Hospitaal het geen kragopwekker nie - April 14, 2021
Media het vanoggend berig oor die toekenning van fondse in die ontwikkelings begroting aan die Ministerie van Gesondheid. Vir elke doller wat die regering sal spandeer, sal ‘n halwe sent aan mediese infrastruktuur bestee word. Nou word daar berig dat die staatshospitaal op Khorixas sedert September 2020 geen kragopwekker het nie en personeel moet in […]
SA wynbedryf vaar effe beter - April 14, 2021
Daar is tekens dat wynuitvoere begin verbeter ná die verwoesting van die pandemie. Die bedryfsorganisasie Wyn van Suid-Afrika sê daar was ‘n beduidende verbetering in uitvoere in Maart nadat dit aan die begin van die jaar feitlik bewegingloos was. Die neiging duur hierdie maand voort. Woordvoerder Maryna Calow sê die bedryf het van Maart tot […]
Nog reaksie op beslissing dat Zuma moet betaal - April 14, 2021
Die SA-First Forum het die Appèlhof se beslissing teen Jacob Zuma verwelkom. Die hof het die oudpresident se appèl teen ‘n uitspraak dat die staat nie vir sy regskoste verantwoordelik is nie, met koste van die hand gewys. Die forum se Woordvoerder Rod Solomons, het ‘n beroep gedoen dat die uitvoerende gesag se misbruik van […]
Mensehandel-saak geregistreer - April 14, 2021
Die Woordvoerder van die Namibiese polisie Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi het bevestig dat ‘n saak van mensehandel geregistreer is na 2 vroue onwettig deur Katima Mulilo gesmokkel is om plaaslik goedkoop te werk. Die twee vroue, afkomstig van Zambië, is 20 en 27 jaar oud, is spesiale gesoek en die land ingebring. Berigte lui dat […]
Repokoers sal ekonomie stimuleer - April 14, 2021
Reaksie word ontvang op die besluit van die Monetêre Beleidskomitee om die repokoers onveranderd op 3,75 persent te hou. Die Goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab het vroeër die aankondiging gemaak. Elvis Katuuo, ‘n Ekonoom by Simonis en Storm in die hoofstad..
Wat vir ‘n ding is dit?? - April 14, 2021
Daar is ‘n vreemde bedryf van ‘n diertjie wat deur die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Sentrum in Wes-Afrika gewaar is. Die betrokke Meester’s student doen navorsing in die sogenaamde beboste-savanna gebied van die vasteland. Wat op dees aarde is die dingetjie? Die Hoof van die sentrum by Nust Professor Morgan Hauptfleisch […]
Ligte sal (dalk) aanbly vandag - April 14, 2021
Eskom sê geen beurtkrag word vandag verwag nie omdat opwekkingsvermoë oornag genoegsaam herstel het. Die kragvoorsiener moes van gisteraand negeuur tot vanoggend vyfuur beurtkrag instel weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die moontlikheid van beurtkrag bly hoog terwyl die instelling voortgaan met betroubare instandhouding. Hy sê die stelsel sal in […]
Newcastle-siekte en Avian Paramyxo-virus in die Oos-Kaap - April 14, 2021
Die virus-besmetting wat talle voëls in die Oos-Kaap laat vrek het, is die Avian Paramyxo-virus en Newcastle-siekte. Die veeartsenykundige navorsingslaboratorium by Onderstepoort het toetse gedoen nadat baie voëls in verskeie dele van die provinsie onverklaarbaar gevrek het. Die Avian Paramyxo-virus kan vinnig versprei en veroorsaak dat ‘n groot aantal duiwe siek word en doodgaan. Dit […]
Korrektiewe Dienste doen gereeld ondersoeke - April 14, 2021
Sedert selfone vir die tweede keer by Fishrot-beskuldigdes gevind is het onwettige goedere in die gevangenis weer onder die soeklig gekom. Volgens Kommissaris Sam Shalulange van Korrektiewe Dienste se Sentrale Personeel Direktoraat, het hulle verskeie items sedert Januarie vanjaar gekonfiskeer…
Dennis Noa verskyn op klag van verkragting - April 14, 2021
Dennis Noa se saak van verkragting is tot 19 April uitgestel. Noa, ‘n leerling dokter word daarvan verdink dat hy ‘n manlike pasiënt, met breinbeserings, in die Katutura Staatshospitaal verkrag het. Noa is die seun van die Direkteur-Generaal van die Teenkorrupsie Kommissie Paulus Noa. Sy tweeling broer Donbaldt is verlede jaar Desember dood in die […]