SA kyk ook eers na veiligheid van J&J entstof - April 13, 2021
Suid-Afrika oorweeg volgens berigte om tydelik op te hou met die toediening van Johnson & Johnson se Covid-19 entstof terwyl die veiligheid daarvan ondersoek word. Voorvalle waar bloedklonte gevorm het, is in Amerika en Europa aangemeld en kan moontlik met die entstof verbind word. Die President van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, Glenda Gray, het aan […]
Ontwikkel Oranjemund – Swartbooi - April 13, 2021
Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi het vanmiddag in die parlement bygedra tot die bespreking deur die Minister van Vervoer John Mutorwa oor spoor infrastruktuur in die land. Swartbooi sê Oranjemund kan ook in die langtermyn ontwikkel word … Bernadus Swartbooi dinsdag TERUG: Kosmos 94.1 Nuus vra om verskoning vir die swak […]
Plaasaanval net suid van Okh bevestig - April 13, 2021
Polisie in die Otjozondjupa-streek het ‘n plaasaanval bevestig. Volgens Inspekteur Maureen Mbeha, Woordvoerder van die mag in die streek, het twee plaaswerkers, 28 en 34 jaar oud, saam met hulle 34-jarige kollega, hulle werkgewer net suid van Okahandja op die B1 roete beroof. Volgens Mbeha het die drie toegang tot die huis net na 2-uur […]
Kaapse sport kry hupstoot - April 13, 2021
Sportfederasies in die Wes-Kaap ontvang hierdie week ongeveer 12,9 miljoen Namibiese doller se steun by die LUR vir Kultuursake en Sport, Anroux Marais. Haar woordvoerder, Tracey McLean, sê dit is om te help met administrasie, ontwikkeling, ondersteuning met die bou van vermoë en die ad hoc-befondsing van 145 organisasies. Sy verduidelik dat dit ook geoormerk […]
Hartebeestloop diere middel-mei op aanbod - April 13, 2021
Joggie Briedenhann se Hartebeestloop Bonsmara Veiling vind op 14 Mei plaas. Daar word ongeveer 55 bulle en 200 vroulike diere aangebied en as die geskiedenis enigiets is om op te gaan, behoort daar baie hoë pryse behaal word. Paul Klein, Algemene Bestuurder van Agra Veilings wat die veiling hanteer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Staffie ontvang helde-medalje - April 13, 2021
Die DBV in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand gaan ‘n medalje vir dapperheid oorhandig aan die Staffordshire-terriër Jessie. Byron en Melissa Thanarayen se hond het 30 minute lank vasgebyt om haar honde-maat uit ‘n swembad in Ekhuruleni te red. Jessie het verhoed dat die 13-jarige Pomeranian, Chucky, verdrink nadat sy in die water beland het, […]
Ietermagô storie wek groot kommer - April 13, 2021
Berigte oor die onwettige handel in die ietermagô het die verkeerde reaksie op veral sosiale media gelok en talle lede van die publiek het melding gemaak van hulle belangstelling om die diertjie te bekom spesifiek om handel te dryf. Volgens die Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Omgewingsake, Romeo Muyunda, wek die toenemende handel in […]
Gee asb insae oor ReconAfrica - April 13, 2021
Daar word ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om insae te lewer in die dokumente wat beskikbaar gestel is deur ReconAfrica. Die Kanadese maatskappy het sy voorlopige verslag oor die seismiese opname in die Kavango-streke afgehandel. Alle insette moet teen 5-uur namiddag op 23 April ingedien word by die Woordvoerder van die ministerie, […]
Geen ongerymdhede by Namdia nie - April 13, 2021
Hooggeplaaste bronne het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestiging gegee dat dit wel korrek is dat C-Sixty Beleggings, wat die 5-jaar kontrak bekom het om Namdia se diamante te waardeer, verkoop is. Die maatskappy het nuwe bestuur bekom, onder andere Doron Cohen as Besturende Direkteur en daar is gerigte dat dit wel verbinding hou met Nuska […]
Groot kommer oor Fukushima se water - April 13, 2021
Internasionale nuusagentskappe berig dat Suid-Korea die Japanese ambassadeur in daardie land Koichi Aiboshi ontbied oor die nuus dat Japanese owerhede beplan om gekontamineerde water vanaf die Fukushima kernkragaanleg vry te laat. Meer as ‘n miljoen metrieke ton radioaktiewe water sal vrygestel word. Daar is ongeveer 1,25 miljoen metrieke ton radioaktiewe water wat in meer as […]