Voldoende padnetwerk bewerkstellig gelyke ekonomiese toegang - May 13, 2025

Tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad het die onafhanklike lid Paulus Mbangu gereageer op die vervoerminister, Veikko Nekundi, se uitlatings oor die Padwet. Mbangu sê die instandhouding, opknapping en opgradering van paaie noodsaaklik is vir groei en gelyke ekonomiese toegang. Luister self.

Read More

Transformasiefonds se rasgebaseerde kriteria onder die loep - May 13, 2025

AfriForum het formeel beswaar gemaak teen die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging se voorgestelde Transformasiefonds van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die organisasie het kritiek gelewer op die fonds se rasgebaseerde kriteria en befondsingsmodel. Woordvoerder Ernst van Zyl voer aan dat die plan, wat vereis dat besighede 3 persent van hul netto wins ná belasting […]

Read More

Klimaat en die impak op trekvoëls - May 13, 2025

Klimaatsverandering beïnvloed die migrasie van voëls en ontwrig hul patrone terwyl dit ekostelsels bedreig. Só sê die natuurlewe-bioloog en raadgewer van die Verenigde Nasies, Francisco Rilla. Rilla sê hoër temperature kan die bedreiging van voedselskaarste teenwerk, wat daartoe lei dat voëls hul migrasieroetes verkort of glad nie na hul oorspronklike habitat terugkeer nie. Rilla sê […]

Read More

Een van sewe verdagtes in Sheehama-moord sal verskyn  - May 13, 2025

Een van die sewe beskuldigdes in die moord van die 24-jarige Nust-student Matheus Sheehama verlede jaar in Julie, sal vandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn. Dit kom na die ander ses, Mervin Wapota, Jessica Gaes, haar broer Jimmy Gaeb, Romano Paulus, Enrico Gomachab en Moses Kandume borg op 29 April geweier is.  Die sewe beskuldigdes is […]

Read More

Listeriose: Standaarde, eise en vergoeding  - May 13, 2025

Die Departement van Gesondheid sê voedselveiligheidstandaarde sal nou strenger toegepas word na Tiger Brands se besluit om die listeriose-klasaksiegeding te skik. Die 2017-uitbraak, wat veroorsaak is deur besmette produkte uit die maatskappy se aanleg in Polokwane, Limpopo, het meer as 200 lewens geëis en meer as ‘n 1 000 mense geraak. Foster Mohale van die […]

Read More

SA-vlugtelinge vrees vir hul lewens  - May 13, 2025

Die eerste groep wit Afrikaners aan wie president Donald Trump vlugtelingstatus toegeken het, het in Amerika aangekom. Die adjunkminister van Buitelandse Sake, Christopher Landau, en adjunkminister van Binnelandse Veiligheid, Troy Edgar, het hulle by die Washington Dulles Internasionale Lughawe in Virginië ontmoet. Landau sê president Trump het dit duidelik gestel die vlugtelingaansoeke vir Suid-Afrika se […]

Read More

Harte duidelik gebreek oor Alexander-Arnold wat Liverpool verlaat  - May 13, 2025

Virgil van Dijk sê Liverpool se spelers was verpletter toe hulle hoor Trent Alexander-Arnold verlaat die klub, maar glo nie dit sal hulle viering van die Premierliga-titel oorskadu nie. Die plaaslike middelveld-speler is uitgejou deur groot gedeeltes van die skare op Anfield toe hy Sondag as plaasvervanger op die veld verskyn het in die wedstryd […]

Read More

Namdia-klippies in Port Nolloth gesmous  - May 13, 2025

Plaaslike berigte lui dat van die diamante wat by Namdia gesteel is, op Port Nolloth in Suid-Afrika verkoop is. Die adjunk-luitenant-generaal van die mag, Elias Mutota sê George Cloete, sy vrou Charmaine en broer Bino het na die kusdorp, bekend vir onwettige diamanthandel, gereis. Dit is nie bekend hoeveel diamante vir hoeveel verkoop is nie. […]

Read More

Rybewyskrisis nie verby nie – Outa  - May 13, 2025

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die rybewyskaart-krisis is nog lank nie verby nie, al is die ou drukker herstel. Die organisasie waarsku dat die 27-jaar-oue masjien gereeld breek, nie oor moderne sekerheids-kenmerke beskik nie en dringend vervang moet word. Stefanie Fick van Outa sê daar is steeds ’n tans ‘n agterstand van meer as 747 […]

Read More

Bibi bedank Trump vir Edan  - May 13, 2025

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het president Donald Trump bedank vir sy hulp met die vrylating van die Israelies-Amerikaanse gyselaar, die 21-jarige Edan Alexander uit Gaza. Hamas het die laaste bekende lewende Amerikaanse gyselaar Maandag aan die Rooikruis oorhandig. Hy het in ‘n elite-infanterie-eenheid op die Gaza-grens gedien toe Hamas hom tydens die aanvalle op […]

Read More