaanbaar en is van kritiese belang vir ekonomiese groei. Mnangagwa se regering het 33,6 miljard Zimbabwiese doller opsy gesit om 10 000 kilometer van die land se padnetwerk te rehabiliteer. Die buurland se Ekonoom Eddie Cross sê dit […]
Geingob vra vir oudit op August 26 - April 16, 2021
President Hage Geingob het ‘n forensiese oudit aangevra van die kommersiële bedrywighede van die Namibiese weermag. Die August 26 Holdings-maatskappy is ‘n geruime tyd in die nuus met talle aantygings wat deur verskeie politici gemaak is. Die Minister van Verdediging Peter Vilho het ook onlangs bedank. President Geingob sê die kwessie gaan te lank aan.
Biden stel sankies in teen Rusland - April 16, 2021
Die VSA het omvattende sanksies teen Rusland ingestel weens inmenging by die verkiesing, kuberkrakery en ander skadelike buitelandse aktiwiteite. President Joe Biden het ‘n uitvoerende bevel uitgereik waarvolgens die beperkings uitgebrei word op Amerikaanse banke wat Russiese staatskuld hanteer. Tien diplomate, waaronder vermeende spioene, is geskors en sanksies is ingestel teen 32 individue wat beskuldig […]