Wêreldbank: inklusiewe groei, gereedheid is krities - April 15, 2021
Die President van die Wêreldbank-groep, David Malpass, het ‘n beroep op die wêreld gedoen om dringend te beweeg in die rigting van geleenthede en oplossings wat ‘n groen, veerkragtige en inklusiewe ekonomiese herstel van die Covid-19 pandemie sal bereik. Hy het ‘n virtuele toespraak gelewer voor die Londonse Skool vir Ekonomie. Malpass sê dit is […]
Rehoboth se ligte sal aan wees maar hoe om die skuld te betaal? - April 15, 2021
Die Burgemeester van Rehoboth Rudi van Wyk sê die dorpsraad skuld NamPower 129 miljoen Namibiese doller. Die dorpsraad het ‘n ooreenkoms met NamPower onderteken dat die uitstaande skuld in 36 maande afbetaal sal wees. Dit kom neer op 3,6 miljoen doller maandeliks, bo-op die maandelikse gebruik. Van Wyk…
Kavango-bekken het olie – dalk - April 15, 2021
Berigte lui dat die Namibiese regering, in samewerking met die Kanadese firma ReconAfrica aangekondig het dat voorlopige seismiese opnames toon dat daar potensieël ‘n baie groot energiebron is en dat daar voorlopige bewyse is van ‘n werkende konvensionele petroleumstelsel in die Kavango-bekken waar drie gate geboor is. Volgens Dan Jarvie die maatskappy se Chemikus vir […]
Entstof-kwessies bring nuwe krisis - April 15, 2021
Die sake-organisasie Business Leadership SA sê die verwikkelings rondom Johnson & Johnson se Covid-19 entstof het ‘n verdere onvoorsiene probleem by die reaksie op die pandemie gevoeg – plaaslik én internasionaal. Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne-administrasie het as voorsorgmaatreël die tydelike staking van die gebruik van die entstof aanbeveel nadat ses ontvangers in die land […]
Betoging teen McLaren-sirkus - April 15, 2021
‘n Diereregte-organisasie, Ban Animal Trading South Africa, wil ‘n sirkus verhoed om wilde diere in sy vertonings te gebruik. Die groep het ‘n beroep gedoen op natuurlewe-aktiviste om aan ‘n vreedsame betoging deel te neem voor en tydens die vertonings van die McLaren-sirkus môre tot Sondag in Alberton, Gauteng. Smaragda Louw van die organisasie sê […]
Shiimi verdedig begroting vir Presidensie - April 15, 2021
Die Namibiese Minister van Finansies Ipumbu Shiimi sê die verhoging in die begrotingstoekenning vir die Presidensie is genoodsaak deur die nuut-gestigte Namibië Beleggingsbevorderings en Ontwikkelingsraad wat in die Kantoor van die President bedrywig sal wees. Die Presidensie het net minder as 610 miljoen doller ontvang teenoor 490,5 miljoen verlede jaar. Robert McGregor van Cirrus in […]
Kunsmispryse bereik rekord-hoogtes - April 15, 2021
Graan Suid-Afrika sê kunsmispryse wêreldwyd is tans op hul hoogste vlak in meer as 24 maande. ‘n Landbou-ekonoom van Graan SA, Ikageng Maluleke, sê lae voorraadvlakke weens die Covid-19 pandemie en ‘n styging in die prys van natuurlike brandstof het pryse laat styg. Sy sê hoër ru-oliepryse kan die prys nog verder opstoot, wat tot […]
Repokoers help nie krediet aan nie - April 15, 2021
Die repokoers is gister deur die Bank van Namibië onveranderd gelaat op 3,75 persent. Ten spyte van die rekord-lae rentekoers, met prima tans op 7,5 persent is krediet verlening aan die privaatsektor steeds baie laag. Oor die eerste twee maande van die jaar is krediet wat deur die privaatsektor opgeneem op ongeveer 2 persent, baie […]
Kenners in SA vergader oor J&J vandag - April 15, 2021
Die Voorsitter van die Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, sê die voordeel van Covid-19 entstowwe vir die samelewing weeg steeds baie swaarder as enige potensiële risiko’s … dit terwyl plaaslike gesondheidskenners en regeringsamptenare vandag vergader om die uiters seldsame verslae van bloedklonte in Amerika te bespreek, na die toediening van die Johnson […]
Werkers in brandstofsektor kan steeds staak, is nie noodsaaklike diens nie - April 15, 2021
Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, het die bevinding van die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se Komitee vir Noodsaaklike Dienste verwelkom, dat die vervaardiging, vervoer en verspreiding van brandstof nié as noodsaaklike dienste geag behoort te word nie. Die brandstofbedryf het verlede jaar gevra dat hy as noodsaaklike diens verklaar word. Numsa se Woordvoerder, […]