Die winter is hier  - May 13, 2025

Die Namibiese Weerdiens verwag kouer toestande in die komende dae, ook in die noordelike streke. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 9.1 Nuus gepraat. 

Read More

Suid-Afrikaners wat VSA toe gaan nie vlugtelinge nie  - May 13, 2025

President Cyril Ramaphosa het bewerings van die hand gewys dat die 49 wit Suid-Afrikaners wat na die VSA verhuis het, kwalifiseer as vlugtelinge. Hy sê hierdie mense word nie vervolg nie en voldoen dus nie aan die kriteria vir vlugtelingstatus nie. Hy het sekere burgerlike groepe gekritiseer en daarvan beskuldig dat hulle waninligting versprei en […]

Read More

WHS wil hof nader oor skoolhoof aanstelling deur ministerie - May 13, 2025

Namibian Sun berig vanoggend dat Windhoek Hoërskool die regering hof toe sleep oor die aanstelling van Teofilus Nuugulu as skoolhoof. Hy was die hoof by Okahandja Sekondêre Skool en sou vandeesmaand die leisels in die hoofstad oorneem. Maar, volgens die dagblad, het Tertius Stears, voorsitter van die skool se raad gesê hy het nie die […]

Read More

Daar is nie ‘n voldoende grondslag in onderwys nie – kenner - May 13, 2025

Die 2023 sensus se arbeidsmagopname het onthul dat sekondêre onderwys die algemeenste en hoogste opvoedingsvlak is onder Namibiërs in die werksbevolking tussen 15 en 59 jaar. Slegs 546 805 van die 1,8 miljoen mense in hierdie ouderdomsgroep is werklik in diens, of sowat 30 persent van die totale bevolking van 3 miljoen. Die werklike gemiddeld […]

Read More

Groot hoeveelhede water onttrek uit Suide-damme - May 13, 2025

Waterbronne in die sentrale gebied is tans op 85,5 persent met Swakoppoort wat 98,3 persent vol is, Von Bach wat 81,8 persent het en Omatako op 70,8 persent. In die Suide is bronne op 92,9 persent. Hardap is tans op 75,4 persent en NamWater sê amper 2 miljoen kubieke meter water is in ‘n week […]

Read More

Vervoer het meer as 2 miljard dollar nodig vir opknapping, instandhouding - May 13, 2025

Volgens vervoerminister Veikko Nekundi word 825 miljoen Namibiese dollar benodig vir die opgradering van gruispaaie na teer, en die ontwikkeling van toegangs- en distrikspaaie, asook die herstel van paaie. Hy het ook 990 miljoen dollar versoek vir die opgradering van die spoorwegnetwerk, 49,8 miljoen dollar vir weer- en rampwaarskuwingstelsels, 103,4 miljoen dollar vir maritieme veiligheid, […]

Read More

LPM veroordeel uiters hoë verkragtingsyfers in die land - May 13, 2025

Die Landless People’s Movement het die toename in verkragtingsake in Namibië veroordeel en sê dit weerspieël ‘n sistemiese mislukking om vroue, kinders en gestremdes te beskerm. Polisiedata toon die aantal aangemelde verkragtingsake het van 2 018 in 2021 tot 2 268 verlede jaar gestyg. Voorts was 21 onderwysers in dié tydperk in seksuele verhoudings met […]

Read More

Gondongwana waarsku oor welvaartsbelasting - May 13, 2025

Suid-Afrika se finansminister Enoch Godongwana waarsku teen die implementering van ’n welvaartbelasting en sê die land kan 7 miljard Suid-Afrikaanse rand in jaarlikse inkomstebelasting verloor. Godongwana sê ongeveer 2 850 individue met ’n hoë netto waarde, wat elk oor meer as 50 miljoen rand in bates beskik, dra aansienlik by tot die land se inkomste. […]

Read More

Pleidooie om voedsel na Gaza toe te laat - May 13, 2025

Die Wêreldvoedselprogram en die VN Kinderfonds vra dringende optrede om kos in Gaza toe te laat. Israel blokkeer reeds voedsel na Gaza vir langer as twee maande, en die VN sê dat pryse tot astronomiese vlakke gestyg het, buite die bereik van die meeste gesinne. Byna ‘n halfmiljoen mense, of een uit elke vyf van […]

Read More

Trump sê Katar skenk straler, Katar sê dis onakkuraat - May 13, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het die Withuis se plan om moontlik ‘n luukse jumbo-straler van Katar se koninklike familie te ontvang, verdedig. Die straler wat sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar werd is sal as ‘n Air Force One presidensiële vliegtuig gebruik word. “Hulle gee ons ‘n geskenk,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê. […]

Read More