Almal moet minimumloon betaal - April 15, 2021

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Arbeid Bro-Mathew Shinguadja het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat alle maatskappye tans die minimumloon vir sekuriteitswagte moet betaal. Daar was volgens hom sommiges wat dit nie geïmplementeer het nie as gevolg van ‘n hofgeding wat die ooreenkoms teen gestaan het en wat deur Rubicon gebring is […]

Read More

Petroleum Kommissaris reageer op Recon aankondiging - April 15, 2021

Die Namibiese Petroleum Kommissaris Maggy Shino het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die aankondiging dat daar wel petroleum bronne in die Kavango-bekken deur die Kanadese firma ReconAfrica bevestig is. Die aankondiging is vroeër gemaak…

Read More

Entstowwe word deurentyd gemonitor - April 15, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek het vanoggend ‘n virtuele perskonferense gehou oor verskeie aspekte van die entstof en inenting op die vasteland. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die buurland se Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, Dr Boitumelo Semete, het Afrikane daaraan herinner dat entstowwe deurlopend gemonitor word.

Read More

Kinders se voete word gewas… - April 15, 2021

‘n Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie, The Samaritan’s Feet SA, het hierdie week hul Reis van Hoop-veldtog begin deur kinders se voete te was by die Laerskool Attie Van Wyk in Kaapstad. Hulle het ook skoene geskenk aan kinders wat dit nodig het. Die Voorsitter, Elanie Fourie,sê die veldtog se hoeksteen is waardigheid:

Read More

Kanime moet weer aansoek doen - April 15, 2021

Daar word berig dat die Hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime weer aansoek sal moet doen vir sy pos. Dit volg na die Hoërhof beslis het dat die 3-jaar verlenging van sy aanstelling deur die vorige Windhoek Stadsraad, onwettig was. Luidens plaaslike media, het Ignatius Semba van die PDM-party en ook ‘n lid van […]

Read More

Wagte eis verhogings - April 15, 2021

Sekuriteitswagte het ‘n petisie ingedien by die Namibiese Ministerie van Arbeid waar hulle verhogings eis. Op die oomblik word wagte steeds betaal ingevolge die minimumloon wat in September 2017 in die Staatskoerant gepubliseer is. Junior wagte verdien 8 doller 75 sent per uur en wagte met ondervinding van 5 jaar of meer verdien 10 doller […]

Read More

Kaapse ouers kla oor 400 kinders wat onder bome skoolgaan - April 15, 2021

Ouers van Eersterivier in Kaapstad het ‘n vreedsame betoging gehou oor hul kinders wat steeds onder bome skoolgaan. Suid-Afrika het dieselfde uitdagings as Namibië met voldoende skool infrasktruktuur. ‘n Woordvoerder van die betogers onder leiding van die ANC, Andile Lili, sê ondanks ingryping deur die Wes-Kaapse Departement van Onderwys is daar steeds 400 leerlinge wat […]

Read More

SANDF het nuwe hoof - April 15, 2021

President Cyril Ramaphosa het Luitenant-Generaal Rudzani Maphwanya as die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangestel, vir ‘n tydperk van 5 jaar. Die huidige hoof van die Weermag, Generaal Solly Shoke, tree aan die einde van die maand af. Ramaphosa het verskeie aanstellings in die militêre bevel aangekondig…

Read More

Veediewe steeds soek - April 15, 2021

Die Kunene polisie sê twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle 8 bees gesteel en geslag het is steeds soek. Een verdagte is in Outjo in aanhouding. Die karkasse van die diere, met ‘n beraamde waarde van 90 000 Namibiese doller, is Maandag op Plaas Tsamis in die Outjo distrik gevind. Plaaswerkers het op […]

Read More

Hengelaars by Swakoppoort moet waai - April 15, 2021

NamWater is vandag in die Hoërhof voor Regter Hannelie Prinsloo in ‘n poging om ‘n uitsettingsbevel teen die Namibiese Federasie vir Varswater Hengelaars by die Swakoppoortdam te bekom. Die watervoorsiener sê daar is reeds in Augustus 2016 ooreengekom dat die federasie die gebied in sou verlaat, 13 maande voor die drie-jaar kontrak wat in 2014 […]

Read More