VSA skenk miljoene se toerusting - April 13, 2021
Die Amerikaanse regering het vandag laboratorium toerusting aan die Namibiese Ministerie van Gesondheid geskenk. Die skenking vorm deel van die 100 miljoen Amerikaanse doller se bystand wat deur die Amerikaners aan Namibië bewillig is in die bekamping van die Covid-pandemie. Die Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade Walter Parrs.
Wêreld se grootste haas gesteel - April 13, 2021
Die Britse polisie soek na die diewe wat Darius, die wêreld se grootste haas, uit sy eienaar se tuin gesteel het. Die polisie vra die publiek se hulp nadat die bruin en wit hasie Saterdagaand uit sy hok in Stoulton in Sentraal-Engeland gesteel is. Darius, ‘n kontinentale reusehaas, is in 2010 deur Guinness World Records […]
Jeug moet ontwikkelingsbank produkte benut - April 13, 2021
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n beroep op die jeug in Opuwo gedoen om gebruik te maak van die leningsfasiliteit wat op vaardighede gebaseer is. Die bank bied die lenings aan om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Die bank het ook Covid-verligting pakkette vir besighede wat hy op die oomblik aanbied. Lenings van […]
Ministerie sê oor Job se aantygings - April 13, 2021
Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het meer inligting bekend gemaak om die aantygings wat deur Job Amupanda, in sy posisie as leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, oor die waardasie van Namdia se diamante gemaak het, op te klaar. Die Woordvoerder van die ministerie Andreas Simon het die besonderhede…
AR se vakbond nog nie goedgekeur nie - April 13, 2021
Die Namibiese Ministerie van Arbeid het te kenne gegee dat die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek om ‘n vakbond te stig nog nie goedgekeur is nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja sê die beweging se aansoek vir die goedkeuring van die Revolusionêre Unie sal geprosesseer word soos enige ander vakbond se aansoek. Die […]
Covid in skole – moenie kommer hê nie - April 13, 2021
Leerders maak die meerderheid van Covid-gevalle uit, veral in die afgelope paar dae. Maar, volgens Colette Rieckert, Voorsitter van die Privaatskole Vereniging van Namibië is daar geen rede om paniekerig te raak nie. Sy het haar standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…
Gelyke regte steeds in die soeklig - April 13, 2021
Die Gelyke Regte Beweging van Namibië hou Donderdag ‘n perskonferensie waar kwessies soos die Grondwet, die belange van kinders en gelyke regte van alle Namibiërs in die lig van die heersende beleid in die land bespreek sal word. Omar van Reenen, Medestigter van die beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Endombo inwoners sal voor einde 2021 trek - April 13, 2021
Inwoners van die Endombo-kompleks op Tsumeb sal binnekort hervestig word naby die drop se Benfica sokkerveld. Die inwoners is deur die eienaar van die kompleks Christoffel Groenewald in 2020 hof toe gesleep omdat hulle nie huur betaal nie. Van die inwoners was sedert 2017 agterstallig met hulle huur. Die groep van amper 3 000 inwoners […]
Covid in skole – moenie kommer hê nie - April 13, 2021
Leerders maak die meerderheid van Covid-gevalle uit, veral in die afgelope paar dae. Maar, volgens Colette Rieckert, Voorsitter van die Privaatskole Vereniging van Namibië is daar geen rede om paniekerig te raak nie. Sy het haar standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…
Landbou sal nog krag betaal, Berseba weet nog nie - April 13, 2021
Berigte lui dat die Namibiese Ministerie van Landbou reeds stappe geneem het om sy uitstaande rekening by NamPower te betaal. Die maatskappy het vroeër kennis gegee dat beurtkrag in fases vanaf Maandag toegepas sal word as uitstaande skuld nie voor 31 Maart betaal is nie. Volgens die ministerie se Woordvoerder, Chrispin Matongela, word betaling op […]